Misdaad Op Plase

VL vervul fasiliteringsrol tussen Oos-VS boere en SAPD

 

27 November 2020

Vrystaat Landbou (VL) was op 23 November 2020 betrokke in die fasilitering van ‘n vergadering tussen die Harrrismith Distrikslandbou Unie, Verkykerskop Landbou, Sterkfontein Landelike Veiligheid asook die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit volg op ‘n versoek vanaf die Harrismith Distrikslandbou Unie om behulpsaam te wees in probleme wat met betrekking tot dienslewering ...

Lees verder: VL vervul fasiliteringsrol tussen Oos-VS boere en SAPD
 

Elektrisiteit prysstygings bedreig die volhoubaarheid van landbou

19 November 2020

Die steeds stygende elektrisiteitskoste bedreig die volhoubaarheid van bekostigbare voedselproduksie. Dit was die waarskuwing wat Vrystaat Landbou (VL) vandag aan NERSA gegee het. Dr Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, het NERSA toegespreek oor Eskom se voorgestelde planne om die prys van elektrisiteit verder te verhoog.

Lees verder: Elektrisiteit prysstygings bedreig die volhoubaarheid van landbou
 

Vrystaat Landbou protesoptog teen plaasmoorde in Hennenman

13 November 2020

Vrystaat Landbou (VL) organiseer in oorleg met Hennenman boerevereniging ‘n vreedsame protesaksie vir Maandag,16 November in Hennenman tydens die borgaansoek van Pieter en Eddie Hills se aanvallers.

Lees verder: Vrystaat Landbou protesoptog teen plaasmoorde in Hennenman
 

Vrystaat Landbou beplan plaasmoord protes in Hennenman

12 November 2020 

Vrystaat Landbou het vandag ‘n beroep op die organisasie se lede gedoen om die Hills-gesin op Maandag 16 November in Hennenman te ondersteun. Dit is in die lig van die plaasaanval in Hennenman waarin Pieter Hills vermoor en sy seun, Eddie, aanvanklik ernstig gewond en gister oorlede is. 

Lees verder: Vrystaat Landbou beplan plaasmoord protes in Hennenman
 

VL verwelkom die spoedige arrestasies van Pieter Hills se plaasmoord

10 November 2020

Vrystaat Landbou (VL) verwelkom die spoedige arrestasies van die persone betrokke by die moord op die Hennenman-boer, Pieter Hills. Eddie Hills, Pieter se seun is ook tydens die plaasaanval beseer en is na wat verneem word in ‘n ernstige toestand in die Millpark hospitaal.

Lees verder: VL verwelkom die spoedige arrestasies van Pieter Hills se plaasmoord
 

Wes-Vrystaat brande: 339 plase geraak

28 Oktober 2020

Vrystaat Landbou (VL) het gister, 27 Oktober 2020, besoek afgelê in die brand geteisterde gebied van die Wes-Vrystaat. Behoefte bepalings word plaaslik uitgevoer en behoort binne enkele dae afgehandel te wees. VL koördineer die groot getal skenkings na die boere in die geaffekteerde gebiede. 

Lees verder: Wes-Vrystaat brande: 339 plase geraak
 

Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in

25 Oktober 2020 

Groot dele van die Wes-Vrystaat lê in puin. Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ‘n verklaring gesê dat verlede week se wyd verspreide veldbrande een van die belangrikste landboustreke op hul knieë gedwing het.

Volgens Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, is duisende hektare se veld vernietig, diere verbrand, en miljoene rande se skade aangerig. Ook die jong landbouer Tewie Nel (28) is ernstig tydens brandbestryding beseer. 

Lees verder: Vrystaat-brande: Gemeenskap se steun stroom in
 

Ergste brand in jare verwoes bykans 100 00ha, sê VL

19 Oktober 2020

In een van die ergste brande nog dié seisoen en die afgelope paar jaar, is sowat 100 000 ha in die Boshof/Dealesville/Hertzogville area verwoes. Honderde stuks vee, wild en selfs huise is in die brande totaal en al verwoes.

Lees verder: Ergste brand in jare verwoes bykans 100 00ha, sê VL
 

Senekal - VL soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!

16 Oktober 2020 

Vrystaat Landbou (VL) verwelkom dat die regsproses van die vermeende moordenaars van Brendin Horner begin het en hoop dat hulle nie borg toegestaan word nie. Volgens die organisasie se President, Francois Wilken, is dit belangrik dat die aandag nie van hierdie regsproses afgetrek moet word nie. “Geregtigheid vir Brendin en sy gesin bly die belangrikste”, het Wilken gesê. 

Lees verder: Senekal - VL soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!
 

VL en TLU SA vestig veiligheid bevelsentrum in VS

 

                       

15 Oktober 2020

Vrystaat Landbou (VL) en die Transvaal Landbou Unie SA (TLU SA) het ‘n behoefte geïdentifiseer om samewerking met alle veiligheidrolspelers in landbou te kommunikeer om georganiseerde, gestandaardiseerde en geakkrediteerde opleiding binne die Landelike Beveiliging Strategie (LBS) in boerderygemeenskappe in die Vrystaat te vestig. 

Lees verder: VL en TLU SA vestig veiligheid bevelsentrum in VS
 

VL eis dringende aksie teen korrupte SAPD-lede

13 Oktober 2020

Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL) het in ‘n memorandum aan senior Vrystaat staatsamptenare, LUR Polisie, Paaie en Vervoer, Mnr M.S. Mashinini en LUR Landbou en Landelike Ontwikkeling, Mnr. K.W. Bulwane, geëis dat dringende aksie deur die regering geneem moet word om die vlaag plaasaanvalle op boere en plaaswerkers te stop. 

Lees verder: VL eis dringende aksie teen korrupte SAPD-lede
 

Bladsy 1 van 2