Trompsburg se landbouers oorweldig oor oop harte ná brande

13 Desember 2018

 

“ ’n Mens voel die skade aan jou en jou boerdery en dit kan jy nog hanteer. Maar wanneer mense voer aanbring en jy weet hulle het nie eers genoeg vir hulself nie, dan raak dit jou werklik en weet jy nie eintlik wat om te sê nie.” Só het Andries Kotzé, Voorsitter van die Trompsburg-landbouvereniging, gesê oor die hulp wat die laaste paar weke ingestroom het ná verwoestende veldbrande. 

Kotzé en die landbougemeenskap is ongelooflik dankbaar vir die hulp, voer, skenkings en geld wat vanaf besighede, landbouverenigings en die algemene publiek ontvang is. Volgens hom het hulp vanaf mense ver buite hul distrik gekom. Die landbou- en Suid-Afrikaanse gemeenskap het hul harte oopgemaak nadat brande tussen 15 en 17 November 2018 groot skade in die Trompsburg-omgewing aangerig het.

Lees verder: Trompsburg se landbouers oorweldig oor oop harte ná brande
 

Vrystaat Landbou sal saamwerk om eiendomsreg te beskerm

17 November 2018

 

Vrystaat Landbou (VL) is uiters teleurgesteld, maar tog nie verras, oor die aanbeveling van die Grondwetlike Hersieningskomitee ná ’n maandelange proses van publieke deelname om Artikel 25 van die Grondwet te wysig. Hy sal met alle organisasies, wat dieselfde doel nastreef, saamwerk om te verhoed dat hierdie gebroke en polities gemanipuleerde proses sy pad loop.

Só het Francois Wilken, President van VL, gesê nadat dié komitee op 15 November 2018 aanbeveel het dat Artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Lees verder: Vrystaat Landbou sal saamwerk om eiendomsreg te beskerm
 

VL veroordeel President Ramaphosa se kommentaar oor geen plaasmoorde

 

 

27 September 2018

Dit is met groot teleurstelling dat Vrystaat Landbou (VL) verneem het van die stellings gemaak deur mnr Cyril Ramaphosa tydens ‘n  onderhoud op Bloomberg Global Business Forum tydens sy onlangse besoek aan die Verenigde Nasies in New York.

Mnr Ramaphosa word aangehaal: “There are no killings of white farmers in South Africa… there are no land grabs in South Africa” en ook “land is the original sin in the history of South Africa” met verwysing dat die grondkwessie honderde jare gelede verkeerd hanteer is en gebalanseer moet word.

Dit is ontstellend dat Mnr Ramaphosa sy woorde ook so gekies het om te beklemtoon dat President Donald Trump van Amerika verkeerd ingelig is oor wat in die ‘Trump Tweet’ genoem is.

Lees verder: VL veroordeel President Ramaphosa se kommentaar oor geen plaasmoorde
 

VL stel standpunt

6 September 2018

 

“Vrystaat Landbou (VL) wil dit duidelik stel dat dit uit gesprekke voortvloei dat ons lede en die toekoms van landbou ons hoogste prioriteit is. Dit is ook belangrik dat alle rolspelers binne landbou met mekaar in gesprek bly oor die uitdagings van die industrie, want hierdie uitdaging is nou groter as enige individu of organisasie,” het Francois Wilken, President van VL, gesê.

Dit is ook daarom wat VL op 4 September 2018 ’n spesiale vergadering van sy Uitvoerende Bestuur in Bloemfontein gehad en ook ’n oop en reguit gesprek met die leiers van Agri SA gevoer het. Volgens Wilken is knelpunte, onduidelikhede en konstruktiewe deelname aan die landbouproses met Dan Kriek, President van Agri SA, en Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA, bespreek, asook bekommernisse van VL se lede gedeel.

Lees verder: VL stel standpunt
 

VL spreek grondkwessie by jaarkongres aan

Francois Wilken. Foto: Conrad Bornman / Mediaboer

17 Augustus 2018

 

’n Waterskeidingskongres. Waarskynlik die belangrikste in die geskiedenis van landbou in Suid-Afrika én die Vrystaat. Dis hoe Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), sy organisasie se jaarkongres beskryf het.

Volgens Wilken is daar “nêrens in die wêreld landbouers wat moet boer onder die druk waarmee Suid-Afrikaanse landbouers te doen het nie”.

Lees verder: VL spreek grondkwessie by jaarkongres aan
 

Grond gebruik om fokus te skuif, sê Wilken

6 Augustus 2018

 

Die ANC het met sy middernagtelike aankondiging verlede week dat die Grondwet verander gaan word, die gronddebat verby die punt van redelikheid gedryf. Dit raak al duideliker dat dit ’n magspel binne die ANC is wat die party verdeel en grond word gebruik om die fokus te skuif. Só sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL).

“Die mense word op munisipale vlak deur swak bestuur en dienslewering in die steek gelaat, wat emosies dryf en sinvolle oplossing-gedrewe gesprekvoering feitlik onmoontlik maak.”

Lees verder: Grond gebruik om fokus te skuif, sê Wilken
 

VL waarsku teen sogenaamde “polisiebeamptes” se bedrog

23 Julie 2018

Sogenaamde “polisiebeamptes” wat landbouers bel oor hul gesteelde vee en ander eiendom wat teruggevind is, slaan steeds in die Vrystaat toe. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), is daar 17 dorpe of gebiede in die provinsie waar sedert begin vanjaar toegeslaan is. Dit is Bethulie, Bloemfontein, Brandfort, Clarens, Cornelia, Dealesville, Dewetsdorp, Glen, Heilbron, Hennenman, Koffiefontein, Rosendal, Springfontein, Theunissen, Viljoenskroon, Virginia en Winburg.

Lees verder: VL waarsku teen sogenaamde “polisiebeamptes” se bedrog
 

Publieke verhore oor wysiging van Artikel 25 van Grondwet

2 Julie 2018

Vrystaat Landbou (VL) verteenwoordig sy lede by die publieke verhore in die Vrystaat, in Botshabelo (2 Julie), Welkom (3 Julie) en Phuthaditjhaba (4 Julie), oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet en maak sy standpunt by die verhore. Hy het ook reeds vroeër ’n voorlegging, voor die sperdatum van 15 Junie 2018, aan die Grondwetlike Hersieningskomitee gestuur.

Lees verder: Publieke verhore oor wysiging van Artikel 25 van Grondwet
 

VL vra vir spesiale eenheid ná dubbele plaasmoord in Van Stadensrus

27 Junie 2018

Groter ingryping deur die regering is nodig én ’n spesiale eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet op die been gebring word om plaasmoorde nasionaal te ondersoek om te kyk of dit georganiseerd is of nie.

Só sê Tommie Esterhuyse, Vise-president van Vrystaat Landbou (VL), ná ’n sinnelose dubbele plaasmoord, wat die aantal plaasmoorde in die Vrystaat in 2018 na vyf laat opskuif, op 25 Junie 2018 op ’n bejaarde egpaar van Van Stadensrus.

VL spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie van Choppie Bruwer (78) en sy vrou, Marian (68), wat vermoor is en veroordeel enige vorm van plaasaanvalle en misdade.

Lees verder: VL vra vir spesiale eenheid ná dubbele plaasmoord in Van Stadensrus
 

VL maan landbouers om betrokke te wees by veiligheidstrukture

18 Junie 2018

Vrystaat Landbou (VL) spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie van Klaus Meier, van die plaas Asgard naby Ladybrand, wat vermoor is. VL veroordeel enige vorm van plaasaanvalle en misdade en spreek hom ten sterkste uit teen wat met Meier gebeur het.

Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, het sy organisasie se lede en landbouers in die Vrystaat gemaan om betrokke te wees by georganiseerde landbou.

“Vrystaat Landbou veroordeel die sinnelose geweld wat teen landbouers gepleeg word en wil tog die landbougemeenskap vra om aktief betrokke te wees by die strukture van georganiseerde landbou,” sê hy. “Dit sluit onder andere die aktiewe toepassing van die Landelike Beveiligingsplan en ook ondersteuningsnetwerke van onmidelilikke landbouers in die omgewing, soos byvoorbeeld die van jou buurman, in.”

Lees verder: VL maan landbouers om betrokke te wees by veiligheidstrukture
 

Bladsy 1 van 3