Landbouers se regte in verband met die Polisie se voorgenome “inspeksie” van kluise

Geskep op 11 Desember 2015

Landbouers se regte in verband met die Polisie se voorgenome “inspeksie” van kluise

Brief van die VKB/VL Veiligheidslessenaar:

                                                                                     

 

Dit het onder die aandag van Vrystaat Landbou (VL) gekom dat Stasie kommissarisse (polisielede) per provinsiale brief ingelig is om as deel van hul operasies die fees seisoen ook te fokus op die besit van ongelisensieerde/onwettige vuurwapens en dat die polisie moet “spot checks” doen op persele van beide landbouers en mense wie in dorpe/stede woonagtig is.  Vrystaat Landbou, die Wet en Orde Komitee en VKB/VL Veiligheids lessenaar is onkant gevang deur die opdrag van polisie topbestuur in die verband en wil graag lede as volg adviseer:

Lees verder: Landbouers se regte in verband met die Polisie se voorgenome “inspeksie” van kluise
 

45 000 km vir landelike veiligheid/45 000 km for rural safety

Geskep op 03 Desember 2015

45 000 km vir landelike veiligheid/45 000 km for rural safety

                                                      

Verklaring/Press Release

 

45 000 km vir landelike veiligheid

Dit is met groot dankbaarheid wat Vrystaat Landbou (VL) op 1 Desember 2015 vir ’n tweede termyn van die OVK-groep ’n voertuig vir die VKB/VL Veiligheidslessenaar ontvang. Die OVK-groep en Toyota Ladybrand het die afgelope jaar ’n Toyota Hilux 2.5 liter LRV bakkie aan die lessenaar beskikbaar gestel om hulle take te kon verrig.

Met dié voertuig kon die lessenaar se personeel die afgelope jaar 45 000km aflê om 46 van die 76 dorpe in die provinsie te besoek. Die besoeke was hoofsaaklik om slagoffers van plaasaanvalle asook tonele te besoek, hulleself aan die onderskeie veiligheidsnetwerke, plaaswag strukture en landbouverenigings in die provinsie bekend te stel en verskeie vergaderings by te woon. Hulle het ook 22 werksessies saam met die Polisie aangebied oor landelike veiligheid asook wat landbouers te doen staan rakende grondbesettings.

Lees verder: 45 000 km vir landelike veiligheid/45 000 km for rural safety
 

Parlementêre verslag oor SA droogte/Parliamentary report on SA drought

Geskep op 02 Desember 2015

Parlementêre verslag oor SA droogte/Parliamentary report on SA drought

Impact of drought in South Africa (extract from PMG Monitor November 2015)

The current drought and water crisis has been at the forefront of the national debate in Parliament leading to several committee meetings, media briefings, debates and parliamentary questions on this issue. South Africans have been urged to use water sparingly as the drought, brought on by the El Nino event, affects large parts of the country.

The government says it is strategic and cautious about how it uses, conserves and manages this precious resource as South Africa is a water scarce country and is ranked as one of the 30 driest countries in the world. Despite all this, between 37% and 42% of potable water (drinking water) is unaccounted for. (In the FS the figure for some rural towns is 77%) This water is lost through leaks, wastage and illegal connections.

Lees verder: Parlementêre verslag oor SA droogte/Parliamentary report on SA drought
 

Polisie in Lejweleputswa distrik baie dankbaar vir landbouers se hulp/Police in Lejweleputswa district grateful for farmers’ assistance

Geskep op 25 November 2015

Polisie in Lejweleputswa distrik baie dankbaar vir landbouers se hulp/Police in Lejweleputswa district grateful for farmers’ assistance

 

                                                                                                          

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Polisie in Lejweleputswa distrik baie dankbaar vir landbouers se hulp

Die Polisie in die Lejweleputswa distrik is baie opgewonde oor en dankbaar vir die goeie samewerking wat tussen hulle en die landbouers van die omgewing heers. Maj. Genl. Lerato Molale, die Cluster bevelvoerder van die Polisie in die Lejeweleputswa streek, sê dit is vir hulle ‘n riem onder die hart dat hulle kan weet dat sou iets gebeur, hulle die ondersteuning van die boerdery gemeenskap het. “Dit voel goed om te kan weet op wie se knoppie ons kan druk as iets gebeur en ons het hulp nodig.”

Lees verder: Polisie in Lejweleputswa distrik baie dankbaar vir landbouers se hulp/Police in Lejweleputswa...
 

Landbouers gemaan om veiligheid op te skerp/Farmers encouraged to be more alert during festive season

Geskep op 24 November 2015

Landbouers gemaan om veiligheid op te skerp/Farmers encouraged to be more alert during festive season 

                                                                                                          

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Landbouers gemaan om veiligheid op te skerp

In die derde voorval van geweld op die Vrystaat se landelike gemeenskap in minder as ’n week, is twee verdagtes gewond toe hulle op ’n kleinhoewe eienaar van Oranjeville toegeslaan het. Dave Harmse en sy vrou het vanoggend vier gewapende mans in hulle huis gevind toe hulle ondersoek ingestel het na hulle iets gehoor het.

Lees verder: Landbouers gemaan om veiligheid op te skerp/Farmers encouraged to be more alert during festive...
 

Vrystaat steeds in greep van die droogte/Free State still in drought grip

Geskep op 23 November 2015

Vrystaat steeds in greep van die droogte/Free State still in drought grip

                                                                                                                                                     

 


Verklaring/Press Release

Die Vrystaat se droogte is nog nie gebreek nie

Die droogte in die Vrystaat is nog nie gebreek nie, hoewel die provinsie se landbou gemeenskappe ongelooflik dankbaar is vir die reën wat verlede week en oor die naweek voorgekom het. Die reënval wat oor die provinsie aangemeld word, kan soos volg opgesom word: “Van 60mm se reën tot 3 duim se stof.”

Lees verder: Vrystaat steeds in greep van die droogte/Free State still in drought grip
 

Twee aangekeer na landbouer in die kop geskiet is/Two suspects caught after farmer is shot in the head

Geskep op 20 November 2015

Twee aangekeer na landbouer in die kop geskiet is/Two suspects caught after farmer is shot in the head

 

                                                                                                                  

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Twee aangekeer na landbouer in die kop geskiet is

In ’n tweede voorval in die landelike gebiede van die Vrystaat die laaste 24 uur is ’n landbouer vanoggend tydens ’n vermoedelike winkel rooftog in die kop geskiet. Josef van Eeden, veiligheidskoördineerder in die Fouriesburg area, sê Pieter Swanepoel het by ’n pad winkel in die area gestop, terwyl twee mans besig was om die winkel te roof. Die dame wat in die winkel werk is aangehou, maar na Swanepoel by die winkel gestop het, het die mans uit die winkel gehardloop en hom geteiken.

Lees verder: Twee aangekeer na landbouer in die kop geskiet is/Two suspects caught after farmer is shot in the...
 

Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus/Free State Agriculture member murdered near Odendaalsrus

Geskep op 20 November 2015

Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus/Free State Agriculture member murdered near Odendaalsrus   

                                                                                                      

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus

Vrystaat Landbou (VL) het met skok en afgryse kennis geneem dat Jan Barnard, een van ons lede van die Odendaalsrus distrik, gisteraand op die plaas Palmietkuil vermoor is. Barnard se vrou is tydens die voorval in die heup geskiet. Die aanval het vermoedelik rondom 20:30 Donderdagaand, 19 November 2015, plaasgevind.

Lees verder: Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus/Free State Agriculture member murdered near...
 

Lejweleputswa landelike beveiliging stel die voorbeeld/Lejweleputswa rural safety sets the example

Geskep op 06 November 2015

Lejweleputswa landelike beveiliging stel die voorbeeld/Lejweleputswa rural safety sets the example

 

                                                                                                                     

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Lejweleputswa landelike beveiliging stel die voorbeeld

’n Vergadering is tussen landbouers en die Polisie op Donderdag 29 Oktober 2015 te Tau Leralla, Hoopstad gehou wat as ‘n mini-Veiligheidsberaad beskou kon word.  Die doel van die beraad was om gebreke ten opsigte van die Landelike Beveiligings Strategie te identifiseer en met oplossings te kom oor hoe dit aangespreek kan word.  Die noord-Vrystaat is die area in die provinsie wat in 2015 die meeste plaasaanvalle en ook gepaardgaande ernstige geweldsmisdade op landbougrond ervaar het, met die VKB/VL Veiligheidslessenaar wat reeds by 15 dorpe 2 insidente aangeteken het. Die belangrikheid van die Landelike Beveiligingsplan tussen georganiseerde landbou en die SAPD as primêre dryfveer is bespreek, aangesien in 77,77% van aanvalle kriminele gearresteer was met die vinnige optrede van landbouers in ondersteuning van die Polisie.  Maj Genl. Molale, wat die Cluster bevelvoerder van die Polisie in die Lejeweleputswa streek is, het die belangrikheid van die strategie se 4 pilare weereens verduidelik nl; verbeterde dienslewering vanaf die Polisie, ‘n geïntegreerde benadering tussen landbou en die Polisie, gemeenskaps veiligheid bewusmaking deur verskeie rolspelers betrokke by landelike veiligheid asook ontwikkeling van die landelike gebiede. 

Lees verder: Lejweleputswa landelike beveiliging stel die voorbeeld/Lejweleputswa rural safety sets the example
 

Unieke Diploma in Veeproduksie nou deeltyds nasionaal aangebied

Geskep op 23 Oktober 2015

Unieke Diploma in Veeproduksie nou deeltyds nasionaal aangebied

Talle Jongmense in SA verbeur die geleentheid tot tersiere opleiding weens praktiese realiteite  wat voltydse studie aan ‘n tersiere instelling onmoontlik maak.

Die RPO het in samewerking met  BathoPele Agri Ontwikkelings Instituut ‘n Diploma in Veeproduksie ontwikkel wat deeltyds oor 12 werkskole aangebied word.

Die kwalifikasie sluit modules in oor  Boerderybestuur,   Agri markte en bemarking,   Personeelbestuur,  Infrastruktuur en hulpbronbestuur,  Plaastegnologie en meganisasie,  Gewasse produksie,  Vee produksie,  Finansiele bestuur en Entrepreneuriese boerderybestuur. Die diploma word oor ‘n tydperk van 24 maande met deeltydse studie verwerf.

Lees verder: Unieke Diploma in Veeproduksie nou deeltyds nasionaal aangebied
 

Bladsy 1 van 8