Nuusflits Mei 2016 - Dankie vir die bywoning van 2016 VL streekvergaderings

Dankie vir die bywoning van 2016 VL streekvergaderings 

Vrystaat Landbou (VL) se streekvergaderings, in samewerking met Nedbank as hoofborg, het hierdie jaar in al ons gelyke nommer streke plaasvind. Die 2015/16 seisoen het sy eie unieke en meermale moeilike uitdagings aan landbouers gestel, en ons wil al ons lede wat hulle bekommernisse en kwessies met ons gedeel het, hartlik bedank vir hulle bywoning en deelname. 

’n Voorlegging van prof. Johan Willemse en Nedbank is met die vergaderings gedeel oor onder andere praktiese wenke aan landbouers oor hoe om die droogte te bestuur.

Die voorlegging is hier beskikbaar.