Nuusflitse Junie 2014/Newsletter June 2014

Nuusflitse Junie 2014/Newsletter June 2014

 

 

 

 

 

 

Nasionaal/National

Vrystaat Landbou het agbare Senzeni Zokwana, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, se span genader met ’n versoek vir ’n skrywe van hom vir ons Nuusflitse.

Lees verder: Nuusflitse Junie 2014/Newsletter June 2014
 

Nuusflitse Mei 2014

Nuuslitse vir Mei 2014/ Newsletter for May 2014...

 

 

 

 

 

 

 

 

1.NASIONAAL/NATIONAL 

Druk op primêre landbou inkomste verwag:

Die druk wat verbruikers tans op hulle inkomste ervaar, kan lei tot groter druk op winsgewendheid vir die primêre landbou oor die korttermyn. Prof. Andre Jooste, hoof uitvoerende beampte van Aartappel SA en ‘n landbou ekonoom, voorspel dat bedrywe wat grootliks afhanklik is van die gebruik van elektrisiteit, arbeid en brandstof tydens die produksieproses - en nie ander alternatiewe het nie - veral die effek van die koste-knyptang sal voel. 

Lees verder: Nuusflitse Mei 2014
 

Nuusflitse April 2014

Nuusflitse vir April 2014/Newsletter for April 2014...

 

 

 

 

 

 

1. NASIONAAL (GRONDSAKE)/NATIONAL (LAND AFFAIRS)

Relatiewe Regte dokument “half gebak?”


Die staat sal nie die kapasiteit of vermoë hê om ’n grondbesit beleid soos wat tans in die Relatiewe Regte dokument uitgelê word, uit te voer en te implementer nie. Dit is die opinie van senior sakelui in Suid-Afrika wat Vrystaat Landbou vir kommentaar oor die omstrede dokument genader het. Van die individue reken dat die bekendmaking van die dokument ’n effektiewe rookskerm is om toegewings uit boere te kry en kiesers opgewonde te maak, maar dit sal nooit op ’n sinvolle manier van die grond af kom nie.

Lees verder: Nuusflitse April 2014
 

Nuusflitse Maart 2014

Nuusflitse vir Maart 2014/Newsletter for March 2014...

 

 

 

 

 

 

 

1. NASIONAAL/NATIONAL


Landbou moet uitdagings bestuur:
Die wetgewing en wetsontwerpe wat tans vir ongemaklikheid in die landbou sorg, is sake wat die landbou moet bestuur sodat die bedryf se belange grotendeels beskerm word. “Wat ons nie kan stop of beheer nie, moet ons so bestuur dat die minste moontlike skade berokken word,” sê dr. Piet Croucamp, dosent van die Departement van Politiek by die Universiteit van Johannesburg. Hy meen dat die bedryf ander sektore wat deur die wetgewing geraak word, moet nader vir ’n gesamentlike benadering. Wat die goedkeuring van die wetsontwerp vir die heropening van Grondeise betref, meen Croucamp dit is belangrik dat die landbou behoorlike navorsingskapasiteit moet hê, sodat die bedryf grondige kennis van die proses, die nagevolge daarvanasook die integriteit en geloofwaardigheid van eise kan hê.

Lees verder: Nuusflitse Maart 2014
 

Nuusflitse: Februarie 2014

Nuusflitse vir Februarie 2014/Newsletter for February 2014...

 

 

 

 

 

 

1. NASIONAAL/NATIONAL

 

Boeregetalle daal met 15 000 oor drie jaar/Number of farmers decline with 15 000 over three years Verbruikers raak gereeld kriewelrig oor die stygende pryse van voedsel, maar dit wil voorkom asof hulle daaraan gewoond moet raak, veral as die daling in die aantal boere in ag geneem word. Die feit dat boere minder word, is nie net ‘n plaaslike tendens nie, dit gebeur regoor die wêreld. In Amerika het die aantal plase tussen 1980 en 2008 van 5,6 miljoen na 2,2 miljoen afgeneem. Jeff Anderson, redakteur van Modern Combat and Survival Magazine sê in ’n nuusbrief volgens statistiek was 2013 die sesde jaar in ’n ry wat die wêreld meer voedsel gebruik het as wat dit kan produseer. Volgens die nuusbrief is die wêreld se graanvlakke tans die laagste sedert 1974. “Jy hoef nie ’n wetenskaplike te wees om die wiskunde te doen en te besef dat ons voedselproduksie ernstig in gedrang is nie.”

Lees verder: Nuusflitse: Februarie 2014