Vrystaat Landbou veroordeel die beweerde moontlike betrokkenheid van “polisie beamptes” by plaasaanvalle/Free State Agriculture condemns the apparent possible involvement of “police officials” in farm attacks

Geskep op 11 April 2016

Vrystaat Landbou veroordeel die beweerde moontlike betrokkenheid van “polisie beamptes” by plaasaanvalle/Free State Agriculture condemns the apparent possible involvement of “police officials” in farm attacks

                                                                                                                                                                                                                 

 

 

 

 

 

                                                                                                                                  

 

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk

 

Verklaring/Press Release

 

Vrystaat Landbou veroordeel die beweerde moontlike betrokkenheid van “polisie beamptes” by plaasaanvalle

 

Vrystaat Landbou (VL) spreek sy kommer uit oor die onlangse plaasaanval wat op die plaas van Adri Conradie in die Bothaville distrik op 8 April 2016 plaasgevind het.  Na wat berig word is ‘n verdagte wat in besit was van ‘n polisie glimbaadjie en boeie in Orkney inhegtenis geneem wie binnekort in die hof sal verskyn.  Daar was berig dat daar aanvanklik 5 aanvallers betrokke was by die pleging van die misdaad.  ‘n Verdere verdagte wat op die plaas werksaam is, is vanoggend deur die polisie gearresteer. 

Dit wil voorkom asof al die items wat van die plaas geroof is deur ondersoekbeamptes van die polisie teruggevind is.  Die aanval laat die vraag ontstaan in hoeverre sekere polisiebeamptes wel betrokke is by die pleging van plaasaanvalle en/of ernstige geweldsmisdade op landbougrond, wat moontlik ook uit ander provinsies opereer?

Lees verder: Vrystaat Landbou veroordeel die beweerde moontlike betrokkenheid van “polisie beamptes” by...
 

NASIONALE DIEREGESONDHEIDSFORUM VERKLARING/NATIONAL ANIMAL HEALTH FORUM PRESS RELEASE

Geskep op 23 Maart 2016

NASIONALE DIEREGESONDHEIDSFORUM VERKLARING/NATIONAL ANIMAL HEALTH FORUM PRESS RELEASE

NASIONALE DIEREGESONDHEIDSFORUM

 

PERSVERKLARING: 16 Maart 2016

Vir onmiddelike vrystelling

“Die implementering van invoerregulasies vir lewendehawe vanaf die buurlande het nou noodsaaklik geword,” sê dr Pieter Vervoort, Voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum. “Die implementering sloer nou al te lank en vir almal se onthalwe moet dit nou gefinaliseer word”.

Ingevolge die huidige invoermaatreëls word Suid-Afrika se nasionale dieregesondheidstatus nie goed genoeg beskerm nie. Die land is blootgestel aan beheerde siektes en zoönosis (siektes wat van diere na mense oorgedra kan word). Die huidige regulasies is uit lyn uit met Suid-Afrikaanse wetgewing, die riglyne van die internasionale organsisasie vir dieregesondheid, die OIE, en die sogenaamde “terrestrial codes”. Die beheerde siektes wat tans in die permit aangedui word, is dieselfde as wat op die OIE se web-bladsy verskyn en dieselfde siektes word byvoorbeeld gelys in Namibië se invoerpermit.

Lees verder: NASIONALE DIEREGESONDHEIDSFORUM VERKLARING/NATIONAL ANIMAL HEALTH FORUM PRESS RELEASE
 

Edenburg landbouers deel skenking/Edenburg farmers share donation

Geskep op 14 Maart 2016

Edenburg landbouers deel skenking/Edenburg farmers share donation

 

                                       

 

                                                                                          VERKLARING/PRESS RELEASE

 

Edenburg landbouers deel skenking

Landbouers van die Edenburg Boerevereniging, suid van Bloemfontein, wil ten spyte van hulle eie uitdagings in die droogte ’n helpende hand na die nuweling landbouers van die omgewing uitsteek. ’n Skenking van sowat 80 sakke voer en 15 lekblokke van Voermol wat deur middel van Vrystaat Landbou se droogteramp fasilitering aan die vereniging toegeken is, is op 14 Maart 2016 aan sowat 50 nuweling landbouers oorhandig. Die vereniging het vroeër ook skenkings ontvang, en voel dat hulle dit wat hul ontvang, graag wil deel. 

Lees verder: Edenburg landbouers deel skenking/Edenburg farmers share donation
 

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar finaliste 2016/Free State Agriculture Young Farmer of the Year 2016 finalists

Geskep op 07 Maart 2016

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar finaliste 2016/Free State Agriculture Young Farmer of the Year 2016 finalists

 

                                       

 

                                                                                         VERKLARING/PRESS RELEASE

 

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar finaliste 2016

Die droogte en sy uitdagings het nie die jongboere van die Vrystaat gekeer om hulle staal in dié jaar se Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie te wys nie. Die finaliste is op 2 en 3 Maart 2016 deur ’n span beoordelaars besoek, en die wenner sal die aand van 21 April 2016 tydens ’n glansgeleentheid by Monte Bello in Bloemfontein aangekondig word.

Prof. Pieter Fourie, assosiaat professor by die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) Vrystaat se Departement van Landbou en sameroeper van die beoordelaars, sê die droogte toestande het beoordeling gekompliseer. Die droogte toestande het al drie die finaliste geraak en verskeie aspekte moes oorweeg word. Fourie sê dit was uitdagend om ’n wenner te kies, want die finaliste het almal goed gevaar.

Lees verder: Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar finaliste 2016/Free State Agriculture Young Farmer of the...
 

Skade deur roofdiere

Geskep op 03 Maart 2016

Skade deur roofdiere

Vanaf Januarie tot Desember 2015 het 39 jagters 2232 rooijakkalse en 362 rooikatte geskiet. Hierdie jagters is almal aktiewe lede van die Roofdierbeheergroep van die Vrystaat Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Lees verder: Skade deur roofdiere
 

RPO Vrystaat Januarie 2016 Nuusbrief

Geskep op 03 Februarie 2016

RPO Vrystaat Januarie 2016 Nuusbrief 

http://dryrun.co.za/rpo/image-1.png

 

 

 

Lees verder: RPO Vrystaat Januarie 2016 Nuusbrief  

Sesde plaasaanval in die Vrystaat in 2016/Sixth farm attack in the Free State in 2016

Geskep op 29 Januarie 2016

Sesde plaasaanval in die Vrystaat in 2016/Sixth farm attack in the Free State in 2016

 

                                                                                                                                

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Sesde plaasaanval in die Vrystaat in 2016

In wat die sesde voorval van ernstige geweldsmisdaad op plase in die Vrystaat in 2016 was, is dr. Bernard Cilliers, 61, van die plaas Gouda vermoor. Volgens die inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar bekend is die egpaar vermoedelik vroeg Vrydagoggend (29 Januarie 2016) of Donderdagnag oorval. Cilliers is vermoedelik oor die kop geslaan en geskiet, en sy vrou Cecelia, geskiet. Cilliers is op die toneel oorlede, en Cecelia is in ’n kritieke toestand. Vrystaat Landbou (VL) veroordeel die voorval asook die brutaliteit wat daarmee gepaard gegaan het ten sterkste.

Lees verder: Sesde plaasaanval in die Vrystaat in 2016/Sixth farm attack in the Free State in 2016
 

Vrystaat benodig sowat 1 miljoen ton voer dringend/Free State urgently needs almost 1 million tons of feed

Geskep op 21 Januarie 2016

Vrystaat benodig sowat 1 miljoen ton voer dringend/Free State urgently needs almost 1 million tons of feed

                                     

VERKLARING/PRESS RELEASE

 

Vrystaat benodig sowat 1 miljoen ton voer dringend

Die tweede droogte behoefte bepaling opname wat Vrystaat Landbou (VL) onder ons lede gedoen het, dui aan dat landbouers in die provinsie dringend 994 671 ton se voer benodig. Altesaam 600 landbouers het aan die opname deelgeneem.

Dié landbouers benodig ’n inkomste van R15, 874 miljoen per maand om hulle boerderye aan die gang te hou, soos onder andere die aankoop van diesel, betaal van lone en betaal van kragkostes. Altesaam 66% van die landbouers benodig tans finansiering vir 2016. Volgens die statistiek het dié 600 landbouers meer as 11 500 mense (2773 gesinne) wat van hulle afhanklik is vir ‘n inkomste.

Lees verder: Vrystaat benodig sowat 1 miljoen ton voer dringend/Free State urgently needs almost 1 million tons...
 

Buchan en Niemand bid vir droeë SA/Buchan and Niemand pray for dry SA

Geskep op 19 Januarie 2016

Buchan en Niemand bid vir droeë SA/Buchan and Niemand pray for dry SA

 

'n Biddiens vir reën en Suid-Afrika word Saterdag, 30 Januarie 2016, by Naval Hill in Bloemfontein gehou waaraan Angus Buchan en Joe Niemand sal deelneem. Vrystaat Landbou ondersteun die inisiatief en nooi graag ons lede uit om dit te kom bywoon. Hekke open reeds om 08:16. Enige een is welkom om die diens van 10h00 tot 11h00 te kom bywoon. Bywoning is gratis, maar die reëlingskomitee versoek wel dat alle belangstellendes kaartjies sal bespreek in terme van logistiek.

Lees verder: Buchan en Niemand bid vir droeë SA/Buchan and Niemand pray for dry SA
 

Plaaswerkers by Heilbron aangeval/Farm workers attacked at Heilbron

Geskep op 15 Januarie 2016

 

 

Plaaswerkers by Heilbron aangeval/Farm workers attacked at Heilbron

                                                                                                                                                                 

 

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

 

Plaaswerkers by Heilbron aangeval

Twee plaaswerkers van die plaas Welgeluk in die Heilbron distrik kon daarin slaag om aanvallers af te weer toe hulle vroeg vanoggend (Vrydag, 15 Januarie 2016) aangeval is. Volgens inligting gedeel met die VKB/VL Veiligheidslessenaar is die 56 jarige Sameul Mokoena en sy vrou (reeds in haar 60’s) vroeg vanoggend deur hul hond wakker geblaf. Daar was ’n geklop aan hulle deur. Die verdagtes het aan Mokoena gesê dat ‘n ene Mosea na hom opsoek sou wees, maar hy het geweier om die deur oop te maak want die enigste Mosea wat hy ken is oorlede.

Lees verder: Plaaswerkers by Heilbron aangeval/Farm workers attacked at Heilbron
 

Bladsy 4 van 5