VL en LUR Khoabane wil vertroue bou/FSA and MEC Khoabane want to build trust

Geskep op 20 Oktober 2015

VL en LUR Khoabane wil vertroue bou/FSA and MEC Khoabane want to build trust

 

                                                                                                                                                                                              

 

Verklaring/Press Release

VL en LUR Khoabane wil vertroue bou

Die bou van vertroue tussen landbouers en die provinsiale Regering is ’n tema wat baie aandag geniet het tydens die eerste amptelike vergadering tussen Vrystaat Landbou (VL) en die nuwe Vrystaat LUR vir Landbou, Oupa Khoabane. Die geslote vergadering het Dinsdag, 20 Oktober 2015, by VL se kantore in Bloemfontein plaasgevind. VL se uitvoerende bestuur en Khoabane het die versugting uitgespreek dat die verhouding tussen die twee organisasies so sal ontwikkel dat hulle eerlik aan mekaar kan sê hoekom hulle nie met beleidsvoorstelle saamstem nie. Sodoende sal beide partye weet hoekom die ander party teen iets gekant is, sonder dat hulle mekaar sal wantrou van verskuilde agendas.

Lees verder: VL en LUR Khoabane wil vertroue bou/FSA and MEC Khoabane want to build trust
 

Relatiewe regte voorstel: Nog geen finale beleid/Relative Right proposal: No final policy yet

Geskep op 12 Oktober 2015

Relatiewe regte voorstel: Nog geen finale beleid/Relative Right proposal: No final policy yet                                            

                                                                                                                                                                                                   

 

Verklaring/Press Release

Relatiewe regte voorstel: Nog geen finale beleid

Daar kan nog geen sprake wees van die bestaan van ’n finale beleid rondom die relatiewe regte voorstel wat voorstel dat landbouers 50% van hulle grond aan hulle werkers behoort af te staan nie. Vrystaat Landbou wil na aanleiding van mediaberigte waarvolgens agbare Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sou sê dat dié voorstel nou amptelik ANC-beleid is, dit duidelik maak dat dié voorstel tans getoets word, deur middel van loodsprojekte wat oor ‘n tydperk van 4 jaar geïmplementeer en gemonitor sal word. Die monitering sal deur die interministeriële taakspan wat aangestel is om die proses te dryf, hanteer word. Die stelling is volgens die media tydens die party se hoofraadsvergadering gemaak die naweek.

Lees verder: Relatiewe regte voorstel: Nog geen finale beleid/Relative Right proposal: No final policy yet
 

Brande: Noodtoestand tot die eerste reën val/Fires: Emergency situation until the first rains

Geskep op 12 Oktober 2015

Brande: Noodtoestand tot die eerste reën val/Fires: Emergency situation until the first rains                            

                                                                                                                                                                                               

 

Verklaring/Press Release

Brande: Noodtoestand tot die eerste reën val

’n Noodtoestand sal in die Vrystaat rondom brande heers tot die eerste behoorlike reën in die provinsie geval het. Vrystaat Landbou en die Vrystaatse sambreel-brandbestrydingsvereniging moedig lede van die publiek aan om geen oop vure te maak in dié tyd nie, en om hulleself te weerhou daarvan om sigaret stompies by hulle vensters uit te gooi of in die veld te gooi nie. Verder word hulle gevra om baie versigtig te werk te gaan met gereedskap wat vonke maak en die veld aan die brand kan steek.

Lees verder: Brande: Noodtoestand tot die eerste reën val/Fires: Emergency situation until the first rains
 

Voorman ernstig beseer tydens plaasaanval/Foreman seriously injured during farm attack

Geskep op 08 Oktober 2015

Voorman ernstig beseer tydens plaasaanval/Foreman seriously injured during farm attack                                                                     

                                                                                                                                                      

 

VKB/VL Veiligheidslessenaar/ VKB/FSA Safety Desk
Verklaring/Press Release

Voorman ernstig beseer tydens plaasaanval

’n Voorman van die plaas Westbury naby Clocolan is tans in ’n stabiele maar ernstige toestand in ’n hospitaal na hy Woensdagoggend, 7 Oktober 2015, omstreeks 02:00 deur twee mans in sy huis oorval is. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar gekommunikeer het die mans ’n vragmotor se sleutel van Moses Mangwedi geeïs. Hy is erg aangerand, gesteek en sy been gebreek toe hy nie die sleutel onmiddellik kon oorhandig nie.

Lees verder: Voorman ernstig beseer tydens plaasaanval/Foreman seriously injured during farm attack
 

Reaksie op Lesothogrens saak/Reaction on Lesotho border case

Geskep op 08 Oktober 2015

Reaksie op Lesothogrens saak/Reaction on Lesotho border case  

                                                                                                                                                                                

 

Verklaring/Press Release

Reaksie op Lesothogrens saak

Uitspraak moet nog bestudeer word deur Vrystaat Landbou (VL) se regspan en alle verdere en moontlike stappe en verklarings sal daarna aan oorweging gegee word.

Lees verder: Reaksie op Lesothogrens saak/Reaction on Lesotho border case
 

VL uitvoerende bestuurslid wreed aangeval/FSA executive management member brutally attacked

Geskep op 05 Oktober 2015

VL uitvoerende bestuurslid wreed aangeval/FSA executive management member brutally attacked    

                                                                                                                

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

VL uitvoerende bestuurslid wreed aangeval:

Vrystaat Landbou (VL) se uitvoerende bestuur is baie hartseer en geskok oor die wrede aanval op een van ons uitvoerende bestuurslede Sondag, 4 Oktober 2015, naby Harrismith. Twee mans het haar na bewering oorval toe sy rondom 17:00 van ‘n vergadering op Bethlehem op haar plaas aangekom het.

Lees verder: VL uitvoerende bestuurslid wreed aangeval/FSA executive management member brutally attacked
 

VL se reaksie op die misdaad statisiek/FSA’s reaction on the crime statistics

Geskep op 30 September 2015

 

 

VL se reaksie op die misdaad statisiek/FSA’s reaction on the crime statistics  

                                                                                                                                                     

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

VL se reaksie op die misdaad statisiek

Die onlangse vrystelling van die misdaadstatistiek is met groot afwagting ingewag deur die Vrystaat Landbou (VL) en VKB Veiligheidslessenaar. Hoewel die verhouding tussen die SAPS en VL baie gesond is, is van die statistiek wat bekend gemaak is, om die minste te sê, kommerwekkend. Aangesien geen afsonderlike statistiek beskikbaar is vir misdade op landbou grond nie, veral in terme van direkte en indirekte geweldsmisdade asook eiendoms verwante misdade, kan ons egter net reageer op die statistiek wat beskikbaar gemaak is rakende veediefstal.

Lees verder: VL se reaksie op die misdaad statisiek/FSA’s reaction on the crime statistics
 

VL veroordeel brutaliteit van Vredefort moorde/FSA condems the brutality of the Vredefort murders

Geskep op 21 September 2015

VL veroordeel brutaliteit van Vredefort moorde/FSA condems the brutality of the Vredefort murders

                                                                                                                                                              

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

VL veroordeel brutaliteit van Vredefort moorde

Vrystaat Landbou (VL) veroordeel ten sterkste die sinnelose moorde van Hansie Raath en twee kinders Saterdagaand, 19 September 2015, op die plaas Bulnort. Al die inligting wat aan die VL en VKB Veiligheidslessenaar verskaf is, dui aan dat die voorval vooraf beplan is. Tommie Esterhuyse, voorsitter van die VL Wet en Orde Komitee, sê die verdagte in die saak was voorheen ’n handlanger van Raath. Raath was die man glo behulpsaam om te leer bestuur en ‘n bestuurderslisensie te bekom, en die man bestuur tans vragmotors vir ‘n lewe.

Lees verder: VL veroordeel brutaliteit van Vredefort moorde/FSA condems the brutality of the Vredefort murders
 

VL verwelkom nuwe LUR vir Landbou/FSA welcomes new MEC for Agriculture

Geskep op 17 September 2015

VL verwelkom nuwe LUR vir Landbou/FSA welcomes new MEC for Agriculture

                                                                                                                                                                                      

 


Verklaring/Press Release

VL verwelkom nuwe LUR vir Landbou

Vrystaat Landbou (VL) wil graag die nuwe LUR vir Landbou, Oupa Khoabane, verwelkom tot die bedryf. Khoabane is Woensdag, 16 September 2015, aangewys. Dan Kriek, president van VL, en Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van VL, het die voorreg gehad om Khoabane tydens ’n dinee by die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) se jaarlikse Kongres in Bloemfontein op dié dag te ontmoet.

Lees verder: VL verwelkom nuwe LUR vir Landbou/FSA welcomes new MEC for Agriculture
 

Twee plaasaanvalle in VS voorkom/Two farm attacks avoided in the FS

Geskep op 14 September 2015

Twee plaasaanvalle in VS voorkom/Two farm attacks avoided in the FS

                                                                                                                                       

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Twee plaasaanvalle in VS voorkom

Uitstekende samewerking tussen landbouers van Zastron en die SAPD het Sondag, 13 September 2015, tot die afweer van moontlik twee plaasaanvalle bygedra. Die Vrystaat Landbou (VL) en VKB Veiligheidslessenaar is in kennis gestel dat ’n landbouer van die omgewing Sondagoggend vier mans wat verdag gelyk het na sy huis, op grond wat uitgehuur word, sien loop het. Hy het alarm gemaak, en die plaaslike veiligheidsnetwerk is geaktiveer. Landbouers en die SAPD het hulle na die plaas gehaas, en binne ’n halfuur is drie van die mans aangekeer.

Lees verder: Twee plaasaanvalle in VS voorkom/Two farm attacks avoided in the FS
 

Bladsy 2 van 8