Nuusflits Mei 2016 - Kongres 2016 en Verkiesingsdag

 

Kongres 2016 en Verkiesingsdag

Die staat het vroeër aangekondig dat die nasionale munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 sal plaasvind. Vrystaat Landbou se dagbestuur het dus besluit dat die organisasie se jaarlikse Kongres, wat gewoonlik in die eerste week van Augustus plaasvind, hierdie jaar op 10 en 11 Augustus 2016 by Emoya Landgoed in Bloemfontein plaasvind.

Die Oproep tot Kongres is reeds aan alle boereverenigings gestuur. Die tema vir hierdie jaar se Kongres is:  Visionêre toekoms vir Landbou. Die sperdatum vir die indiening van beskrywingspunte is 15 Junie 2016, en die laaste datum vir registrasie is 15 Julie 2016.

Die Damesprogram sal op 11 Augustus 2016 by Leopards & Lace aangebied word. Lees gerus meer op die webtuiste. Onthou, u lidnommer is u gebruikernaam en wagwoord om in te teken op die webtuiste. 

 

Agri SA het luidens hul e-Agri Nuusbrief vir Mei 2016 opgemerk dat landbouers gedurende die maande voor die verkiesing uitsprake deur vakbonde, politieke partye en die Regering moet verwag. “So word daar weer bewerings gemaak dat boere elke stuk wetgewing wat van toepassing is op die verhouding tussen die boer en sy werkers, oortree. Boere moet hulle nie hierdeur laat beïnvloed nie maar eerder aanhou om die regte dinge te doen." Lees gerus meer hier