Nuusflits Mei 2016 - Besering aan diens: Elke voorval moet elektronies geregistreer word

 

Besering aan diens: Elke voorval moet elektronies geregistreer word

Die Departement van Arbeid het in 2014 ’n aanlyn-diens bekendgestel waar ongevalle en/of beserings aan diens aangemeld, geregistreer en gemonitor word. Vrystaat Landbou (VL) het onlangs klagtes ontvang dat landbouers by hospitale weggewys word sou hulle daar opdaag weens ’n noodgeval aangaande ’n besering aan diens.

 

Volgens die Ongevalle Kommissaris in die provinsie moet elke voorval aanlyn geregistreer word voordat ’n hospitaal iemand kan bystaan, en die proses van aanmelding neem slegs enkele minute. ’n Verwysingsnommer moet vir elke voorval gegee kan word, sodat die hospitaal/geneesheer kan verseker dat alle papierwerk in orde is vir hulle eis van die staat vir kostes. Die kommissaris se personeel sê ’n voorval met ’n verwysingsnommer moet by enige hospitaal ingeneem word.

’n Verduideliking van die proses om ‘n voorval aanlyn te registreer is hier op ons webtuiste beskikbaar. 

Enige navrae of klagtes rondom die proses kan gerig word aan:

 

Dept Arbeid - Ongevallekommissaris

Annemarie Marais

051-5056200 / 48

Annemarie Marais  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dept Arbeid - Ongevallekommissaris

Seta Sibi

 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dept Arbeid - Ongevallekommissaris

Kerwin Swarts

 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dept Arbeid - Ongevallekommissaris

Lesego Liratsagae

 

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.