Nuusflits November 2016 - Sukses vir landbouers met SunguSungu en Mutouane mynbou aansoeke

Sukses vir landbouers met SunguSungu en Mutouane mynbou aansoeke

SunguSungu Gas het hulle aansoek vir prospekteringsregte in dele van die Oos-Vrystaat en KwaZulu-Natal onttrek. Dit volg na landbouers in die omgewings ’n forum gestig het om die aansoek teen te staan, en SunguSungu Gas hulle aansoek teruggetrek het kort voor die saak op 8 November 2016 in die hof sou verskyn. Landbouers het egter steeds die saak hof toe geneem sodat hulle kostes van SunguSungu verhaal kan word. In terme van die Mutouane aansoek, het die regter beveel dat die petroleum agentskappe se aanvanklike aanvaarding van die eksplorasie aansoek foutief was en dat die respondente die forum se regskostes moet betaal.

Intussen word gewag op terugvoer na ’n omvattende dokument met kommentaar oor hoekom Rhino Oil and Gas se aansoek vir prospekteerregte in die Oos-Vrystaat teengestaan word, op 14 Oktober 2016 ingehandig is. EnviroWorks het die dokument saamgestel, en landbouers het kapsie gemaak met behulp van ’n konsep dokument wat Vrystaat Landbou (VL) aan hul beskikbaar gestel het. 

In hul kommentaar het EnviroWorks, wat deur VKB aangestel is, veral gefokus op Burgerlike Lugvaart Regulasies wat volgens die aansoek oortree sal word, asook op bepalings rondom ’n Brand Rampfonds.

Die volledige dokument wat op 14 Oktober 2016 ingehandig is, is hier beskikbaar. Onthou, jy benodig jou lidnommer as gebruikernaam en wagwoord om op die webtuiste in te teken. 

Intussen het VL ook kennisgewing briewe van ’n aansoek van EIMS ontvang wat namens Tetra4 aan geaffekteerde partye gestuur is oor ’n kennisgewing van ’n omgewingsimpakstudie vir gas eksplorasie wat in die Virginia omgewing beplan word. ’n Openbare vergadering oor die aansoek word is 4 November 2016 by Tikwe River Lodge aangebied. Lees hier meer.

Prosesse rondom aansoeke van Afro Energy gaan ook voort. Afro Energy fokus op die areas van Vrede, Frankfort en Cornelia.