VL en Cope bespreek Artikel 25 van Grondwet

27 Maart 2018

 

Vrystaat Landbou (VL) het ten doel om ’n veilige en volhoubare landbou-omgewing in belang van landbou in die Vrystaat te bevorder en werk saam met alle partye om hierdie doel te verwesenlik. In die lig hiervan brei die organisasie sy netwerk van belanghebbendes deur verskeie inisiatiewe uit, alles om uiteindelik sy lede te bevoordeel.

Daarom het die leiers van VL, wat 'n apolitieke organisasie is, ’n versoek van Mosiuoa Lekota, president van die Congress of the People (Cope), aanvaar om oor kwessies waaroor albei partye besorg is, te vergader.

Lees verder: VL en Cope bespreek Artikel 25 van Grondwet
 

VL doen beroep oor grensveiligheid op regering ná Ladybrand-moord

22 Maart 2018

 

Vrystaat Landbou (VL) is saam hartseer en spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie, kollegas en gemeenskap van Ladybrand wat deur die moord van ’n plaasbestuurder en beweerde verkragting van sy vrou geruk is.

VL sal sy kommunikasie-strategie gebruik om seker te maak die Landelike-beveiligingstrategie (LBS) sluit almal in die landbougemeenskap in. Die organisasie sal onder meer op 28 Maart 2018, wanneer die provinsiale implementeringsplan van die LBS tussen alle rolspelers met aksiestappe gefinaliseer word om landelike veiligheid te verbeter, by die polisie aandring dat produsente, plaaswerkers én -personeel deel daarvan moet wees. VL doen ook ’n beroep op die regering om die beveiligingsituasie by die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho indringend aan te spreek.

Lees verder: VL doen beroep oor grensveiligheid op regering ná Ladybrand-moord
 

VL veroordeel moord op gesiene Vredefort-landbouer

5 Maart 2018

 

Vrystaat Landbou (VL) spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie van Dirk Steenkamp wat op 4 Maart 2018 sinneloos op sy plaas naby Vredefort vermoor is. Die organisasie veroordeel enige vorm van plaasaanvalle en spreek hom ten sterkste uit teen wat met Steenkamp, ’n lid van VL, gebeur het.

VL is aktief op grondvlak betrokke om die saak te ondersoek en aan te spreek. Volgens Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL, is ’n afvaardiging op 5 Maart 2018 na Vredefort gestuur om met betrokke landbouers te ontmoet.

Lees verder: VL veroordeel moord op gesiene Vredefort-landbouer
 

Vrystaat Landbou se posisie ten opsigte van parlementêre besluit

 

28 Februarie 2018

 

Die posisie van Vrystaat Landbou ten opsigte van die parlementêre besluit om voort te gaan met die lang proses om artikel 25 van die Konstitusie te wysig om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.

 In die lig van Dinsdag, 27 Februarie 2018 se parlementêre stemming om die lang proses van ʼn grondwetlike wysiging van artikel 25 na te streef om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, neem Vrystaat Landbou die volgende posisie in:

 

  • Ons ondersteun privaat eiendomsreg as die grondslag van enige oop, vrye en regverdig groeiende ekonomie
  • Ons sal veg vir regverdige en billike vergoeding ingevolge Artikel 25 van die Grondwet vir enige onteiende grond totdat enige wysigings na aanleiding van die regte en behoorlike proses aangebring word
  • Ons sal ten volle deelneem aan die lang en omvattende openbare deelnameprosesse wat benodig word vir grondwetlike wysigings met samewerking van Agri SA om toegang tot die beste regsadvies te verkry
Lees verder: Vrystaat Landbou se posisie ten opsigte van parlementêre besluit
 

Jongboer-wenner moet voorbeeld stel, sê prof Fourie

27 Februarie 2018

’n Melk-, saai- en twee Bonsmara-boere sal vanjaar sake uitspook om as Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar 2018 gekroon te word.

Reece Dedwith (melk) van die plaas Rockridge naby Parys, Wessel Hattingh (saai) van die plaas Dipkraal naby Heilbron, Hendrik Theron (Bonsmaras) van die plaas Wolwekop naby Dewetsdorp en Nelius Ferreira (Bonsmaras) van die plaas Grootdraai naby Harrismith is die finaliste in die 22ste kompetisie. Ander afdelings, soos skape, gewasse, wild en appels, maak ook deel van dié landbouers se werksaamhede uit.

Lees verder: Jongboer-wenner moet voorbeeld stel, sê prof Fourie
 

VL reageer op uitsprake van grondonteiening sonder vergoeding

 

 

 

 

9 Januarie 2018

 

Vrystaat Landbou (VL) het met teleurstelling kennis geneem van die uitsprake van adj. pres.  Cyril Ramaphosa, nuutverkose leier van die ANC, rakende die onteiening van grond sonder vergoeding.

VL het gehoop dat hy meer rasioneel en deurdag sal wees met sy uitsprake, maar soos sy voorganger, pres. Jacob Zuma, maak hy uitsprake en beloftes sonder om die gevolge, uitvoerbaarheid en skade wat dit die land kan berokken in ag te neem.

Ongeag uitsprake die afgelope tyd deur die konstitusionele hof waar leiers en selfs die parlement aangespreek is omdat hulle nie die grondwet eerbiedig nie, maak Ramaphosa uitsprake in stryd met wat die grondwet, wat hy help skryf het, bepaal.

Lees verder: VL reageer op uitsprake van grondonteiening sonder vergoeding
 

Landbouers staan saam na Tokologo-brande

9 Januarie 2018 

Vrystaat Landbou (VL) is jammer oor die verliese wat landbouers in die provinsie gely het en sal alles in sy vermoë doen om te help met die koördinering van hulp aan behoeftiges.

So het Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Bestuurder van VL, gesê nadat landbouers in die Tokologo-distrik die naweek onder groot brande deurgeloop het. VL sal van sy gevestigde strukture soos landbouverenigings gebruik maak om landbouers by te staan en in verbinding te sit met diegene wat reeds hulp aangebied het.

Lees verder: Landbouers staan saam na Tokologo-brande
 

Bladsy 2 van 2