2017

Nuwe Hoofbestuurder - Vrystaat Landbou

Nuwe Hoofbestuurder - Vrystaat Landbou 

Mnr Gerhard Kriel, nuut aangestelde Hoof Uitvoerende Bestuurder van Vrystaat Landbou, is op 4 Oktober tydens ‘n perskonferensie aan die media voorgestel.

Mnr Kriel het 27 jaar se bestuursondervinding in verskeie bedrywe, insluitend; landbou besigheid, grootskaalse vervaardiging, voedselproduksie, produk ontwikkeling, bemarking, verkope, die farmaseutiese bedryf, private etiket vervaardiging, kleinhandel, invoere en die mediese toestel bedrywe. Van die maatskappye waar Kriel al in diens was is Senwes, Natalagri, Kingdom Trust, OVK, Kriel Technology Group en DAWN Ltd (WHUS/Incledon).

Hy het in 1993 sy B.Sc. Graad in Suiwelwetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, en in 1999 het hy sy Meestersgraad in Sake Leierskap by die Universiteit van Suid-Afrika se Skool vir Besigheids Leierskap voltooi.

Mnre Pieter Möller en Lulu de Jager, voormalige hoofbestuurders was ook teenwoordig. Mnr Lulu de Jager (“oom Lulu”) het vanaf 1984 tot 1999 die pos as hoofbestuurder beklee. Mnr Pieter Möller was vanaf 1999 tot 2007 in die posisie en is deur mnr Henk Vermeulen opgevolg.   

Mnr Kriel sal vanaf 1 Januarie 2018 die pos as hoofbestuurder beklee.