Nuusflits Mei 2016 - Weidingsboek

 

Weidingsboek

Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer Komitee het op 21 April 2016 hul Weiding- en Veebestuur Droogte Inligting Tydskrif bekendgestel. Die tydskrif is die breinkind van die komitee, en is saamgestel as deel van die komitee en VL se pogings om ons lede gedurende die droogte ook met inligting te bemagtig.

’n Tweede weergawe, wat Afrikaans en Engels is, is tydens ons streekvergaderings beskikbaar gemaak. Baie dankie aan Nedbank vir die borgskap van dié tydskrifte wat ons in staat stel om dit gratis aan ons lede beskikbaar te maak.

 

VL wil ons hulle opregte dank uitspreek teenoor die Departement Vee-,Wild- en Weidingkunde van die Vrystaat Universiteit en spesifiek prof. Hennie Snyman en prof. HO de Waal, asook dr Mias van der Westhuizen van Vrystaat Departement Landbou en Landelike ontwikkeling te Glen, vir hulle waardevolle raad wat in dié tydskrif gedeel kan word. 

Prof. Hennie Snyman en dr. Mias van der Westhuizen gee raad oor weidingsbestuur tydens en na droogte, en Prof. HO de Waal fokus op veebestuur tydens en na droogte.

‘n Elektroniese kopie van die tydskrif is hier op VL se webtuiste beskikbaar. Onthou, jy het jou lidnommer nodig as gebruikernaam en wagwoord om op die webtuiste in te teken.