Die droogte: “maermaak en doodmaak maand”/Drought: Concern for stock and veldt in months to come

Geskep op 22 Julie 2016

Die droogte: “maermaak en doodmaak maand”/ Drought: Concern for stock and veldt in months to come

                                                                                                                                                     

 

 

Verklaring/Press Release

Die droogte: “maermaak en doodmaak maand”

 

Die media en sosiale media mag dalk nie meer gons met stories en foto’s van die erge toestande van die 2015/16 droogte nie, maar die effek daarvan gaan nog vir jare lank in die landbou- en voedselwaardeketting sigbaar wees. 

Goeie reënval word voorspel vir die komende maande, maar dié reën gaan nie landbouers se finansiële uitdagings onmiddellik aanspreek of weiding binne dae laat herstel nie. Vrystaat Landbou (VL) deel graag raad van Prof. HO de Waal, van die Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, met die media en ons lede.

Lees verder: Die droogte: “maermaak en doodmaak maand”/Drought: Concern for stock and veldt in months to come
 

Unscrupulous felon masquerading as a legitimate labour inspector trying to solicit bribes

Geskep op 18 Julie 2016

Unscrupulous felon masquerading as a legitimate labour inspector trying to solicit bribes

The Department of Labour has leant of some illicit workings of an individual impersonating a legitimate labour inspector. This bogus inspector visits workplaces to conduct illegal inspections and thereafter issue employers with illegitimate inspection reports and contravention notices.

Unsuspecting employers are coerced and intimidated by this deceitful individual into believing that they are to face the music and the full might of the law if they do not accede to his demands.

“This person called me and demanded that I deposit money into his bank account and buy him some groceries for him not to pursue me any further on the finding of his inspection”, alleged one of the employers who nearly became one of this crook’s victims.  

Lees verder: Unscrupulous felon masquerading as a legitimate labour inspector trying to solicit bribes
 

Die Vrystaat verloor miljarde weens veediefstal/Free State loses billions due to stock theft

Geskep op 18 Julie 2016

Die Vrystaat verloor miljarde weens veediefstal/Free State loses billions due to stock theft

                                                                                                                                     

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Die Vrystaat verloor miljarde weens veediefstal

’n Ernstige toename word sedert die begin van die jaar in veediefstal in die Vrystaat waargeneem. Die aantal voorvalle wat by die VLB/VL Veiligheidslessenaar aangemeld word dui ’n beduidende styging aan, asook die aantal diere wat per voorval gesteel word. Die Steynsrus distrik is veral geteiken na veediewe tydens drie voorvalle tussen April en Junie tussen 20 en 31 stuk skaap per voorval in die veld geslag het. In die Oos-Vrystaat is ’n voorval aangemeld waar teelbulle ter waarde van R450 000 gesteel is en later geslag in die veld gevind is.

Veediefstal en die aanspreek van die probleem was dus een van die belangrike punte wat die lessenaar en Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee met nege lede van die provinsiale Polisie se hoëvlak bestuur tydens ’n vergadering op 12 Julie 2016 bespreek het. Navorsing wat deur WA Lombard, ’n M-graad student aan die Universiteit van die Vrystaat se Departemente van Landbou Ekonomie, oor skaapdiefstal gedoen is, is ook aan die Polisie voorgehou. Lombard het die navorsing in samewerking met die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) onderneem.

Lees verder: Die Vrystaat verloor miljarde weens veediefstal/Free State loses billions due to stock theft
 

Duisende landbouers en Polisiebeamptes bevorder saam veiligheid in die Vrystaat/Thousands of farmers and Police officers work together to improve safety in the Free State

Geskep op 01 Julie 2016

Duisende landbouers en Polisiebeamptes bevorder saam veiligheid in die Vrystaat/Thousands of farmers and Police officers work together to improve safety in the Free State

 

                                                                                            

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Duisende landbouers en Polisiebeamptes bevorder saam veiligheid in die Vrystaat

Samewerking tussen landbouers en Polisiebeamptes in die Vrystaat het die afgelope twee weke ’n hupstoot gekry. Meer as 2600 landbouers en Polisiebeamptes het die afgelope twee weke aan twee blou/witlig operasies in die provinsie deelgeneem. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar hou die die meeste suksesse tot op hede aangeteken verband met veediefstal. (Die Vrystaat is die enigste provinsie in die land waar die operasies plaasvind.)

Gedurende ’n blou/witlig operasie op 22 Junie 2016 het 976 landbouers met 658 voertuie saam met 288 Polisiebeamptes met 126 voertuie gewerk. Gedurende dié operasie het onder andere beamptes en landbouers in die Reitz en Tweeling distrikte 797 plase gepatroleer, terwyl 344 persone en 217 voertuie deursoek is.

Lees verder: Duisende landbouers en Polisiebeamptes bevorder saam veiligheid in die Vrystaat/Thousands of...
 

Landbouers gewaarsku teen Zamas en besetting van leë huise/strukture op plase/Farmers warned against Zamas and illegal occupation of empty houses/structures on farms

Geskep op 27 Junie 2016

Landbouers gewaarsku teen Zamas en besetting van leë huise/strukture op plase/Farmers warned against Zamas and illegal occupation of empty houses/structures on farms

 

                                                                                                                                                        

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Landbouers gewaarsku teen Zamas en besetting van leë huise/strukture op plase

Na aanleiding van inligting wat plaaswagstrukture met die VKB/VL Veiligheidslessenaar gedeel het, wil Vrystaat Landbou (VL) graag landbouers aanmoedig om hul paraatheid op te skerp en gereeld leë huise/geboue/werkershuise op hulle grond na te gaan om te verseker dit word nie onwettig beset nie. Voorvalle waar Zamas (onwettige myners) op myne in landelike gebiede toeslaan, neem volgens inligting in mynbou gebiede toe, wat Odendaalsrus, Welkom, Virginia en Allanridge insluit.

In een voorval wat in die Odendaalsrus gebied aangemeld is, is ’n landbouer, sy vrou en kinders gedreig na die landbouer op besittings van Zamas in een van sy leë werkershuise afgekom het. Onwettige myners het glo kos, wat hulle aan diegene onder die grond verskaf, in dié gebou verpak. Meer as 100 Zamas is ook al opgemerk by ’n mynskag in die omgewing. Die omgewing se plaaswag strukture het intussen hulle paraatheid opgeskerp.

Lees verder: Landbouers gewaarsku teen Zamas en besetting van leë huise/strukture op plase/Farmers warned...
 

Meer as 4600 landbouers al bygestaan met voerskenkings/More than 4600 farmers assisted during drought

Geskep op 08 Junie 2016

Meer as 4600 landbouers al bygestaan met voerskenkings/More than 4600 farmers assisted during drought

 

                                       

 

                                                                                      VERKLARING/PRESS RELEASE  

Meer as 4600 landbouers al bygestaan met voerskenkings

Sedert Desember 2015 kon Vrystaat Landbou (VL) boereverenigings en 4661 landbouers in die provinsie deur middel van VL se rampfonds, skenkings en Agri SA se Droogtehulpfonds met voerskenkings en droogtehulp bystaan. Die droogte het ’n impak op die meeste van ons lede gehad, en hoewel die hulp wat ons verleen nie ons lede se totale behoeftes kon verlig nie, is ons dankbaar dat ons hulle tot ’n mate kon bystaan. Die westelike, suidelike en sentrale dele van die provinsie is die hardste deur die droogte getref, en weens die effek van El Niño het reën wyd oor streperig voorgekom, wat elke landbouer verskillend beïnvloed.

Lees verder: Meer as 4600 landbouers al bygestaan met voerskenkings/More than 4600 farmers assisted during...
 

Drie gevang na plaasaanval by Warden/Three caught after farm attack at Warden

Geskep op 06 Junie 2016

Drie gevang na plaasaanval by Warden/Three caught after farm attack at Warden

                                                                                                  

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Drie gevang na plaasaanval op Warden

Drie verdagtes is aangekeer na ’n plaasaanval in die Warden distrik vanoggend. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar verskaf het vyf verdagtes vanoggend die plaasbestuurder en werkers op die plaas Welgevonden aangeval. Die eienaar van die plaas was nie tuis nie. Die verdagtes het die kluis in die huis uit die muur gebreek en met dit en ander items in ’n voertuig op die vlug geslaan.

Lees verder: Drie gevang na plaasaanval by Warden/Three caught after farm attack at Warden
 

Meer as 1000 Landbouers en Polisie werk saam/More than 1000 farmers and Police work together

Geskep op 05 Mei 2016

Meer as 1000 Landbouers en Polisie werk saam/More than 1000 farmers and Police work together

                                                      

 

                                                                                                   

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Meer as 1000 landbouers en Polisie beamptes werk saam in die Vrystaat

Die eerste blou/witlig operasie vir 2016, wat die Polisie in die Vrystaat in samewerking met georganiseerde veiligheidstrukture aangebied het, word as ’n groot sukses beskryf. Die Polisie se topbestuur het verlede jaar tydens vergaderings met die VKB/VL Veiligheidslessenaar en Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee onderneem dat dié provinsiale operasies elke twee maande sal plaasvind. As deel van die Landelike Beveiliging Strategie vind wit/blou lig operasies eerstens op plaaslike vlak tussen Polisiestasies en landbouers plaas, en verskeie clusters in die provinsie het reeds hul eie operasies in plek, of is besig om aksies te beplan.  

’n Totaal van 731 landbouers het met 462 voertuie aan die operasie regoor die provinsie op Donderdag, 28 April 2016, deelgeneem, terwyl 386 Polisie beamptes met 186 voertuie aan diens was. Die operasie het van 18h00 tot middernag plaasgevind. Daar is spesifiek gefokus op misdaad in landelike gebiede soos eiendoms verwante misdade, veral veediefstal, alle ander diefstalle insluitend skroot, koper en kabel diefstal asook ernstige en geweldsmisdade wat plaasaanvalle insluit. ‘n Misdaad patroon analise wat oor ’n lang tydperk opgestel is, het aangedui dat die meeste vee- en algemene diefstal op Donderdae plaasvind, derhalwe is die operasie op ’n Donderdag uitgevoer.

Lees verder: Meer as 1000 Landbouers en Polisie werk saam/More than 1000 farmers and Police work together
 

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2016/Free State Agriculture Young Farmer of the Year 2016

Geskep op 20 April 2016

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2016/Free State Agriculture Young Farmer of the Year 2016 

                                                          

 

                                            VERKLARING/PRESS RELEASE

 

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2016

Dit is met groot trots wat Vrystaat Landbou die wenner van die 2016 Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie in samewering met Standard Bank, DJ van der Linde, gelukwens! Van der Linde (31), van die plaas St. Helena naby Vierfontein, is op 21 April 2016 tydens ’n glansgeleentheid by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein as wenner aangewys. Dit is die 20ste jaar wat dié kompetisie aangebied word.

 

Lees verder: Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2016/Free State Agriculture Young Farmer of the Year 2016
 

VKB/VL Veiligheidslessenaar se rol onmisbaar/VKB/FSA Safety Desk’s role indispensable

Geskep op 15 April 2016

VKB/VL Veiligheidslessenaar se rol onmisbaar/VKB/FSA Safety Desk’s role indispensable

                                                                                                         

                                                      

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

VKB/VL Veiligheidslessenaar se rol onmisbaar

Die VKB Dryf vir Veiligheid Gholfdag 2016 het veiligheid in die Vrystaat goed ondersteun. ’n Bedrag van R320 000 is deur middel van die Gholfdag ingesamel vir die VKB/VL Veiligheidslessenaar.

Die ondersteuning van VKB aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar is baie waardevol, en Vrystaat Landbou (VL) wil die maatskappy graag bedank vir die ruim skenking om na die provinsie se landbouers se veiligheid te help omsien. “Sonder hierdie befondsing sou die VKB/VL Veiligheidslessenaar nie in staat wees om hulle rol ten volle te vervul nie. Ons is baie dankbaar vir VKB asook alle deelnemende spanne se ondersteuning,” aldus Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van VL.

Lees verder: VKB/VL Veiligheidslessenaar se rol onmisbaar/VKB/FSA Safety Desk’s role indispensable
 

Bladsy 3 van 5