Nuusflits November 2016 - Landbouskrywers SA se 2016 Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Vrystaat

 

Landbouskrywers SA se 2016 Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Vrystaat

’n Jong opkomende landbouer van Lindley, Eric Ntlaba, is op 11 November 2016, tydens die Landbouskrywers Suid-Afrika se jaarlikse toekennings geleentheid, as 2016 se Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou aangewys. Ntlaba het altyd geweet hy wou boer, maar na skool het hy hom gekwalifiseer in toerisme, waarna hy as hotelbestuurder gewerk het.

 

Cobus Wells (Absa Agribusiness), Magda du Toit (nasionale voorsitter van die Landbouskrywers SA), Eric Ntlaba, Gerhard Diederichs (Santam Landbou) en Kobus Steenekamp (Monanto SA)

Sy passie het hom gedryf om, terwyl hy by ’n hotelgroep in Polokwane gewerk het, naweke mentorskap van landbouers van Magaliesburg te ontvang om met varke te kon boer. Vandag besit hy sy eie plaas in die Oos-Vrystaat, en boer hy met 2300 varke. Hy verbou ook graan op die plaas, en het ’n meule waar hy sy eie voer produseer.

Die volledige verklaring is hier beskikbaar.