Nuusflits Mei 2016 - Nampo 2016

Nampo 2016 

Die 50ste Nampo Oesdag word as ’n groot sukses beskryf, met ’n rekordgetal van 75 116 besoekers wat die jaar by die Oesdag was. Volgens Graan SA het die aantal ligte vliegtuie en helikopters wat die jaar by die terrain geland het aansienlik gestyg, van 399 verlede jaar na 448 hierdie jaar. Vrystaat Landbou (VL) se span was op ons pos in stalletjie 26 in die Nampo Saal.

VL se stalletjie het hierdie jaar grotendeels op Veiligheid en Droogtehulp gefokus.

 

Talle navrae oor die organisasie en dit wat ons ons lede bied, is hanteer. Baie dankie aan elke lid en besoeker wat kom inloer het en met ons kom gesels het. Dit was heerlik om u te sien.