Nuusflits November 2016 - Personeel veranderinge by VL

 

Personeel veranderinge by VL

Vrystaat Landbou (VL) wil graag ons lede in kennis stel van die volgende personeel verandering:

Jacobus Stroebel het besluit om voltyds te gaan boer op hul familieplaas naby Rouxville. Hy het die afgelope 3 jaar en 6 maande as regsadviseur by VL gewerk. Gernie Botha sal vanaf 1 Januarie 2017 die regsadviseurpos beklee. Alle wetlike en regsaspekte van alle komitees kan na Gernie verwys word. Jacobus sal nog adhoc betrokke wees tot einde Februarie 2017 rondom munisipale aangeleenthede wat uitstaande is, asook die Lesothogrens saak wat in Februarie 2017 op appèl gaan.

Ons dank aan Jacobus vir sy insette by VL. Ons sien uit na sy betrokkenheid by georganiseerde landbou in die toekoms op welke wyse ook al.