Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus/Free State Agriculture member murdered near Odendaalsrus

Geskep op 20 November 2015

Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus/Free State Agriculture member murdered near Odendaalsrus   

                                                                                                      

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Vrystaat Landbou lid vermoor by Odendaalsrus

Vrystaat Landbou (VL) het met skok en afgryse kennis geneem dat Jan Barnard, een van ons lede van die Odendaalsrus distrik, gisteraand op die plaas Palmietkuil vermoor is. Barnard se vrou is tydens die voorval in die heup geskiet. Die aanval het vermoedelik rondom 20:30 Donderdagaand, 19 November 2015, plaasgevind.

Volgens voorlopige inligting gekommunikeer aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar het die huis se krag afgegaan, en het Barnard na buite gegaan om die kragopwekker aan te skakel. Hy is deur vier verdagtes oorval en is geskiet. Barnard se vrou het uitgegaan na sy die skoot gehoor het. Die verdagtes het haar die huis ingedwing en geld geëis. Sy is in die huis geskiet. Dit is tans onbekend wat en of iets gesteel is.

Die egpaar is vanoggend gevind toe hulle werkers op die plaas aangekom het. Mev. Barnard is in ’n ernstige toestand. Alle rolspelers is tans op die toneel en ’n soektog is onderweg na die vier verdagtes.

Ons harte gaan uit na die Barnards se naasbestaandes, en VL sal alles moontlik doen om die Polisie te ondersteun in hulle ondersoek. Die organisasie spreek die hoop uit dat die verdagtes spoedig gevind word en dat hulle na behore vervolg sal word vir hulle misdade.

Vir meer inligting kontak:

Dr. Jane Buys, VKB/VL Veiligheidslessenaar, 051 4444 609

Alani Janeke, woordvoerder, 051 4444 609

Free State Agriculture member murdered near Odendaalsrus

Free State Agriculture (FSA) is shocked by the murder of Jan Barnard, one of our members of the Odendaalsrus district, last night. Barnard’s wife was shot in the hip during the incident on the farm, Palmietkuil. The attack allegedly took place around 20:30 Thursday evening, 19 November 2015.  

According to initial information communicated to the VKB/FSA Safety Desk the power went out in the house, and Barnard went outside to switch on their generator. He was attacked by four men and shot. His wife heard the shot and went outside to check on him. She was forced into the house by the attackers, who demanded cash from her. She was shot inside the house. It is not clear what or if anything has been stolen.

The couple were found this morning when their workers arrived on the farm. Mrs. Barnard is in a serious condition in a local hospital. All relevant role-players are on the scene and a search is underway for the suspects.

FSA would like to express our sympathy with the Barnards’ relatives, and the organisation will do everything possible to assist the Police in their investigation. FSA would also like to express the hope that the suspects will be found soon, and that they will be prosecuted for their crimes.

For more information, contact:

Dr. Jane Buys, VKB/FSA Safety Desk, 051 4444 609

Alani Janeke, spokesperson, 051 4444 609


Farmer’s Weekly, trotse media vennoot van VL/Farmer’s Weekly, proud media partner of FSA