Plaasaanvalle neem toe in die Vrystaat in 2015/Farm attacks increase in the Free State in 2015

Geskep op 13 Januarie 2016

Plaasaanvalle neem toe in die Vrystaat in 2015/Farm attacks increase in the Free State in 2015

                                                                                                             

 

                                            

 

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

 

Plaasaanvalle neem toe in die Vrystaat in 2015

 

Statistiek wat die VKB/VL Veiligheidslessenaar byhou oor landelike misdaad in die Vrystaat dui aan dat 79 plaasaanvalle gedurende 2015 plaasgevind het. In vergelyking met die statistiek van 2013 en 2014 dui dit ’n beduidende styging aan, met dié jare se statistiek wat onderskeidelik op 36 en 52 te staan gekom het.

Lees verder: Plaasaanvalle neem toe in die Vrystaat in 2015/Farm attacks increase in the Free State in 2015
 

VL reaksie op Parys voorval/FSA reaction on Parys incident

Geskep op 11 Januarie 2016

 

VL reaksie op Parys voorval/FSA reaction on Parys incident

 

              http://vrystaatlandbou.co.za/images/media/persverklarings/2015/VS_Landbou_Briefhoof_logo.jpg                       

 

                                                                                           VERKLARING/PRESS RELEASE

 

VL reaksie op Parys voorval

 

Vrystaat Landbou (VL) is sedert die voorval Woensdagmiddag, 6 Januarie 2016, deurentyd in kontak met ons plaaslike grondstruktuur en monitor alle gebeure in die verband baie noukeurig. VL is in kontak met die regsverteenwoordigers van die persone wat in hegtenis geneem is, en sal ge-affekteerde lede ondersteun soos benodig.

Lees verder: VL reaksie op Parys voorval/FSA reaction on Parys incident
 

Landbouplanne vir die droogte/Agriculture’s plans for the drought

Geskep op 08 Januarie 2016

Landbouplanne vir die droogte/Agriculture’s plans for the drought

                                                                                 

Verklaring/Press Release

                                                       

Landbouplanne vir die droogte

Te midde van die erge droogte en rekordhoë temperature in Suid-Afrika, maak landbou instansies deurentyd planne om landbouers te probeer bystaan. Vrystaat Landbou het die week ‘n vergadering gefasiliteer waar verskeie landbouleiers, landboubesighede en bedrywe wat landswyd dienste lewer in Bloemfontein byeengekom het om kort- en langtermynplanne te bespreek. Verskeie landboubesighede en diensverskaffers aan landbouers het reeds planne in plek om hulle kliënte sover moontlik te ondersteun.

Die landboubesighede het uitgewys dat hulle terdeë bewus is van die uitdagings wat landbouers in die gesig staar en dat hulle toekoms afhanklik is van die voortbestaan van hulle kliënte. Die banke en landboubesighede werk tans hard saam om te verseker dat die sekuriteit van onder andere grond behoue bly deur likwidasies te probeer voorkom. ‘n Groot uitdaging met die verlening van bystand is wel dat sulke bystand gaan verskil van landbouer tot landbouer, aangesien nie een boerdery dieselfde daaruit sien nie.

Lees verder: Landbouplanne vir die droogte/Agriculture’s plans for the drought
 

Bladsy 5 van 5