Nuusflits November 2016 - Landbouers versoek om rooibek vinke aan te meld

Landbouers versoek om rooibek vinke aan te meld

Die voorkoms van rooibek vinke in die Vrystaat is by Bethlehem, Petrus Steyn en Reitz aangemeld, en beamptes sal die areas binne die volgende week besoek om die kwessie aan te spreek.  

Volgens ’n berig op Farmer’s Weekly se webtuiste word landbouers versoek om enige broei- of telingsneste van rooibek vinke by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) aan te meld sodat swerms beheer kan word.

Die onus rus op landbouers en grondeienaars om broeiplekke aan te meld, aldus Hoffie Joubert, Agri Noord-Kaap bestuurslid. “Volgens wetgewing moet die plekke aangemeld word, en ons versoek hulle om dit te doen. Die impak van vinke moet as ’n saak van dringendheid hanteer word.” 

Rooibek vinke is verantwoordelik vir aansienlik koring, giersaad en soghum verliese in Suid-Afrika. Volgens Louis Claassen, voorsitter van Graan SA se sorghum werkgroep, kom dit voor op dié verliese aan’t toeneem is.

“’n Gemiddelde vink swerm kan opbrengste van 5ton/ha na 1ton/ha verminder. ’n Enkele swerm kan meer as die helfte van ‘n blok sorghum in een dag verwoes. Dit is ’n ernstige probleem, en die bewyse is duidelik in die Koppies en Parys areas waar ek boer.”

“Die probleem het vergroot aangesien grootskaalse graan produksie ’n konstante voedselbron vir die voëls geword het deur die jaar. Die departement is egter baie hulpvaardig om die voëls te help beheer,” het hy aan Farmer’s Weekly gesê.

Die departement is verantwoordelik vir die beheer van die voëls in terme van die Bewaring van Landbou Hulpbronne Wet 43 van 1983.

Die kontakbesonderhede vir die betrokke beamptes is:

Colin Burke                        - 082 451 4861

Luka Geertema                 - 082 457 3742