Vrystaat Landbou ernstig bekommerd oor beurtkrag

17 Oktober 2019

“Vrystaat Landbou (VL) spreek sy ernstige kommer uit oor die jongste vlaag beurtkrag, omdat dit onder meer groot negatiewe gevolge op voedselsekerheid het. Ons doen ook ’n beroep op die regering om die probleem ’n eerste prioriteit te maak en spoedig aan te spreek.” Só sê Francois Wilken, President van VL, nadat beurtkrag weer regoor Suid-Afrika ingestel is.

Hy meen landbouers en verskaffers bly aan die verloorkant en beurtkrag kan “katastrofiese gevolge vir voedselproduksie en die landbousektor inhou.” Eskom het op 16 Oktober 2019 fase 2-beurtkrag begin toepas en dit het op 17 Oktober 2019 voortgeduur.

Lees verder: Vrystaat Landbou ernstig bekommerd oor beurtkrag
 

VL verwelkom LBS se groter fokus op gemeenskapsbetrokkenheid en bekamping van georganiseerde misdaad


16 Oktober 2019

“Die kern van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie (LBS) is om veiliger landbougemeenskappe te hê, maar dit kan slegs gebeur as almal daarby inskakel én ’n ingesteldheid van samewerking het.” Só sê Jakkals le Roux, Voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee.

Die hersiene LBS lê groter klem op samewerking en daarom versoek VL alle rolspelers om aktief daaraan deel te neem om misdaad te bekamp. Le Roux sê almal wat deur die strategie uitgelig word, moet saam met georganiseerde landbou, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en ander departemente werk sodat ’n “gesamentlike gemeenskapsbenadering” gevolg kan word.

Lees verder: VL verwelkom LBS se groter fokus op gemeenskapsbetrokkenheid en bekamping van georganiseerde misdaad
 

VL beklemtoon verantwoordbaarheid en stem in tot verstandhouding met Departement van Landbou


Die Uitvoerende Bestuur van Vrystaat Landbou (VL) het met die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat vergader en ooreengekom om ’n memorandum van verstandhouding op te stel om ’n werksverhouding te struktureer. Hier spreek William Bulwane, LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, lede van die vergadering toe. Foto: Vrystaat Landbou

 

9 September 2019
Verantwoordbaarheid. Dit is ’n opsomming van Francois Wilken, President van die Vrystaat Landbou (VL), se boodskap aan William Bulwane, LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, en sy afvaardiging.

Volgens Wilken is die belangrikste aspek van ’n verhouding tussen VL en Bulwane se departement om verantwoordbaar te wees. “As ons dit nie gaan regstel nie, kan ons maar net sowel huis toe gaan,” het hy op 5 September 2019 by ’n vergadering tussen lede van VL se Uitvoerende Bestuur en die department gesê.

Lees verder: VL beklemtoon verantwoordbaarheid en stem in tot verstandhouding met Departement van Landbou
 

Raak deel van oplossings, vra Wilken by VL kongres


By Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres in Bloemfontein links is prof Danie Brand, Direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat, Dan Kriek, President van Agri SA, Francois Wilken, President van VL, en dr Frans Cronje, Hoof Uitvoerende Beampte van die Instituut vir Rasseverhoudinge. Foto: Frikkie Kapp

8 Augustus 2019
Raak betrokke en vat hande om die uitdagings die hoof te bied. Dit was Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), se pleidooi aan landbouers en die sektor by VL se jaarkongres van 2019.

“As ons in landbou nie besef ons moet saamstaan nie, wag daar vir ons ’n helse verrassing,” het hy gesê. “Gaan ons terugsit en hoop iemand gaan probleme namens ons aanspreek of gaan ons konstruktief deel raak van moontlike oplossings?”

Lees verder: Raak deel van oplossings, vra Wilken by VL kongres
 

VL maak sterk standpunt ná uitreiking van paneelverslag oor eiendomsreg


31 Julie 2019

“Vrystaat Landbou (VL) sal, saam met ander belangegroepe, voortgaan om enige grondwetlike wysigings teen te staan wat die deur oopmaak vir prosedures buite die praktyke wat reeds binne die Grondwet van Suid-Afrika bestaan.” Dit is die boodskap van Francois Wilken, President van VL, aan sy organisasie se lede en die landbousektor nadat die finale verslag van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou vrygestel is.

Lees verder: VL maak sterk standpunt ná uitreiking van paneelverslag oor eiendomsreg
 

VL verwelkom ekstra voertuie om misdaad in Vrystaat te bekamp


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het by ’n geleentheid by die Glen-landboukollege in Bloemfontein bekend gemaak dat 48 voertuie beskikbaar gestel word om landelike veiligheid op te skerp. Van links is Tommie Esterhuyse, Vise-president van Vrystaat Landbou (VL), Sam Mashinini, Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, lt. genl. Moeketsi Sempe, Provinsiale kommissaris van die SAPD, en Jakkals le Roux, Voorsitter van VL se Landelike Veiligheidkomitee. Foto: Vrystaat Landbou

22 Julie 2019
Vrystaat Landbou (VL) is verheug oor 48 ekstra voertuie wat vir landelike veiligheidkoördineerders by polisiestasies in die Vrystaat gegee word. Só het Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL, gesê nadat dié voertuie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beskikbaar gestel is om te help om misdaad te bekamp.

Lees verder: VL verwelkom ekstra voertuie om misdaad in Vrystaat te bekamp
 

Vrystaat Landbou eis sterk optrede van wetstoepassers oor miltsiekte

31 Mei 2019

“Vrystaat Landbou (VL) spreek ernstige kommer uit oor die uitbreek van miltsiekte in Lesotho. Dit kan katastrofiese gevolge vir die vleisbedryf in die provinsie inhou.” Só sê Francois Wilken, President van VL, nadat ’n uitbreking van dié siekte naby Maseru in Lesotho bevestig is.

Volgens hom het VL oor ’n tydperk van 15 jaar die regering in en uit die hof van die gevare by die Lesotho-grens probeer bewus maak. “Dit het telkens op niks uitgeloop nie en het die owerhede weggestap van hul verantwoordelikhede om hul burgers te beskerm in situasies soos dié wat nou ontstaan.” Hy meen die owerhede het herhaaldelik opdragte wat deur die hof aan hulle opgelê is verontagsaam en sodoende het die finansiële las vir VL te veel geword om in die howe daarmee voort te gaan.

Lees verder: Vrystaat Landbou eis sterk optrede van wetstoepassers oor miltsiekte
 

Baanbrekersvergadering tussen landboustrukture en Fidelity ADT gee landelike veiligheid hupstoot


6 Mei 2019

’n Baanbrekersvergadering en ’n eerste stap om veiligheid en misdaad in landelike gebiede op ’n hoër vlak aan te spreek. Só het Jakkals le Roux, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by Vrystaat Landbou (VL), ’n belangrike vergadering tussen georganiseerde landbou en Fidelity ADT beskryf.

Die doel van dié vergadering, tussen Fidelity ADT, VL, Agri Noord-Kaap, die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat en Noord-Kaap én Agri SA, was om om aspekte wat groter veiligheid en bekamping van misdaad op die kommersiële landbousektor in die Vrystaat en Noord-Kaap te versterk. Die voorkoming van ernstige gewelds- en eiendomsverwante misdade vorm deel hiervan. Die vergadering het op 29 April 2019 by die Middelwater Plaas Hotel buite Bloemfontein plaasgevind.

Lees verder: Baanbrekersvergadering tussen landboustrukture en Fidelity ADT gee landelike veiligheid hupstoot
 

Landbouers moet in SA geleenthede soek, sê VL Jongboer-wenner


Herman Janse van Rensburg is op 17 April 2019 as Vrystaat Landbou se 24ste Jongboer van die Jaar aangewys. Hier is hy saam met die ander finaliste. Van links is Ludwig Becker, Henk Harmse, Janse van Rensburg en Milne Bredenkamp. Foto: 3’kie’s Fotografie

18 April 2019
“Jongboere moet ophou Google oor moontlike geleenthede wat daar in die buiteland is. Google eerder oor watter geleenthede daar in Suid-Afrika is.” Só sê Herman Janse van Rensburg, Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar vir 2019.

Die raakvatter van Arlington glo daarin om positief te wees en meen landbouers moet plaaslik geleenthede soek. Janse van Rensburg is op 17 April 2019 in Bloemfontein as VL se 24ste Jongboer-wenner aangewys en sal die Vrystaat by die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie verteenwoordig.

Lees verder: Landbouers moet in SA geleenthede soek, sê VL Jongboer-wenner
 

VKB en verskaffers span saam om rekordbedrag vir VL se veiligheid te skenk

VKB het ’n rekordbedrag by sy sesde Plaasveiligheid-gholfdag in Clarens ingesamel en aan die VKB VL Veiligheidslessenaar geskenk. Van links is Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), Jakkals le Roux, Voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by VL, dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, Gerhard Kriel, Hoof Uitvoerende Beampte van VL, en Koos Janse van Rensburg, Besturende Direkteur van die VKB-groep. Foto: Vrystaat Landbou


12 April 2019

Die geld wat ingesamel is, is nie uit landbouers vir landbouers nie. Dit is uit die ondersteunende industrie ter wille van landbouers se veiligheid. So sê Koos Janse van Rensburg, Besturende Direkteur van die VKB-groep, oor die rekordbedrag wat op 11 April 2019 vir Vrystaat Landbou (VL) se veiligheid ingesamel het.

Lees verder: VKB en verskaffers span saam om rekordbedrag vir VL se veiligheid te skenk
 

Jongboer-finaliste is spesiale mense wat toevallig boer, sê prof Fourie

   
Milne Bredenkamp                                       Henk Harmse                                              Herman Janse van Rensburg                      Ludwig Becker

 

14 Maart 2019

Vier spesiale mense wat in enige bedryf ’n sukses sou kon maak. Só het prof Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars en Hoof van die Department van Landbou by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), die finaliste in 2019 se Vrystaat Landbou (VL) Jongboer van die Jaar kompetisie beskryf.

Volgens Fourie is dit sterk kandidate wat sake uitspook om as 24ste wenner aangewys te word. Twee jong landbouers van Bultfontein, Milne Bredenkamp en Henk Harmse, een van Arlington, Herman Janse van Rensburg, en een van Warden, Ludwig Becker, het onlangs die kompetisie se beoordelaarspaneel op hul plase ontvang. Hulle is op 5 en 6 Maart 2019 besoek en beoordeel.

Lees verder: Jongboer-finaliste is spesiale mense wat toevallig boer, sê prof Fourie
 

Bladsy 1 van 2