2017

Uitgebreide dienste van Vrystaat Landbou

Uitgebreide dienste van Vrystaat Landbou

                                                   

14 Augustus 2017

Vrystaat Landbou (VL) en Mooirivier Specialised Insurance is trots om te kan aankondig dat ’n groeppolis aan Vrystaat Landbou verskaf is.  Alle lede wat die uitgebreide diens van VL se Regsafdeling gaan aankoop, sal onder die groeppolis gedek wees.

Goeie arbeidsverhoudings tussen landbouers en werknemers is van onskatbare waarde, nie net in terme van werksverrigting nie, maar ook in terme van landelike veiligheid, welstand in plattelandse gemeenskappe, opheffing en vooruitgang.

Hierdie verhoudinge bied ook uitdagings en risiko’s, en dit is die aspekte wat deur die uitgebreide diens aangespreek word.  Die diens sal kritiese arbeidsadvies aan die landbouer en/of sy arbeidsverteenwoordiger bied.  Sou ’n arbeidsdispuut tussen die landbouer en sy werknemer ontstaan, en daar ’n bevinding deur die Kommissie van Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie (KBVA) teen die landbouer volg, sal die groeppolis die landbouer vergoed.

Kyk gerus na ‘n advertensie oor die diens hier.

Vir meer navrae oor die uitgebreide dienste van Vrystaat Landbou se Regsafdeling, en hoe om dit te benut, kontak:

Gernie Botha, regsadviseur van Vrystaat Landbou, op 051 4444 609

Rudolph Pretorius, afdelingsbestuurder by Mooirivier Specialised Insurance, op 0861 254 254 of 082 789 9501.

Mooirivier Specialised Insurance (Pty) Ltd. is ‘n geregistreerde finansiële diensteverskaffer met FSP no. 28600

 

                                                            Farmer’s Weekly, trotse media vennoot van VL