Nuusflits Mei 2016 - Aanmeldingsregister van alle misdade op landbougrond

Aanmeldingsregister van alle misdade op landbougrond

’n Misdaad aanmeldingsregister is opgestel wat deur veiligheidskoördineerders van landbou verenigings asook gebiedskantore tydens maand of kwartaal vergaderings voltooi en aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar voorsien kan word.

Die register kan tydens sodanige vergaderings gesirkuleer word en na afloop van die vergadering aan die veiligheidskoördineerders oorhandig word vir versending aan die lessenaar. 

Met sodanige inligting kan beter pro-aktiewe operasies op gebieds- en -prioritietskomitee verband onder die Polisie se aandag gebring word, omrede die Polisie nie ‘n sentrale databasis beskikbaar het wat alle misdade op landbougrond verteenwoordig nie. Die pro-forma is onlangs onder veiligheidskoördineerders versprei deur Vrystaat Landbou (VL) Wet en Orde Komitee.