Interprovinsiale Veediefstal Voorkomings Forum tussen Noord-Kaap en Vrystaat gestig

Interprovinsiale Veediefstal Voorkomings Forum tussen Noord-Kaap en Vrystaat gestig

                                                                                               

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

Die Interprovinsiale Veediefstal Voorkomings Forum tussen die Noord-Kaap en Vrystaat het Donderdag, 2 Maart 2017, op Bloemfontein tot stand gekom. Die forum sal as die Gariep Interprovinsiale Veediefstal Voorkomings Forum bekend staan.

Afgevaardigdes van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), Vrystaat Landbou (die VKB/VL Veiligheidslessenaar), Agri Noord-Kaap (ANK), die SAPD Sigbare Polisiëring, Veediefstaleenhede, Georganiseerde Misdaad (Valke) en die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) van albei provinsies was teenwoordig. Die doel van die Forum is om veediefstal in die twee provinsies pro-aktief te voorkom asook om die vermoëns en interaksie om veediefstal te bekamp tussen alle rolspelers te verbeter. Die tweede strategiese fokus area van die Forum is om verhoudinge tussen landbouers en alle rolspelers binne die Kriminele Strafregtelsel te versterk om die volgende doelwitte te bereik:

  • ’n Afname in veediefstal in beide provinsies, in ag genome die feit dat sekere landbouers in ’n minder mate veediefstal aanmeld.
  • Maandelikse monitering van veediefstal sake in sekere georgrafiese areas in terme van die grens tussen die twee provinsies, veral waar arrestasies plaasgevind het asook die monitering van sodanige sake deur die howe.
Lees verder: Interprovinsiale Veediefstal Voorkomings Forum tussen Noord-Kaap en Vrystaat gestig
 

Plaasaanvallers en veediewe gevang

Plaasaanvallers en veediewe gevang

                                                                                                                                                              

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar
Verklaring

Honderde landbouers van die Oos-Vrystaat het Maandagaand, 27 Februarie 2017, saam met die Polisie gewerk om plaasaanvallers by Arlington aan te keer. Die VKB/VL Veiligheidslessenaar sê as deel van die aksies deur die landbouers en Polisie onderneem, is twee vermeende veediewe op heterdaad by Edenville aangekeer.

Pauline van Zyl, van die plaas Roodekraal in die Arlington distrik, is Maandagaand omstreek 18:00 in die plaashuis deur drie verdagtes oorval. Willie van Tonder, die veiligheidkoördineerder van die distrik, sê die verdagtes wou geld by haar hê en het aangedring daarop dat sy die kluis moes oopsluit. Daar was geen geld in die kluis nie, en die verdagtes het aangedui dat hulle in die huis sou wag tot haar man, Stefan, tuis is, sodat hy vir hulle geld kon gee.

Lees verder: Plaasaanvallers en veediewe gevang
 

Georganiseerde landbou hét oplossings vir die grondvraagstuk

Georganiseerde landbou hét oplossings vir die grondvraagstuk

  

                                       

 

 

                                                                                                                                            VERKLARING 

 

Uitlatings deur Pres. Jacob Zuma en Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, dat die Regering oorweeg om grondhervorming te versnel deur grond sonder vergoeding te onteien, geniet Vrystaat Landbou (VL) se onverdeelde aandag. Die organisasie is van mening dat deelname aan hierdie debat nie vir diegene is wat nie die sensitiwiteit van die debat verstaan nie.

Die wese van die debat het sy ontstaan in die geskiedkundige ontsegging van basiese menseregte, spesifiek die reg om grond te besit. Erkenning van hierdie feit, tesame met ‘n vaste oortuiging dat ons die vraagstuk ekonomies en grondwetlik kan aanspreek, moet deel vorm van hierdie sensitiewe debat, aldus Dan Kriek, president van VL. Die uitdaging vandag is om eiendomsreg te beskerm, terwyl ons die reg daartoe aan nuwe toetreders wil uitbrei. Miljoene Suid-Afrikaners besit vandag eiendom en sal hul hard verdiende grondwetlike regte beskerm. Ons sal hieraan meedoen en meewerk. VL is onverbiddelik in sy standpunte oor die beskerming van eiendomsreg.

In ’n poging om die grondvraagstuk aan te spreek het die Regering grondteikens daargestel, sonder ‘n aanduiding hoe die persentasies bereken is, en meer belangrik sonder ‘n verbintenis hoe daarby uitgekom sou word.

Lees verder: Georganiseerde landbou hét oplossings vir die grondvraagstuk
 

Vrystaat Landbou Jongboer kompetisie vier mondig wording

Vrystaat Landbou Jongboer kompetisie vier mondig wording

                                                                     VERKLARING                                                          

 

 

Op 6 April 2017 sal die 21ste Vrystaat Landbou (VL) Jongboer van die Jaar, in samewering met Standard Bank, in Bloemfontein aangekondig word. Op dieseflde dag vier VL se Jongboer Komitee hulle 32ste bestaansjaar tydens hul jaarlikse konferensie. Die tema van die 2017 Konferensie is: Die Jongboer in die globale mark.

Sprekers tydens die geleentheid sluit in Jaqcues Celliers, HUB van FNB SA, en dr. Dirk Strydom, bestuurder vir Graan Ekonomie en Bemarking by Graan SA. Myan Subrayan sal as motiveringspreker optree.

Lees verder: Vrystaat Landbou Jongboer kompetisie vier mondig wording
 

Die droogte is nie gebreek nie

Die droogte is nie gebreek nie

                                                                 

                                                     VERKLARING/PRESS RELEASE

 

Die droogte is nie gebreek nie

Landbouers in die Vrystaat is ongelooflik dankbaar vir elke druppel reën wat al geval het. Volgens Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, het dele in die weste van die provinsie tussen 1 en 8 Januarie 2017 tussen 100mm en 150mm gemeet. Dié neerslae het egter oor klein dele van die provinsie voorgekom. Neerslae in die provinsie wissel tussen geen reën, in ‘n gedeelte van die Oos-Vrystaat, tot 150mm. (Sien die kaart deur Van den Berg opgestel.)

  

Droogte toestande heers steeds in veral die Suid-, Suidoos-, Suidwes- en Wes-Vrystaat, met distrikte soos Smithfield, Rouxville, Dewetsdorp, Zastron en VanStadensrus wat tussen 1mm en 25mm gemeet het.

Lees verder: Die droogte is nie gebreek nie
 

Bladsy 4 van 4