Nuusflits November 2016 - 2017 VL Jongboerkonferensie en Jongboer van die Jaar kompetisie

2017 VL Jongboerkonferensie en Jongboer van die Jaar kompetisie

 

 

Die 2017 Jongboerkonferensie sal op Donderdag, 6 April 2017, in Bloemfontein plaasvind. Die konferensie se tema is:

Die jongboer in die globale mark

Tydens die konferensie se aandfunksie sal die wenner van die 2017 Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie aangekondig word. Inskrywingsvorms vir belangstellendes is reeds beskikbaar. 

Kliek hier vir die inskrywingsvorm. 

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Januarie 2017.