Leiers van Vrystaat Landbou neem duidelik standpunt in

Geskep op 19 Junie 2014

Leiers van Vrystaat Landbou neem duidelik standpunt in

 

 Goeie dag aan al ons lede                                                                                                                                                                                                          19 Junie 2014

 

Ek, Dan Kriek – President van Vrystaat Landbou, rig graag die skrywe aan ons lede na aanleiding van ’n vergadering van Vrystaat Landbou se Uitvoerende Bestuur wat op 19 Junie 2014 te Emoya Estate, Bloemfontein gehou is. Vrystaat Landbou het tydens die vergadering opgemerk dat ’n seisoen van “maklike” leierskap in Suid-Afrika asook in georganiseerde landbou tans posvat. Ek wil graag die volgende boodskap aan ons lede rig:

Lees verder: Leiers van Vrystaat Landbou neem duidelik standpunt in
 

BASA: kommer oor Relatiewe Regte/ concern about Relative Rights

Geskep op 17 Junie 2014

BASA: kommer oor Relatiewe Regte/ concern about Relative Rights

Suid-Afrikaanse Banke is bekommerd oor die Relatiewe Regte dokument

“Die privaatsektor sal nie deel van die proses rondom die Relatiewe Regte dokument kan wees sonder dat hulle met werkbare alternatiewe na vore kom nie. Met dié dokument het die Regering ’n debat aangeroer, en die onus is nou op dié sektor om aan die debat deel te neem en voorstelle ter tafel te lê,” sê Pierre Venter, algemene bestuurder van bank en finansiële dienste by die Bankvereniging van Suid-Afrika (BASA). 

Lees verder: BASA: kommer oor Relatiewe Regte/ concern about Relative Rights
 

Property rights on the radar screen

Geskep op 09 Junie 2014

 

Property rights on the radar screen

“The importance of property rights en the risks involved is now, more than ever, on my radar screen.” This was a remark by Dr. Rashid Cassim, head of research at the Reserve Bank and a member of the Monitory Policy Committee, after he, Rowan Walter, a senior official at the bank, and members of Free State Agriculture’s Executive Management, met.

Cassim and Walter were surprised with the enlightened attitude of the farmers whom they met on 5 June 2014 at Free State Agriculture. “This is one of the first groups with whom we meet who are not just complaining, but are actually offering possible solutions, it’s refreshing,” said Cassim.

Lees verder: Property rights on the radar screen
 

Eiendomsreg op die radar skerm

Geskep op 09 Junie 2014

Eiendomsreg op die radar skerm

“Die belangrikheid van eiendomsreg en die risiko’s daaraan verbonde is nou op my radar skerm meer as ooit tevore.” Dit is wat Dr. Rashad Cassim, hoof van navorsing by die Reserwe Bank en ’n lid van die land se Monitêre Beleidskomitee, opgemerk het na afloop van ’n vergadering tussen hom, ’n senior beampte by die bank, Rowan Walter, en lede van Vrystaat Landbou se Dagbestuur. 

Cassim en Walter sê hulle was verras oor die verligte houding van die boere wat hulle op 5 Junie 2014 by Vrystaat Landbou ontmoet het. “Hierdie is een van die eerste groepe met wie ons vergader wat nie net kla nie, maar eintlik moontlike oplossings voorstel, dis verfrissend,” aldus Cassim. 

Lees verder: Eiendomsreg op die radar skerm
 

Vrystaat Landbou verwelkom nuwe leiers in landbou/Free State Agriculture welcomes new agriculture leaders

Geskep op 26 Mei 2014

Vrystaat Landbou verwelkom nuwe leiers in landbou

 

Die aankondiging van die nuwe leiers vir landbou, bosbou en visserye, was ‘n verrassing vir georganiseerde landbou, veral omdat die nuwe leiers nie uit ’n landbou agtergrond kom nie. Nietemin wil Vrystaat Landbou graag die agbare Senzeni Zokwana gelukwens met sy pos as Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, asook sy adjunkminister, agbare Bheki Cele. 

Die organisasie wens ook vir agbare Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, geluk met sy tweede ampstermyn in dié pos. Ons wil ook graag sy twee adjunkministers, agbare Mcebisi Skwatsha en agbare Candith Mashego-Dlamini, gelukwens met hulle aanstellings. 

Goeie leierskap is nodig om die verskeie en uiteenlopende uitdagings wat die landbou in die gesig staar, nl. grondhervorming, werkskepping, voedselsekerheid, winsgewendheid, mededingendheid en landelike veiligheid, te bowe te kom. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, en Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van die organisasie, is van mening dat die nuwe leiers die kans gegun moet word om hulle staal in hulle nuwe poste te wys. “Ons spreek die vertroue uit dat hulle ’n pad saam met georganiseerde landbou sal stap om die dinamiek in die landbou te verbeter en die uitdagings funksioneel en positief aan te spreek.”

Lees verder: Vrystaat Landbou verwelkom nuwe leiers in landbou/Free State Agriculture welcomes new agriculture...
 

VKB gee kwartmiljoen vir plaasveiligheid/VKB donates a quarter of a million for farm safety

Geskep op 23 Mei 2014

VKB gee kwartmiljoen vir plaasveiligheid/VKB contributes a quarter of a million for farm safety...

VKB gee kwartmiljoen vir plaasveiligheid

VKB het hulleself gevestig as die grootste ondersteuner vir plaasveiligheid en in die Vrystaat, asook vir Vrystaat Landbou, met die kwartmiljoen rand wat onlangs tydens die maatskappy se jaarlikse gholfdag ten bate van Vrystaat Landbou se Veiligheidsfonds ingesamel is. Dié bedrag het, soos wat die maatskappy verlede jaar beloof het meer as verdubbel, met die R140 000 wat toe ingesamel is.

Die maatskappy erken die unieke uitdagings wat landelike gemeenskappe aangaande veiligheid in die gesig staar. VKB het oor die afgelope jare ruim tot Vrystaat Landbou se Veiligheidsfonds bygedra, en hulle verstaan die uitdagings en die feit dat landelike veiligheid groot investering verg. 

'n Totaal van 33 spanne het die jaar aan die gholfdag by die Bethlehem Gholfklub op 23 Mei 2014 deelgeneem. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê: “Vrystaat Landbou het ten doel om ‘n veilige en volhoubare omgewing vir die kommersiele landbou daar te stel. Landelike veiligheid verg unieke oplossings en het ‘n daaglikse leefwyse geword. Ons Wet en Orde Komitee het ‘n aantal jare gelede ‘n veiligheidsdiens op die been gebring ten einde die toename in plaasaanvalle die hoof te bied.”


“Die belangrikste taak is die implementering van die veiligheidsplan binne georganiseerde strukture, in noue samewerking met die SAPD.

Lees verder: VKB gee kwartmiljoen vir plaasveiligheid/VKB donates a quarter of a million for farm safety
 

Vrystaat Landbou veroordeel alle misdaad op plase

Geskep op 09 Mei 2014

PersverklaringAlle misdade op plase moet ten sterkste veroordeel word, en landelike veiligheid moet prioriteit geniet. Dit is die verantwoordelikheid van die Regering en die Polisie om toe te sien dat alle landsburgers van Suid-Afrika veilig is en nie in vrees hoef te leef nie - en dit geld ook vir landbouers.

 

Dit is die reaksie van Vrystaat Landbou ná 'n boer van Dewetsdorp, Andrew Lehlohonolo, en sy vrou, Loryn Monokara, Dinsdagoggend, 6 Mei 2014, op hulle plaas Graigmont aangeval is. Dié voorval volg na een van Vrystaat Landbou se lede, Theo van Zyl, sy vrou, Gerda, en van sy werkers Vrydag, 2 Mei 2014, op hulle plaas naby Ladybrand aangehou is.

 

Lehlohonolo is doodgeskiet tydens eergister se voorval, en Monokara is in die mond geskiet. Sy het glo gemaak of sy dood is tot die aanvallers gevlug het, waarna sy hulp ontbied het. Bernard Maree, voorsitter van Vrystaat Landbou se Wet en Orde komitee, sê alle geweld op plase moet ten sterkste veroordeel word. "Dit maak ons hartseer om te hoor dat enige boer sy lewe so verloor."

Lees verder: Vrystaat Landbou veroordeel alle misdaad op plase
 

Trots om kos op jou tafel te sit!

Geskep op 09 Mei 2014

Trots om kos op jou tafel te sitDie verbetering van die beeld van die boer en die landbou is kwessies wat gereeld by braaivleisvure, rondom raadsaaltafels, by kongresse en in die media bespreek word. Dit is nie net 'n kwessie wat in Suid-Afrika aandag geniet nie, maar ook in lande soos Amerika al meer op die voorgrond kom. Verskeie pogings is die afgelope jaar op sosiale media aangepak om die beeld van die boer en wat boere doen ook in Amerika te verbeter en mense oor die algemeen in te lig.

 

Vrystaat Landbou het van die tendes kennis geneem en steun dit. Ons het besluit om ook ons eie inisiatief van stapel te stuur en in opdrag van ons jaarlikse kongres 'n projek aangepak waarvolgens ons poog om die gewone Suid-Afrikaner in te lig oor wat landbouers daagliks doen, en watter belangrike rol landbouers vervul om Suid-Afrikaners te voed.

 

'n Kompetisie is aangebied in Vrystaat Landbou se sesmaandelikse tydskrif, Vrystaat Landbou Sê, waarvolgens vir inskrywings gevra is vir 'n plakker wat agter-op voertuie aangebring kan word. Celeste Sheepers, 'n grafiese ontwerper van The Junction, in Centurion, het die kompetisie gewen en in samewerking met haar is 'n plakker ontwerp wat ons tydens die Nampo Oesdag aan ons lede en die publiek bekend stel.

Lees verder: Trots om kos op jou tafel te sit!
 

Free State Young Farmer of the Year 2014

Geskep op 08 Mei 2014

Congratulations to the Free State Young Farmer of the Year 2014!

With great joy and excitement Free State Agriculture congratulates Boeboe Louw as the Free StateYoung Farmer of the Year 2014! The competition is annually hosted with pride by the organisation’s Young Farmer committee, in conjunction with sponsors and other loyal partners.

Lees verder: Free State Young Farmer of the Year 2014
 

Vrystaatse Jongboer van die Jaar 2014 wenner

Geskep op 08 Mei 2014

Baie geluk aan die Vrystaatse Jongboer van die Jaar 2014!

Dit is met groot opgewondenheid wat Vrystaat Landbou Boeboe Louw, die wenner van dié jaar seVrystaatse Jongboer van die Jaar 2014 toekenning, gelukwens! Die organisasie se Jongboer komitee bied die kompetisie jaarliks met trots aan in samewerking met borge en ander getroue vennote.

Lees verder: Vrystaatse Jongboer van die Jaar 2014 wenner
 

Bladsy 3 van 5