Opgedateerde reënvalvoorspelling/Updated rainfall forecast

Geskep op 17 Oktober 2016

Opgedateerde reënvalvoorspelling/Updated rainfall forecast

Johan van den Berg het sy nuutste verslag vir reënval verwagtinge aan Vrystaat Landbou beskikbaar gestel. Hiervolgens lyk die kanse vir goeie reënval binne die optimum planttye vir die oostelike, sentrale en westelike dele van sentraal Suid-Afrika steeds gunstig.

 

Lees verder: Opgedateerde reënvalvoorspelling/Updated rainfall forecast
 

Landbouers gewaarsku oor jag met honde en roof van vee/Farmers warned about hunting with dogs and robbery of livestock

Geskep op 17 Oktober 2016

Landbouers gewaarsku oor jag met honde en roof van vee/Farmers warned about hunting with dogs and robbery of livestock            

                                                                                 

                                            


VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

 

Landbouers gewaarsku oor jag met honde en roof van vee

Te midde van talle uitdagings wat druk op landbouers plaas, soos die droogte en veediefstal, staar landbou gemeenskappe nou ook die bedreigings van onwettige jag met honde en in sommige gevalle die roof van vee in die gesig. Onwettige jagtogte met honde vind veral oor naweke plaas. Sommige verdagtes gebruik die praktyk ook om veediefstal te pleeg. Hulle sal van die honde gebruik om die beeste te storm, en terwyl die bees die honde probeer afweer, steel die verdagtes kalwers. Die steel van kalwers is al weggesteek deur ystervarke bo in sakke te pak, sodat landbouers of die Polisie nie sakke verder moet deursoek nie.

Voorvalle van onwettige jag met honde op plase is besig om ernstig toe te neem in die provinsie, met ’n landbouer van Steynsrus wat al R220 000 se skade, weens wild wat doodgebyt is, gelei het. Die landbouer is raad-op, want hy sukkel elke naweek met onwettige hondejagte op sy plaas. Die afgelope naweek is verskeie voorvalle ook by Heilbron, Edenville en Arlington by die VKB/VL Veiligheidslessenaar aangemeld. Die Landelike Beveiligings Plan is Sondag, 16 Oktober 2016, in werking gestel toe verdagtes met sowat 30 honde op ’n plaas in Heilbron toegeslaan het. Landbouers het sewe verdagtes aangekeer wat saam met die honde in ’n landbouer se kamp met stoetbulle was, terwyl twee ander verdagtes besig was om ’n huis te plunder. Die polisie was vinnig op die toneel. ’n Volstruis en talle hase is doodgemaak.

Lees verder: Landbouers gewaarsku oor jag met honde en roof van vee/Farmers warned about hunting with dogs and...
 

Vier voorvalle op VS plase in Oktober/Four incidents on FS farms in October

Geskep op 11 Oktober 2016

Vier voorvalle op VS plase in Oktober/Four incidents on FS farms in October

                                                                                           

 

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

In die vierde voorval hierdie maand, word verdagtes tans gesoek na hulle op plaaswerkers op ’n plaas in die Parys distrik geskiet het Dinsdagoggend, 11 Oktober 2016. Die werkers het die verdagtes glo in die veld raakgeloop. Die landbouer is in kennis gestel en die plaaslike plaaswag stelsel is geaktiveer en landbouers van die omgewing soek tans saam met die Polisie na die twee verdagtes. Niemand is beseer tydens die voorval nie.

Vier verdagtes is Maandag, 10 Oktober 2016, aangekeer na hulle Sondag, 9 Oktober 2016, ’n landbouer van Vierfontein aangeval het. Die voorval het plaasgevind toe Oosie Oosthuizen Sondagmiddag by sy huis op die plaas Olieboomfontein aangekom het na hy ’n huiswerker op Orkney gaan haal het.

Lees verder: Vier voorvalle op VS plase in Oktober/Four incidents on FS farms in October
 

Veiligheidsberade skop af in die Vrystaat/Safety summits kick of in the Free State

Geskep op 21 September 2016

Veiligheidsberade skop af in die Vrystaat/Safety summits kick of in the Free State

 

 

                                                                                                                         

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

 

Veiligheidsberade skop af in die Vrystaat

Die eerste van ’n reeks veiligheidsberade wat die Polisie in samewerking met die VKB/VL Veiligheidslessenaar in die Vrystaat beplan, het op 21 September 2016 by Bobbiespark in Bloemfontein plaasgevind. Die berade word aangebied as deel van die Polisie en die lessenaar se pogings om landelike veiligheid in die provinsie te bevorder.

’n Veiligheidsberaad is reeds verlede jaar in die Lejweleputswa Cluster, wat Bothaville insluit, aangebied. ’n Beraad het ook op Saterdag, 3 September 2016, op Harrismith plaasgevind om veral die krisis met veediefstal in die gebied aan te spreek.

Die berade se hooffokus is om Polisiebeamptes van die onderskeie clusters en landbouers te laat vergader sodat kwessies openlik bespreek kan word. Samewerking op verskeie vlakke binne die raamwerk van die Landelike Beveiligings Plan (LBP) om misdaad te beveg sal ook hoog op die agenda wees.

Lees verder: Veiligheidsberade skop af in die Vrystaat/Safety summits kick of in the Free State
 

VL staan meer as 5700 landbouers by in die droogte/FSA assists more than 5700 farmers in the drought

Geskep op 20 September 2016

VL staan meer as 5700 landbouers by in die droogte/FSA assists more than 5700 farmers in the drought

 

                         

 

                                                                                                                VERKLARING/PRESS RELEASE

 

VL staan meer as 5700 landbouers by in die droogte

’n Totaal van 5735 Vrystaatse landbouers het reeds sedert Desember 2015 verskeie vorme van hulp, wat deur Vrystaat Landbou (VL) gefasiliteer is, ontvang. Meer as 540 opkomende en bestaanslandbouers is ook bygestaan met 13 vragte voer.

Op Dinsdag, 20 September 2016, het die Geluksdam Boerevereniging buite Bloemfontein ’n deel van die vrag voer wat hulle as deel van skenkings van besproeiings landbouers van Luckhoff ontvang het, aan opkomende landbouers van Lorierpark buite die stad geskenk. AfriVet het die groep ook bygestaan met vitamien en minerale aanvullings ter waarde van R12 000.

Zach Choane, een van die opkomende landbouers, sê oorlewing as landbouers en die aankoop van voer is ’n stryd die afgelope 11 maande en hulle is dankbaar vir enige bystand. Volgens Choane het hulle nog nie enige hulp van die staat ontvang sedert die aanbreek van die droogte nie. Die groep het sowat 240 beeste.

Lees verder: VL staan meer as 5700 landbouers by in die droogte/FSA assists more than 5700 farmers in the drought
 

Lessons from our smallholder neighbours

Geskep op 20 September 2016

Lessons from our smallholder neighbours

 

    

 

To achieve success in Africa as a primary producer or agribusiness, you must make yourself indispensable to the local community, according to Dr Jack Armour, Free State Agriculture operations manager. He recently completed a trip across Zimbabwe, and the Zambezi region of Namibia and Botswana, and learnt about the link between small-scale commercial farming and the formal economy.

Lees verder: Lessons from our smallholder neighbours
 

Veediewe loop hul rieme styf in die Vrystaat/Stock thieves meet their match in the Free State

Geskep op 19 September 2016

Veediewe loop hul rieme styf in die Vrystaat/Stock thieves meet their match in the Free State

 

                                                                                                         

                                                     

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Veediewe loop hul rieme styf in die Vrystaat

Altesaam 10 veediewe is verlede week en die naweek in dele van die Vrystaat aangekeer na hul op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week tydens twee voorvalle in die Edenville distrik aangekeer. Tydens die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle drie skape gesteel het, en tydens die tweede voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle besig was om 10 beeste te steel.

Lomon Terreblanche, veiligheidskoordineer van die Edenville Boerevereniging, sê die arrestasies het gevolg weens goeie samewerking tussen landbouers en die Polisie. Veediewe teiken die gebied die afgelope paar maande, en die vermoede bestaan dat die aangekeerde verdagtes met meer as een saak verbind kan word.

Die arrestasies het gevolg na die landbouers wat die gebied gepatroleer het, die Polisie van verdagte optrede in kennis gestel het. Landbouers patroleer die gebied elke nag, met sewe voertuie wat elke nag aan diens is.

Tydens ’n derde voorval is vier verdagtes Saterdagaand, 17 September 2016, in die Brandfort distrik aangekeer terwyl hulle besig was om 43 beeste te steel. Die groep word al lank deur die Valke ondersoek, en na inligting van beplande aktiwiteite uit die gebied ontvang is, kon die Polisie op hul toeslaan.

Lees verder: Veediewe loop hul rieme styf in die Vrystaat/Stock thieves meet their match in the Free State
 

Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure/Two farm attacks in the Free State within hours

Geskep op 14 September 2016

Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure/Two farm attacks in the Free State within hours

 

                                                                                                                    

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure

Niemand is ernstig beseer in twee plaasaanvalle wat vroeg Woensdagoggend, 14 September 2016, in die Vrystaat plaasgevind het nie. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar om te meld dat in beide gevalle die landbouers se paraatheid bygedra het daartoe dat die plaaswagstelsels vinnig geaktiveer is, en talle landbouers is tans saam met die SAPD opsoek na verdagtes in die Bothaville en Smithfield distrikte.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is Frikkie van der Merwe, sy vrou en nog ’n vrou wat by hulle tuisgaan vanoggend omstreeks 02h00 op die plaas Vreugde in die Bothaville distrik aangeval. Dit is nog nie duidelik hoe die verdagtes die huis binnegekom het en of iets gesteel is nie. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die verdagtes het met ’n silver Volkswagen Tiguan, met nommerplaat 105 TIP FS, op die vlug geslaan. Talle landbouers het op die voorval gereageer en paaie in die distrik geblokeer. Landbouers en die Polisie is tans opsoek na die verdagtes.

In die tweede voorval is Piet Swanepoel, ’n landbouer van die Smithfield distrik, aangeval toe hy vanoggend 06h00 uit sy huis gegaan het. Die verdagtes het op Swanepoel geskiet. Hy het die aanval afgeweer deur op hul terug te skiet en vier verdagtes het op die vlug geslaan. Die voertuig waarin hulle gevlug het, is intussen gevind en landbouers en die Polisie is tans besig om die omgewing te deursoek opsoek na die verdagtes.

Lees verder: Twee plaasaanvalle in die Vrystaat binne ure/Two farm attacks in the Free State within hours
 

Sowat 1400 landbouers en Polisie beamptes beveg misdaad saam/About 1400 farmers and Police officials fight against crime together

Geskep op 31 Augustus 2016

Sowat 1400 landbouers en Polisie beamptes beveg saam misdaad/About 1400 farmers and Police officials fight against crime together

                                                                                                                       

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Sowat 1400 landbouers en Polisie beamptes beveg misdaad saam

Tydens die vierde wit/bloulig operasie wat hierdie jaar in die Vrystaat gehou is, het 367 Polisiebeamptes en 1032 landbouers die landelike gebiede van die provinsie gepatroleer as deel van misdaadvoorkoming. Landbouers se patrollies het op 30 Augustus 2016 met behulp van 647 voertuie geskied, terwyl 173 voertuie deur die Polisie gebruik is.

Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, bedank beide die Polisie en landbouers vir hulle pro-aktiewe optrede en opofferings, veral in brandpunt areas soos Welkom, Thabong en Bethlehem. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se statistiek word veral in dié areas met misdaad gesukkel. Veediefstal is ook ’n enorme probleem in die provinsie, met die lessenaar wat die laaste drie maande ’n 20% styging aangeteken het.

Dìt, tesame met die ernstige uitdaging wat die beperkte hoeveelheid Polisievoertuie wat op die platteland beskikbaar is, word met die Polisie se topstrukture bespreek en daadwerklike aksie word beplan. 

Lees verder: Sowat 1400 landbouers en Polisie beamptes beveg misdaad saam/About 1400 farmers and Police...
 

Landbouers moet paraat wees langs Lesothogrens/Farmers requested to increase vigilance along the Lesotho border

Geskep op 22 Julie 2016

Landbouers moet paraat wees langs Lesothogrens/Farmers requested to increase vigilance along the Lesotho border 

 

                                                                                                         

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Landbouers moet paraat wees langs Lesothogrens

Binne ’n kwessie van vier dae het twee plaasaanvalle in die Clocolan distrik voorgekom. Die eerste voorval het Sondagaand, 17 Julie 2016, op die plaas Blydskap plaasgevind. Carl du Randt, sy vrou Lydia, en hulle agtjarige seun, Carl jnr, is deur vier mans ingewag toe hulle omstreeks 18:00 by die huis gekom het.

Die gesin is aangerand en die rowers het geld van hulle geëis. Die groep het met die gesin se bakkie op die vlug geslaan. Du Randt het hulp ontbied, en danksy vinnige reaksie van Du Randt se bure is die voertuig voorgekeer. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting was sewe mans in die bakkie. Hulle het te voet op die vlug geslaan, en al die gesteelde items buiten die geld is teruggevind.

In die tweede voorval is Henry Minnaar Donderdagaand, 21 Julie 2016, op die plaas Vlakbult, deur drie mans aangeval. Minnaar is ook aangerand, en die aanvallers het geld van hom geëis. Hulle het Minnaar gedwing om hulle naby die dorp langs die pad te gaan aflaai. Hy is gevind na die plaaslike veiligheidstruktuur hom nie tydens skakeling in die hande kon kry nie. Die plaaswag struktuur is geaktiveer. Die aanvallers se bewegings kon deur die informele nedersetting gevolg word met behulp van opkomende landbouers wat deel vorm van die struktuur. Die aanvallers is egter steeds soek.

Lees verder: Landbouers moet paraat wees langs Lesothogrens/Farmers requested to increase vigilance along the...
 

Bladsy 2 van 5