Eerste plaasmoorde in die Vrystaat in 2017

Eerste plaasmoorde in die Vrystaat in 2017

 

                                                                                                        


21 April 2017  VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

Vrystaat Landbou (VL) het met groot skok en afgryse verneem van die drie moorde wat Donderdag, 20 April 2017, op plase in die Wepener en Ladybrand distrikte gepleeg is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is Piet van den Berg en ’n werker van die plaas Pharoosfontein in die Wepener distrik, asook Dirk du Randt van die plaas Elim wreed vermoor tydens twee aparte voorvalle. In beide voorvalle word meer as een verdagte gesoek, met die vermoede wat bestaan dat tot vyf verdagtes betrokke kon wees in die aanval op Van den Berg.

Tommie Esterhuyse, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, sê dit is skrikwekkend om deur middel van die voorvalle te sien hoe min ’n mens se lewe werd is. “Dit is duidelik dat hierdie kriminele geen respek vir lewe het nie, en ons keer die dade ten sterkste af.” In beide gevalle word verdagtes nog gesoek.

Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van VL, sê dit is weereens bewys dat inskakeling by plaaslike veiligheidstelsels en gereelde kontak met jou bure belangrike faktore is vir landbouers, hul gesinne en werkers. “Maak seker dat jy uitreik na jou gemeenskap, en deel vorm van stelsels, sodat jy weet wat om tydens ’n krisis te doen en wie om te kontak.”

Lees verder: Eerste plaasmoorde in die Vrystaat in 2017
 

VKB/VL Veiligheidslessenaar bemagtig landbouers vir hul eie veiligheid

VKB/VL Veiligheidslessenaar bemagtig landbouers vir hul eie veiligheid  

 

 

                                                                         

                         VKB/VL Veiligheidslessenaar
                                           Verklaring

20 April 2017

Dit is met groot dankbaarheid wat die VKB/VL Veiligheidslessenaar ’n bedrag van R420 000 van VKB ontvang het in ondersteuning van landelike veiligheid in die Vrystaat. Dié fondse is deur middel van die 2017 VKB Dryf vir Veiligheid Gholfdag op Clarens ingesamel. Die maatskappy bied al vir die afgelope vier jaar die golfdag aan ter ondersteuning van veiligheid.

Die fondse stel Vrystaat Landbou (VL) en die lessenaar in staat om landbouers te bemagtig in terme van hulle eie veiligheid, asook om samewerking tussen landbouers en die Polisie te versterk om misdaad in landelike gebiede aan te spreek. “Sonder hierdie befondsing sou die VKB/VL Veiligheidslessenaar nie in staat wees om hulle rol ten volle te vervul nie. Ons is baie dankbaar vir VKB en al die deelnemende spanne se ondersteuning,” aldus Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van VL.

Die VKB-groep is ‘n trotse landboubesigheid en word besit deur landbou produsente. Jan van der Walt, bemarkings bestuurder van die VKB-groep, sê: “Ons erken die onmiskenbare rol wat die produsente in die welvaart van die maatskappy speel, deur in samewerking met Vrystaat Landbou (VL) strukture te help vestig en onderhou wat tot die welstand van produsente kan bydra. Ons voel dit is juis belangrik om met die borgskap erkenning te gee aan die rol wat landbouers, as primêre voedselprodusente, in die daaglikse lewe van elke mens vervul, en hierdeur leef ons ook ons leuse, “vir die liefde van die land”, uit.”

Lees verder: VKB/VL Veiligheidslessenaar bemagtig landbouers vir hul eie veiligheid
 

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2017

Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2017

 

                                                                                                

                         

 

                                                                                                    VERKLARING

Dit is met groot trots wat Vrystaat Landbou die wenner van die 2017 Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie in samewering met Standard Bank, Johan van Huyssteen, gelukwens! Van Huyssteen (35), van die plaas Bloekom naby Virginia, is op 6 April 2017 tydens ’n glansgeleentheid by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein as wenner aangewys. Dit is die 21ste jaar wat dié kompetisie aangebied word.

Die ander twee finaliste wat ook aan dié jaar se kompetisie deelgeneem het, is Willie Stols van Vierfontein en Herman Archer van Trompsburg. Die beoordelaarspan sê die droogte het unieke uitdagings vir die kompetisie gebied en die drie kandidate het behoorlik hulle staal gewys.

Lees verder: Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar 2017
 

Openhartige gesprek tussen landbouers, VL en die Polisie

Openhartige gesprek tussen landbouers, VL en die Polisie


               

                                                                                                               VERKLARING

 

29 Maart 2017

Lede van Moedersdeel Landbouvereniging, Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou (VL), Tommie Esterhuyse, streekverteenwoordiger van VL, dr. Jane Buys, VKB/VL Veiligheidslessenaar veiligheids risiko analis en Kol. Johan Gelderblom, die SAPD se Landelike Veiligheid Koordineerder in die Vrystaat, het onlangs vergader om openhartig te gesels oor dit wat landbouers bekommer.

VL wil graag inligting deel oor van die aspekte wat bespreek is:

Grondhervorming en gesprekke met die staat:
Die doelpale in terme van grondhervorming word voortdurend deur die Regering verskuif en op ’n populistiese manier hanteer. Groter onsekerheid word sodoende onder alle rolspelers geskep. Die vals aantygings dat landbouers grond gesteel het, moet nou stop. Die Grondwet skep via restitusie ’n geleentheid binne ’n wetlike raamwerk vir die herstel van toegang tot grond vir benadeelde gemeenskappe, wat weens politieke besluite in 1913 hulle grond verloor het.

Lees verder: Openhartige gesprek tussen landbouers, VL en die Polisie
 

Werkers erg aangerand tydens plaasaanval

Werkers erg aangerand tydens plaasaanval 

                                                                                                                     

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

27 Maart 2017

’n Veeroof het Saterdagnag, 25 Maart 2017, na ’n plaasaanval op die plaas Jakkalsdraai in die Hertzogville distrik gelei. Sarel Bornman, die landbouer, en sy werkers loop gedurende die drie maande van sy skaapvoerkraal se piek produksie tyd in ‘n jaar, ten minste een keer ’n week onder veediewe deur.

Bornman sê omstreek 01:00 Saterdagnag het veediewe weer op sy skaapkrale toegeslaan. Hy het na die skaapkrale gegaan en waarskuwingskote afgevuur. Jan Makgetla en sy vrou, Mogobo, werk al die afgelope vyf jaar vir Bornman en het hulle ook na die skaapkraal gehaas om Bornman te gaan bystaan. Die Polisie is ontbied, maar geen verdagtes kon gevind word nie.

Met die Makgetlas se terugkeer na hulle huis het vier verdagtes hulle egter ingewag. Jan is twee keer met ‘n mes gesteek en erg aangerand. Mogobo is ook ernstig aangerand en van haar tande is uitgeslaan. “Hoe doen ‘n mens dit aan iemand anders? My mense is erg verniel. Jan sê vir my hulle het hom so geslaan en geskop dat hy gedink het dat hulle hom gaan doodslaan,” vertel Bornman.

Lees verder: Werkers erg aangerand tydens plaasaanval
 

VL verwelkom verootmoedigings geleenthede

VL verwelkom verootmoedigings geleenthede

                        

                                                                                                                               VERKLARING

 
Dit is met groot dankbaarheid wat die bestuur van Vrystaat Landbou (VL) op 24 Maart 2017 die gebedsgeleentheid in dankbaarheid vir die reën oor groot dele van die land by Nampo Park in Bothaville gaan bywoon. Na ’n droogte wat talle landbouers tot op die uiterste van hulle vermoëns en uithouvermoë getoets het, was die honderde millimeters reën wat sedert Januarie die jaar voorgekom het ’n groot bron van hoop.

 


Landbouers in die Fauresmith distrik sê binne ’n kwessie van maande het hulle in die huidige somerseisoen dieselfde hoeveelheid reën gekry as wat hulle in 2015 en 2016 saam gehad het. In die Vierfontein distrik het sommige landbouers sedert Oktober 2016 byna dubbel hulle gemiddelde reënval van sowat 550mm al gemeet.

Lees verder: VL verwelkom verootmoedigings geleenthede
 

Klimaat en landboutoestande - verslag deur Johan van den Berg op 17 Maart 2017

Klimaat en landboutoestande - verslag deur Johan van den Berg op 17 Maart 2017

Ons deel graag die nuutste verslag oor klimaatstoestande deur Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou

Climate and agricultural conditions

Johan van den Berg

Santam Agriculture

17 March 2017

Current conditions

Rainfall conditions over most of the Summer Rainfall Area weakened considerably since the last week of February 2017. The hot and sunny conditions since then were in most cases welcomed by many summer grain farmers for crops to make optimum use of very favourable soil water conditions following the heavy rainfall in January and February. Record yields are expected in many areas. Grazing conditions also improved and sufficient dry matter will be available for the winter and first part of summer in most areas.

Water and agricultural conditions in Western Cape and parts of the Eastern Cape remains critical, following the hot and windy conditions with very little rainfall.

Surface water conditions improved dramatically over the Summer Rainfall Area with most dams that are now at full storage capacity of very close to it. Subsurface water conditions are still critical in many areas with very little recharge of boreholes over the central to western parts. Damn levels in the Western Cape and in some areas of the Eastern Cape remain critically low.

Lees verder: Klimaat en landboutoestande - verslag deur Johan van den Berg op 17 Maart 2017
 

Twaalf plaasaanvalle in die Vrystaat in 2017

Twaalf plaasaanvalle in die Vrystaat in 2017

                                                                                                                             

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

13 Maart 2017

Twee plaasaanvalle, een by Kroonstad en een by Clocolan, het die afgelope naweek in die Vrystaat plaasgevind. In ’n derde voorval is ’n egpaar van die Reitz distrik ongedeërd na hulle alarm gemaak het toe hulle ’n verdagte man by hulle huis gevind het.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar is twee werkers van die plaas Delportsrus naby Kroonstad, deur sowat 10 rowers aangeval en aangerand Saterdag, 11 Maart 2017. Die rowers het met ’n bakkie en waentjie op die plaas opgedaag, en het die werkers aangehou terwyl hulle in die huis en by store ingebreek het. Altesaam 14 sonpanele met batterye asook ander werkswinkel toerusting is gesteel. Die skade word op sowat R200 000 beraam.  

Lees verder: Twaalf plaasaanvalle in die Vrystaat in 2017
 

Die stem van redelikheid m.b.t. uitdagings in landbou

Die stem van redelikheid m.b.t. uitdagings in landbou

                                                   

                                            VERKLARING/PRESS RELEASE

 

Grond:
Vrystaat Landbou (VL) verwerp en veroordeel uitsprake van politici en aktiviste, rakende onteiening sonder vergoeding en alle ander verwante uitsprake, want dit is onverantwoordelik. Dit weerspieël hoegenaamd nie die ware feite en toedrag van sake nie.

Dit is duidelik dat individuele politici, soos Pres. Jacob Zuma, dit gebruik vir persoonlike agendas om gemeenskappe te polariseer en teenoor mekaar op te stel. Onverdraagsaamheid, haat, leuens en rassisme is die onderliggende dryfvere.

Lees verder: Die stem van redelikheid m.b.t. uitdagings in landbou
 

Landbouer kritiek na aanval

Landbouer kritiek na aanval    

                                                                                      

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

 

Drie verdagtes word gesoek na die 32 jarige CT Steyn Sondagaand, 5 Maart 2017, omstreeks 20:00 op die plaas Swartfontein tussen Warden en Verkykerskop aangeval is. Merwe Terreblache, veiligheidskoordineerder by Verkykerskop, sê die verdagtes het moontlik toegang tot die huis gekry deur ’n venster.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting het die verdagtes glo geld van Steyn geëis, en hy is tydens die voorval met ‘n mes gesteek. Hy is sowat ’n uur en ‘n half deur die verdagtes aangehou, waarna hulle met sy bakkie, selfoon en ander items op die vlug geslaan het. Steyn het ’n verstreekte selfoon in die huis gehad, en kon sy suster skakel om hulp te ontbied.

Hy is in die hart gesteek, en het ’n noodoperasie ondergaan. Sy toestand is tans kritiek, maar stabiel en hy word in ’n hospitaal in Bethlehem behandel. Die bakkie is Maandagoggend, 6 Maart 2017, naby Qwa-Qwa gevind.

Lees verder: Landbouer kritiek na aanval
 

Bladsy 3 van 4