35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie

Geskep op 04 November 2016

35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie

                                                                                                     

                                  

 

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar 
Verklaring

 

35 arrestasies en vee- en koperkabel diefstal voorkom tydens blou/witlig operasie

 

’n Totaal van 35 arrestasies is aangeteken na ’n provinsiale blou/witlig operasie in die Vrystaat op 27 Oktober 2016. Tydens die operasie is 11 boetes ook uitgereik, en verskeie voorvalle van veediefstal en diefstal van koper kabel is in die Clocolan en Excelsior distrikte voorkom. Landbouers van Vredefort het ook aangedui dat geen sake van veediefstal na die operasie aangemeld is nie, terwyl ’n toename in veediefstal gewoonlik in die laaste week van die maand in die omgewing aangeteken word. 

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se statistiek het 1007 landbouers met 705 voertuie aan die operasie deelgeneem, terwyl 181 Polisiebeamptes met 89 voertuie deelgeneem het. Die lessenaar sê met talle landbouers wat begin het om te plant na die eerste reëns in die provinsie, het operasies ook op ander aande plaasgevind sodat almal kon deelneem.  

Die clusters waar die beste deelname aangeteken is, is Thabong, Welkom en Kroonstad. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, bedank elke landbouer en Polisie beampte vir sy of haar deelname. Hy bedank ook elke landbouer vir die opoffering van hul tyd/voertuie/brandstof om hulle gemeenskappe se veiligheid te bevorder. Dit was die vierde provinsiale blou/witlig operasie wat die jaar gehou is, en verbeteringe in terme van misdaadvoorkoming en samewerking tussen landbouers en die Polisie kon al in talle gebiede gesien word.

 

Die arrestasies deur aangemeld kan soos volg gelys word:

 

Veediefstal - 2 arrestasies

 

Diefstal - 4 arrestasies

 

Alkohol verwante misdade - 23 arrestasies

 

Besit van gesteelde eiendom - 6 arrestasies

 

Boetes uitgereik - 11

 

Vir meer inligting, kontak

 

Alani Janeke by 051 4444 609

 

Tommie Esterhuyse by 082 782 0668

 

 

                                                                       

 

 

 

Farmer’s Weekly, trotse media vennoot van VL