2017

Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens

Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens

                                                                     

                                                   VKB/VL Veiligheidslessenaar
                                                             Verklaring

Dringende versoek aan SAPD vir taakspan langs Lesothogrens

28 Augustus 2017

Die VKB/VL Veiligheidslessenaar en Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheid Komitee het ’n dringende versoek aan die Vrystaat se Polisie Kommissaris, vir die ontplooiing van ’n taakspan langs die Lesothogrens, gerig. Die versoek is reeds deur plaaslike landbouers aan die Polisie se topstrukture gerig tydens ’n vergadering by die Pekabrug Grenspos op 10 Augustus 2017.

Dit volg na ’n ernstige toename in plaasaanvalle in die omgewings van Clocolan, Ficksburg, Ladybrand en Marquard sedert Maart 2017 aangeteken is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar het 11 van die 49 aanvalle wat reeds vir die jaar aangeteken is, in die omgewings plaasgevind. Op die oomblik is Clocolan die distrik wat die meeste aanvalle, ses (6), nog die jaar ondervind het met drie (3) by Ladybrand en een (1) by Ficksburg en Marquard elk. In die afgelope week het drie (3) aanvalle in dié gebied voorgekom – een (1) by Marquard, Clocolan en Ficksburg elk.

Vier (4) plaasmoorde is tot dusver die jaar in die Vrystaat aangeteken. Twee (2) produsente en twee (2) werkers is vermoor. ’n Totaal van 27 aanvalle was op produsente, 16 op werkers, drie (3) op werkers én produsente en drie (3) op opkomende landbouers.  

Vir dieselfde tydperk verlede jaar (2016) is 37 aanvalle en ses (6) moorde aangeteken. Twee (2) produsente en vier (4) werkers is vermoor.

Landbouers wil hulle dank uitspreek vir die toename in SAPD patrollies wat in die nag in die Clocolan area waargeneem kan word.

’n Veiligheidsberaad vind op 2 September 2017 tussen landbouers en die SAPD op Clocolan plaas, vir dringende gesprekke oor die situasie tans asook om aksieplanne te bespreek.

Vir meer inligting, kontak:

Dr. Jane Buys, VKB/VL Veiligheidslessenaar veiligheid risiko analis, op 051 4444 609

Tommie Esterhuyse, voorsitter van VL se Landelike Veiligheid Komitee, op 082 782 0668

Henk Vermeulen, HUB van VL, op 051 4444 609

                                                            Farmer’s Weekly, trotse media vennoot van VL