Oktober 2016 dieresiekte verslag Ruvasa

Geskep op 16 Januarie 2017

Oktober 2016 dieresiekte verslag Ruvasa

  

Altesaam 123 veeartsenykundige praktyke het gedurende Oktober 2016 die voorkoms van dieresiektes by die Herkouer Veeartsenykundige Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) aangemeld. 

Die meeste hiervan, 21, is in die Vrystaat aangemeld. 

 

Hierdie verslag word versprei as deel van pogings om die land se bio-sekuriteit op te skerp. Ruvasa se dr. Faffa Malan herinner veeartse asook landbouers dat alle aanmeldbare siektes ook by die plaaslike staatsveearts aangemeld moet word. 

Vorige verslae is op www.ruvasa.co.za beskikbaar. 

Die nuwe webtuiste van die Dieregesondheidsforum kan ook besoek word by www.nahf.co.za

Die volledige verslag is hier beskikbaar.