2017

Vrystaat Landbou is nou ook op jou selfoon

Vrystaat Landbou is nou ook op jou selfoon

                                                     

                                                         Verklaring

10 Augustus 2017

   

Beeldbou en bemarking van Vrystaat Landbou (VL) as ‘n organisasie sowel as ons lede, landbouers, is een van die organisasie se vyf strategiese fokuspunte. Een van die aksies wat hiervan deel vorm, is verbeterde lede kommunikasie. As deel hiervan, het VL ons eie VrystaatLandbouApp ontwerp. Die App sal inligting bevat wat ook op VL se webtuiste en sosiale media gedeel word. Dit sal ook gebruik word om ons lede met belangrike inligting spoedig te bereik met behulp van ’n kennisgewing funksie.

Veiligheid is ook een van VL se strategiese fokuspunte, derhalwe fokus die eerste weergawe van die App ook hierop. Die VKB/VL Veiligheidslessenaar dryf al ‘n geruime tyd lank ‘n rapporteringsblad op VL se webtuiste, waar landbouers misdade op hulle plase kan aanmeld, vir die inligting om in terme van data doeleindes aan te wend. Die funksie is ook op die App beskikbaar, en die landbouer kan ook ‘n foto van die voorval op die App laai. Die inligting sal slegs aan die betrokke gebruiker op sy profile en die lessenaar sigbaar wees. Dit sal gebruik word om ’n meer duidelike prentjie van misdaad en die impak daarvan op die sektor aan die Regering en Polisie te kan deurgee, met beter dienslewering as die einddoel.

Die App is in beide Afrikaans en Engels, en vir alle IPhone en Android gebruikers beskikbaar. Om in te teken, benodig die lid sy lidnommer as gebruikernaam en wagwoord, soos op die webtuiste. Nie-lede sal ook die App kan gebruik teen ’n koste van R100 per maand.

Vir meer inligting, kontak:

Alani Janeke, media woordvoerder van VL, by 051 4444 609

Henk Vermeulen, HUB van VL, by 051 4444 609

 

                                                  Farmer’s Weekly, trotse media vennoot van VL