Nuwe Hoofbestuurder - Vrystaat Landbou

Nuwe Hoofbestuurder - Vrystaat Landbou 

Mnr Gerhard Kriel, nuut aangestelde Hoof Uitvoerende Bestuurder van Vrystaat Landbou, is op 4 Oktober tydens ‘n perskonferensie aan die media voorgestel.

Mnr Kriel het 27 jaar se bestuursondervinding in verskeie bedrywe, insluitend; landbou besigheid, grootskaalse vervaardiging, voedselproduksie, produk ontwikkeling, bemarking, verkope, die farmaseutiese bedryf, private etiket vervaardiging, kleinhandel, invoere en die mediese toestel bedrywe. Van die maatskappye waar Kriel al in diens was is Senwes, Natalagri, Kingdom Trust, OVK, Kriel Technology Group en DAWN Ltd (WHUS/Incledon).

Lees verder: Nuwe Hoofbestuurder - Vrystaat Landbou
 

53ste plaasaanval in die Vrystaat

53ste plaasaanval in die Vrystaat

                                                                                   

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

26 September 2017 

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se statistiek, het die 53ste plaasaanval van 2017 in die Vrystaat Sondagnag, 24 September 2017, op Johnny Muller van die plaas Kimberley in die Frankfort distrik plaasgevind. Die lessenaar se inligting dui aan dat Muller uitgegaan het om sy bakkie in die motorhuis te trek toe twee mans hom aangeval het.

Muller is twee keer geskiet, een keer in sy nek en een keer in sy kop. Hy word tans behandel in ’n hospitaal in Bloemfontein. Sy bakkie is gesteel, maar dit is later Sondag toegesluit op Standerton gevind. ’n Vuurwapen is ook gesteel. Leidrade word tans opgevolg om moontlike verdagtes te vind. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheid Komitee, sê twee tot drie verdagtes word gesoek, aangesien die Mullers nie seker is of net die twee mans wat hom aangeval het ten tyde van die voorval aanwesig was nie.

Lees verder: 53ste plaasaanval in die Vrystaat
 

Vrystaat Landbou (VL) reageer op Wesselsbron sage

Vrystaat Landbou (VL) reageer op Wesselsbron sage

                                                                               

                                                                              VERKLARING

31 Augustus 2017

Vrystaat Landbou (VL) het al by verskeie geleenthede bevestig dat ons nie die onverdedigbare sal verdedig nie. Die organisasie se vertrekpunt is dat almal wat op plase leef en werk toegang tot basiese regte moet verkry. VL en sy lede, met bewoners en werkers op plase, bevestig dat ons ons onderwerp aan die voorskrifte van die Grondwet, Arbeidswette en enige ander wetgewing wat ons direk of indirek raak. Ons respekteer mekaar, gemeenskappe en Suid-Afrika se wette. Verder bedryf ons landbou binne die konteks van die Landswette.

Gegewe die bogenoemde, respekteer ons ook elkeen se reg om indien beweringe teen hom/haar gemaak word, ’n regverdige kans gegun moet word om hul saak te stel en nie voortydig, gegrond op afleidings, skuldig bevind te word in die media nie. Met ander woorde, laat die gereg sy pad loop sonder enige inmenging.

Regstelling van feite
Die beweerde skuldige persoon is glad nie ’n landbouer in Wesselsbron nie, maar woon net op die plaas, Driehoek, in die Wesselsbron omgewing. Die persoon is volgens homself ’n arbeidsmakelaar.

Lees verder: Vrystaat Landbou (VL) reageer op Wesselsbron sage
 

Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens

Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens

                                                                     

                                                   VKB/VL Veiligheidslessenaar
                                                             Verklaring

Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens

28 Augustus 2017

Die VKB/VL Veiligheidslessenaar en Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheid Komitee het ’n dringende versoek aan die Vrystaat se Polisie Kommissaris, vir die ontplooiing van ’n taakspan langs die Lesothogrens, gerig. Die versoek is reeds deur plaaslike landbouers aan die Polisie se topstrukture gerig tydens ’n vergadering by die Pekabrug Grenspos op 10 Augustus 2017.

Dit volg na ’n ernstige toename in plaasaanvalle in die omgewings van Clocolan, Ficksburg, Ladybrand en Marquard sedert Maart 2017 aangeteken is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar het 11 van die 49 aanvalle wat reeds vir die jaar aangeteken is, in die omgewings plaasgevind. Op die oomblik is Clocolan die distrik wat die meeste aanvalle, ses (6), nog die jaar ondervind het met drie (3) by Ladybrand en een (1) by Ficksburg en Marquard elk. In die afgelope week het drie (3) aanvalle in dié gebied voorgekom – een (1) by Marquard, Clocolan en Ficksburg elk.

Lees verder: Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens
 

Landbouers, publiek gevra om paraat te wees vir veldbrande in winderige toestande

Landbouers, publiek gevra om paraat te wees vir veldbrande in winderige toestande

                                                                   

                                                                       Verklaring

21 Augustus 2017 

Meer as 60 000 ha se veld en sowat 4500 bale voer het verlede week tydens veldbrande in die Vrystaat in die slag gebly. Van die ander skade wat landbouers gely het, is die verlies van sowat 100 skape en meer as 50 beeste in twee verskillende brande. Nog veeverliese word verwag.

‘n Brand in die Frankfort omgewing het Donderdag, 17 Augustus 2017, 26km ver gebrand. Die brand het oor die N3 gespring, waar dit op die ouend deur ‘n voorbrand gestop kon word. Thinus Steenkamp, voorsitter van die Vrystaatse Sambreel Brandbeskermingsvereniging (VSSBBV), sê in dié brand alleen is sowat 50000 ha se veld verloor. ’n Tweede brand wat terselfdetyd in die Cornelia omgewing voorgekom het, het vir 14km ver gebrand voor dit by ’n grondpad gestop kon word. Die skade van dié brand word nog bepaal.

’n Landbouer van Petrus Steyn het Woensdag, 16 Augustus 2017, 100 van sy skape verloor in ’n brand wat sowat 11 500 ha se veld afgebrand het. Steenkamp sê Donderdag, 17 Augustus 2017, het sewe brande op dieselfde tyd in die provinsie voorgekom, met baie sterk winde (sommige tot 46km/h) wat toestande vererger het.

                                   

                                  ('n Brand word bestry tussen Brandfort en Bultfontein, Donderdag, 17 Augustus 2017. Foto: Hannes van Dyk)

Winderige toestande voorspel
Vrystaat Landbou (VL) wil graag ’n versoek aan alle landbouers sowel as lede van die publiek rig om asb. paraat te wees vir veldbrande. Wees asb. uiters versigtig met enige aktiwiteite wat veldbrande kan veroorsaak, veral tydens winderige toestande.

“Met die droogte wat pas verby is en onsekerheid oor weerstoestande in die 2017/18 seisoen, kan die Vrystaat nie tans nog ‘n ramp bekostig nie. Ons wil landbouers vra, beskerm asb jou veld, want ons weet nie wat volgende jaar kan gebeur nie. Ons wil bestuurders vra om nie sigaretstompies by voertuie uit te gooi nie, want dit kan gras aan die kante van paaie aan die brand steek. Verder vra ons asb dat die maak van oop vure sover moontlik beperk word, veral op winderige dae. So ’n oop vuur kan buite beheer raak en groot skade vir ’n totale gemeenskap veroorsaak,” aldus Henk Vermeulen, hoof uitvoende beampte van VL.

Madimetja Themba, voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW), voorspel winderige toestande in die weste van die Vrystaat en sentraal Suid-Afrika, Maandag, 21 Augustus 2017. Dié winderige toestande sal na verwagting Dinsdag, 22 Augustus 2017, aan die ooste van die Vrystaat en sentraal Suid-Afrika voorkom. Die winde is ’n gevolg van nog ’n koue front wat oor die land beweeg.

Lees verder: Landbouers, publiek gevra om paraat te wees vir veldbrande in winderige toestande
 

Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen koue, sterk wind

Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen koue, sterk wind

  

14 Augustus 2017

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing vir erge koue weer en moontlike sneeu oor dele van die land uitgereik. 'n Skraal moontlikheid betsaan vir ligte sneeu oor dele van die Vrystaat. Winderige toestande word wel oor dele van die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes verwag soos wat die koue front oor die land beweeg, en die Weerdiens het in die verband 'n waarskuwing vir brandtoestande uitgereik.

Vrystaat Landbou (VL) herinner graag al ons lede om asb paraat te wees vir enige brande. Ons herhaal ook ons versoek van vroeër dat lede van die publiek asb nie oop vure moet maak of bv sigaret stompies by voertuie se venters uit te gooi nie.

Lees verder: Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen koue, sterk wind
 

Uitgebreide dienste van Vrystaat Landbou

Uitgebreide dienste van Vrystaat Landbou

                                                   

14 Augustus 2017

Vrystaat Landbou (VL) en Mooirivier Specialised Insurance is trots om te kan aankondig dat ’n groeppolis aan Vrystaat Landbou verskaf is.  Alle lede wat die uitgebreide diens van VL se Regsafdeling gaan aankoop, sal onder die groeppolis gedek wees.

Goeie arbeidsverhoudings tussen landbouers en werknemers is van onskatbare waarde, nie net in terme van werksverrigting nie, maar ook in terme van landelike veiligheid, welstand in plattelandse gemeenskappe, opheffing en vooruitgang.

Hierdie verhoudinge bied ook uitdagings en risiko’s, en dit is die aspekte wat deur die uitgebreide diens aangespreek word.  Die diens sal kritiese arbeidsadvies aan die landbouer en/of sy arbeidsverteenwoordiger bied.  Sou ’n arbeidsdispuut tussen die landbouer en sy werknemer ontstaan, en daar ’n bevinding deur die Kommissie van Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie (KBVA) teen die landbouer volg, sal die groeppolis die landbouer vergoed.

Kyk gerus na ‘n advertensie oor die diens hier.

Lees verder: Uitgebreide dienste van Vrystaat Landbou
 

Vrystaat Landbou is nou ook op jou selfoon

Vrystaat Landbou is nou ook op jou selfoon

                                                     

                                                         Verklaring

10 Augustus 2017

   

Beeldbou en bemarking van Vrystaat Landbou (VL) as ‘n organisasie sowel as ons lede, landbouers, is een van die organisasie se vyf strategiese fokuspunte. Een van die aksies wat hiervan deel vorm, is verbeterde lede kommunikasie. As deel hiervan, het VL ons eie VrystaatLandbouApp ontwerp. Die App sal inligting bevat wat ook op VL se webtuiste en sosiale media gedeel word. Dit sal ook gebruik word om ons lede met belangrike inligting spoedig te bereik met behulp van ’n kennisgewing funksie.

Lees verder: Vrystaat Landbou is nou ook op jou selfoon
 

Twee plaasaanvalle in Vrystaat in 14 uur

Twee plaasaanvalle in Vrystaat in 14 uur 

                                                                                       

                     
                                                              
  VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

2 Augustus 2017

Twee plaasaanvalle het sowat 14 ure uitmekaar in twee verskillende dele van die Vrystaat voorgekom. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses werkers Dinsdag, 1 Augustus 2017, op Johan Botha se plaas, Balitho, naby Clocolan aangeval. Die plaas lê teen Suid-Afrika se grens met Lesotho.

Twee mans het omstreeks 11h00 vier werkers op die plaas genader en aangedui dat hulle glo melk wou koop. Kort daarna het die twee mans wapens uitgeruk, en het vier ander verdagtes by hulle aangesluit terwyl hulle die werkers gedwing het om na die plaashuis toe te gaan. In die huis is die vier werkers en twee huishulpe vasgebind, en die huis is geplunder terwyl die verdagtes vir hulself kos gemaak het. Onder die items wat gesteel is, is wapens.

Die verdagtes het hulle buit op ‘n trekker en wa gelaai en van die plaashuis, wat ‘n paar honderd meter van die Caledonrivier geleë is, gery. Daar is die goedere deur die rivier gedra en in ‘n voertuig gelaai waarmee op die vlug geslaan is. Net voor die verdagtes weggery het, het hulle die veld aan die brand gesteek.

Lees verder: Twee plaasaanvalle in Vrystaat in 14 uur
 

Drie verdagtes gesoek na plaasaanval

Drie verdagtes gesoek na plaasaanval

                                                                                

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

21 Julie 2017

Die VKB/VL Veiligheidslessenaar en Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheid Komitee wil landbouers van Theunissen en Winburg sowel as die Polisie van Theunissen bedank vir hulle flinke optrede na ’n plaasaanval op Louis Kotze van die plaas Kopfbrunen omstreeks 18h20 Donderdag, 21 Julie 2017.

Sowat 50 landbouers het met 30 voertuie paaie in die Theunissen en Winburg distrikte gepatroleer om te help soek na drie verdagtes. Kotze en ’n vriendin is aangeval na hulle net na 18h00 by die huis gekom het. Volgens die lessenaar se inligting is Kotze vier keer met vermoedelik ’n tuin vurk gesteek tydens die aanval. Hy is in die gesig en in die rug gesteek, en het 16 steekwonde opgedoen. Hy word tans vir onder andere bloeding op een van sy longe in ’n hospitaal in Bloemfontein behandel. Sy vriendin is nie ernstig beseer nie.

Lees verder: Drie verdagtes gesoek na plaasaanval
 

Bladsy 1 van 4