Nuusflits November 2016 - 27 Desember 2016 verklaar tot openbare vakansiedag

 

27 Desember 2016 verklaar tot openbare vakansiedag

Pres. Jacob Zuma het gedurende September 2016 aangekondig dat 27 Desember 2016 tot openbare vakansiedag verklaar is in terme van Afdeling 2A van die Wet op Openbare Vakansiedae van 1994, (Artikel 36 van 1994.)

Vrystaat Landbou (VL) rig ’n versoek aan ons lede om hiervan kennis te neem. Maak asb seker dat dit in ag geneem word in terme van verlofbepalings vir die vakansieseisoen.

Die verklaring deur Pres. Zuma wat in die Staatskoerant van 14 Oktober 2016 gepubliseer is, is hier beskikbaar.