Nuusflits Mei 2016 - Onteieningswetsontwerp: Agri SA se terugvoer

 

Onteieningswetsontwerp: Agri SA se terugvoer

Die Onteieningswetsontwerp is op 26 Mei 2016 deur die parlement aanvaar. Altesaam 208 lede van die parlement het daarvoor gestem, en sewe (7) daarteen. Sedert 2013 neem Agri SA en sy affiliasies aan die proses hierrondom deel.

Me Annelize Crosby, parlementêre verteenwoordiger vir Agri SA, sê: “Agri SA se enigste uitstaande kommer is oor die definisie van "onteiening" wat steeds in die wetsontwerp vervat is.  Daar is reeds regsadvies hieroor ingewin en dit is nie "per se" ongrondwetlik nie.  Agri SA sal egter deurentyd die situasie monitor en advies inwin soos nodig soos wat die wetsontwerp geimplementeer word.  Die gevaar lê nie in die Onteieningswetsontwerp nie, maar in potensiële toekomstige wetgewing wat eiendom aantas maar nie neerkom op onteiening nie.”

Crosby het 'n volledge artikel oor die onteieningswetsontwerp aan VL beskikbaar gemaak vir ons lede. Lees dit gerus hier. Verdere terugvoer van Agri SA sowel as ’n reeks artikels en dokumente wat aandui wat u van die wetsontwerp en die proses moet weet, is hier beskikbaar. Crosby se onderhoud met Lynette Francis in die Praat Saam program op RSG Maandagoggend, 30 Mei 2016, is hier op RSG se webwerf beskikbaar.