Nuusflits November 2016 - Proeftydperk aanstellings

 

Proeftydperk aanstellings

 

Ons deel graag die volgende inligting soos deur die SA Labour Guide gedeel in hulle 31 Oktober 2016 Nuusbrief: 

                                                                               Proeftydperk

                                                             Deur Judith Griessel, Griessel Consulting 

Indien u van mening is dat proeftydperke in die arbeidsektor iets van die verlede is sal u ongelukkig weer daaroor moet dink. Daar word steeds van proeftydperke gebruik gemaak en in teenstelling met wat sommige van ons glo is dit wettig.

 Wanneer word daar van ‘n proeftydperk gebruik gemaak? Daar word van ‘n voorwaardelike aanstellingskontrak gebruik gemaak om ‘n werknemer op ‘n proefbasis aan te stel ten einde die werknemer se prestasie tydens die proeftydperk te evalueer en verder seker te maak dat hy / sy instaat is om die werk teen die vereiste standaard te lewer.

'n Volledige opsomming is hier beskikbaar.