Oorlewing van vee tydens die droogte

Geskep op 16 Januarie 2017

Oorlewing van vee tydens die droogte                          

                                                 

 

Deur Prof. HO de Waal, Universiteit van die Vrystaat

 

Die seisoene het wel gedraai, maar kort voor Kersfees 2016 is groot dele van Suid-Afrika nog vasgevang in ‘n knellende droogte - die ergste wat hierdie veekundige in vier dekades gesien het. Koerante haal boere selfs aan “Droogte so erg, die rysmiere het al weggetrek.”

Hierdie boodskap is spesifiek gemik op wat boere nou behoort te doen:

Lees verder: Oorlewing van vee tydens die droogte
 

Farming communities take steps to safeguard themselves against crime

Geskep op 16 Januarie 2017

Boerderygemeenskappe staal hulle teen misdadigheid

 

 

Agri Securitas

Trust Fonds  

Mediaverklaring  

Privaatsak / Private Bag X180 Centurion 0046, Tel +27 (0)12 643 3400, Faks/ Fax +27 (0)12 663  3178

  

 6 Desember/December 2016

 

Boerderygemeenskappe staal hulle teen misdadigheid

Die boerderygemeenskappe van Umvoti in KwaZulu-Natal en Colesberg in die Noord-Kaap het deur die implementering van addisionele beveiligingsmaatreëls hulle verder gestaal teen misdadigheid. Dit volg nadat die Agri Securitas Trustfonds geldelike hulp aan die gemeenskappe bewillig het om nommerplaatherkennigkameras en ‘n radioherhaler in hulle onderskeie gebiede op te rig. Die stelsels sal aangewend word om toegang te moniteer en radiokommunikasie tussen lede te verbeter.

Lees verder: Farming communities take steps to safeguard themselves against crime
 

Sewe verdagtes aangekeer na drie voorvalle op die Vrystaatse platteland die naweek

Geskep op 16 Januarie 2017

Sewe verdagtes aangekeer na drie voorvalle op die Vrystaatse platteland die naweek                                       


 

                                                                             

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

Sewe verdagtes aangekeer na drie voorvalle op die Vrystaatse platteland die naweek

Sewe verdagtes sal hierdie week in die hof verskyn na hulle die naweek tydens twee voorvalle op die Vrystaatse platteland deur landbouers en die Polisie aangekeer is. Verdagtes word steeds gesoek na ’n derde voorval.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting het landbouers van Theunissen en Brandfort die Polisie Vrydag, 2 Desember 2016, gehelp om vier verdagtes aan te keer na hulle ’n onderneming in Brandfort se informele nedersetting van kontant geroof het. Die verdagtes het in die rigting van Theunissen gevlug, en het op ’n plaaspad afgedraai. Plaaswerkers op die spesifieke plaas het die eienaar in kennis gestel van die verdagte voertuig, en die plaaswag stelsel is geaktiveer.

Lees verder: Sewe verdagtes aangekeer na drie voorvalle op die Vrystaatse platteland die naweek
 

Veiligheidswenke vir die feestyd

Geskep op 16 Januarie 2017

Veiligheidswenke vir die feestyd

                                                                                

 

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

Die VKB/VL Veiligheidslessenaar gaan vir die volgende paar weke weekliks veiligheidswenke vir landelike veiligheid deel. Lees gerus meer oor die belangrikheid van deelame aan veiligheidsnetwerke.

 

Lees verder: Veiligheidswenke vir die feestyd
 

Oktober 2016 dieresiekte verslag Ruvasa

Geskep op 16 Januarie 2017

Oktober 2016 dieresiekte verslag Ruvasa

  

Altesaam 123 veeartsenykundige praktyke het gedurende Oktober 2016 die voorkoms van dieresiektes by die Herkouer Veeartsenykundige Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) aangemeld. 

Die meeste hiervan, 21, is in die Vrystaat aangemeld. 

 

Hierdie verslag word versprei as deel van pogings om die land se bio-sekuriteit op te skerp. Ruvasa se dr. Faffa Malan herinner veeartse asook landbouers dat alle aanmeldbare siektes ook by die plaaslike staatsveearts aangemeld moet word. 

Lees verder: Oktober 2016 dieresiekte verslag Ruvasa
 

Veediewe brand los op landbouers en Polisie

Geskep op 16 November 2016

Veediewe brand los op landbouers en Polisie 

                                                                                                

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring 

Veediewe brand los op landbouers en Polisie

Verdagtes word gesoek na veediewe vanoggend vroeg op twee landbouers asook op Polisie beamptes in die omgewing van Bothasberg naby Kestell in die Oos-Vrystaat losgebrand het. Die een landbouer het Dinsdagaand, 15 November 2016, ligte in die veld opgemerk terwyl hy na sy vee omgesien het wat deur ’n jakkals geteister word.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is hy en ’n buurman vroeg Woensdagoggend, 16 November 2016, terug na die veekamp toe, waar hulle die veediewe gevind het. ’n Onbekende aantal mans het glo probeer om van die landbouer se beeste te steel. Hulle het op die twee landbouers losgetrek, en die landbouers het die toneel verlaat en die Polisie ontbied.

Die veediewe het ook op die Polisie beamptes geskiet, en die Polisie se Tegniese Reaksie Taakspan is ook ontbied. Die verdagtes het vermoedelik oor die Lesothogrens gevlug, en geen vee is gesteel nie. Die landbouers is van plan om sake van poging tot moord te lê.

Lees verder: Veediewe brand los op landbouers en Polisie
 

Swaar reën oor die noordelike dele van die Vrystaat

Geskep op 14 November 2016

Swaar reën oor die noordelike dele van die Vrystaat                             

                                                                                                                                                                                     

                                                                                    VERKLARING/PRESS RELEASE


Swaar reën oor die noordelike dele van die Vrystaat

Talle landbouers in die noordelike dele van die Vrystaat is vandag besig met skade opnames na swaar reën en hael oor die naweek sporadies voorgekom het. Reënmetings in die Parys distrik het tussen 30mm en 200mm binne vier ure Vrydagmiddag, 11 November 2016, gewissel. Kobus Dannhauser, voorsitter van die Parys Boerevereniging, sê sporadiese wolkbreuke het oor gebiede voorgekom; “Een boer het 30mm oor vier ure gemeet, ‘n ander 100mm oor dieselfde tydperk en nog ’n landbouer 200mm.” Die reën volg op sowat 250mm wat die vorige drie weke oor dele van die gebied geval het.

“Ten spyte van die skade is ons ongelooflik dankbaar! Die plaasdamme is almal vol, die Vaalrivier loop mooi en ons is dankbaar dat ons kan weet die Bloemhofdam kan nou aangevul word,” aldus Dannhauser. Sowat 80% van landbouers in die distrik was reeds klaar geplant, en veral sojaboon aanplantings het erge haelskade. Talle landerye het ook spoelskade en store se dakke het afgewaai of op implemente ineengestort.

Lees verder: Swaar reën oor die noordelike dele van die Vrystaat
 

35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie

Geskep op 04 November 2016

35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie

                                                                                                     

                                  

 

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar 
Verklaring

 

35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie

 

’n Totaal van 35 arrestasies is aangeteken na ’n provinsiale blou/witlig operasie in die Vrystaat op 27 Oktober 2016. Tydens die operasie is 11 boetes ook uitgereik, en verskeie voorvalle van veediefstal en diefstal van koper kabel is in die Clocolan en Excelsior distrikte voorkom. Landbouers van Vredefort het ook aangedui dat geen sake van veediefstal na die operasie aangemeld is nie, terwyl ’n toename in veediefstal gewoonlik in die laaste week van die maand in die omgewing aangeteken word. 

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se statistiek het 1007 landbouers met 705 voertuie aan die operasie deelgeneem, terwyl 181 Polisiebeamptes met 89 voertuie deelgeneem het. Die lessenaar sê met talle landbouers wat begin het om te plant na die eerste reëns in die provinsie, het operasies ook op ander aande plaasgevind sodat almal kon deelneem.  

Lees verder: 35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie
 

Plaasaanval op Heilbron afgeweer/Farm attack prevented at Heilbron

Geskep op 26 Oktober 2016

Plaasaanval op Heilbron afgeweer/Farm attack prevented at Heilbron

                                                                                                                                                                      

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Plaasaanval op Heilbron afgeweer

’n Plaaswerker en landbouers van die Heilbron distrik het Dinsdag, 25 Oktober 2016, ’n winkeleienaar, Kerry Moody, op die plaas Vyandsvlei te hulp gesnel om ’n moontlike plaasaanval af te weer. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar gerapporteer het die werker oppad werk toe vreemde mans rondom sy werkgewer se huis gewaar. Hy het Moody geskakel en gewaarsku om nie sy huis te verlaat nie, en het daarna na die buurman gehardloop om alarm te maak.

Die distrik se noodplan is geaktiveer, en landbouers het na die toneel beweeg. Drie verdagtes is aangekeer, en twee het op die vlug geslaan. Die verdagtes het glo die huis ’n tyd lank dopgehou asook in die veld geskuil om die egpaar se bewegings dop te hou.

Lees verder: Plaasaanval op Heilbron afgeweer/Farm attack prevented at Heilbron
 

Misdaad kos die Vrystaat ‘konserwatief’ R1,4 miljard per jaar/Crime ‘conservatively’ costs the Free State R1,4 billion per year

Geskep op 18 Oktober 2016

Misdaad kos die Vrystaat ‘konserwatief’ R1,4 miljard per jaar/Crime ‘conservatively’ costs the Free State R1,4 billion per year

 

                                                         

                                                               

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Misdaad kos die Vrystaat ‘konserwatief’ R1,4 miljard per jaar

Konserwatief bereken, lei misdaad in die Vrystaat se landelike gebiede jaarliks na verliese van tussen R564 miljoen en R1,4 miljard. Hierdie bedrae is gebaseer op ’n opname van die VKB/VL Veiligheidslessenaar oor verliese en kostes van landbouers om misdaad te beveg in die Virginia distrik, wat uitgebrei is na die res van die provinsie.

Volgens die opname gedoen onder 76 kommersiële landbouers in die Virginia distrik, staan hulle jaarliks beraamde verliese ten opsigte van voertuig-, vee- en algemene diefstal asook huisbrake/inbrake op tussen R3, 83 miljoen en R6, 863 miljoen. Die nie-rapportering syfer tussen 20%-50% is nie hierby ingereken nie, en kan die waarde eksponensieël vermeerder tot nagenoeg R10 miljoen.  Wat egter van belang is, is dat die aanwas van veediefstal ook vir kommersiële landbouers verlore gaan wanneer ‘n dier (bees,skaap, bok, ens) van hul gesteel word.

Lees verder: Misdaad kos die Vrystaat ‘konserwatief’ R1,4 miljard per jaar/Crime ‘conservatively’ costs the...
 

Bladsy 1 van 5