Nuusflits November 2016 - Aansoeke vir reserviste oop

Aansoeke vir reserviste oop 

                            

Die VKB/VL Veiligheidslessenaar en Vrystaat Landbou se Wet en Orde Komitee wil landbouers graag in kennis stel dat die proses om aansoek te doen om as 'n reservis te dien, amptelik ge-open is. Volgens Agri SA het die Waarnemende Nasionale Kommissaris van die SAPD, Lt Generaal Phahlane, goedkeuring aan al die provinsies verleen om voort te gaan met die werwing van reserviste vir die Polisie vir die 2016/2017 finansiële jaar.

‘n Inligtingsdokument, rakende die kriteria en aansoekprosedures vir voornemende persone wat wil aansoek doen om as ‘n reservis oorweeg te word, word aan u beskikbaar gestel. Verder word ‘n aansoekvorm en motivering vir die doel ook ingesluit.

Let wel, ALLE aansoeke van VL lede moet ook aan die lessenaar se dr. Jane Buys en Gernie Botha gestuur word. Hulle e-pos adresse is Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Al die betrokke dokumentasie is hier beskikbaar. Onthou, jy benodig jou lidnommer as gebruikernaam en wagwoord om op die webtuiste in te teken.