Minimum lone: VL vra dat status quo behou word/Minimum wages: FSA requests status quo be maintained

Geskep op 08 September 2015

Minimum lone: VL vra dat status quo behou word/Minimum wages: FSA requests status quo be maintained

                                                                                                                        

 

 

                                                                                               Verklaring/Press Release

Minimum lone: VL vra dat status quo behou word

 

Vrystaat Landbou (VL) se span sal in die week aan drie openbare verhore vir die sektorale vasstelling vir plaaswerkers vanaf 2016/17 tot 2018/19 in die provinsie deelneem. Ons sal ons lede se saak stel by die verhore op 9 September 2015 op Bothaville, 10 September 2015 op Welkom en 11 September 2015 op Bethlehem. Volgens VL se voorstel en voorlegging vra die organisasie dat die status quo behou word, en jaarlikse verhogings vir plaaswerker minimum lone inflasie gekoppel sal wees.

Lees verder: Minimum lone: VL vra dat status quo behou word/Minimum wages: FSA requests status quo be maintained
 

Vermoor vir R300/Murdered for R300

Geskep op 31 Augustus 2015

Vermoor vir R300/Murdered for R300

                                                                                                                                             

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Vermoor vir R300

’n Landbouer van Harrismith en lid van Vrystaat Landbou (VL) sê hy het Vrydagaand, 28 Augustus 2015, ’n vriend en vertroueling aan die dood afgestaan vir sowat R300. Danie Badenhorst, eienaar van die plaas Siloe waar sy plaasbestuur en vriend van 43 jaar, Robert Rhadebe, vermoor is, sê aan wetteloosheid en werkloosheid sal dringend iets gedoen moet word. “My grootste begeerte is dat wetteloosheid daadwerklik tot ’n einde sal kom. Dit eis mense lewens, en dit op verskriklike maniere. Werkloosheid dra natuurlik hiertoe by.”

Lees verder: Vermoor vir R300/Murdered for R300
 

230 miljoen kubieke meter water vermors/230 million cubic meter water wasted

Geskep op 28 Augustus 2015

230 miljoen kubieke meter water vermors/230 million cubic meter water wasted

                                                                                                         

Verklaring/Press Release

230 miljoen kubieke meter water vermors

Groot kommer bestaan onder landbouers in die Vrystaat oor die effek wat die vermorsing van water deur die owerhede op landbou bedrywighede, voedselproduksie en op die ouend op voedsekerheid sal hê. Vrystaat Landbou (VL) se Besproeiing en Watersake Komitee sê dit is onverskoonbaar dat volgens ’n verslag van die Departement van Waterwese 230 miljoen kubieke meter water gedurende Mei 2015 in die Oranjerivier stelsel vermors is. Volgens die verslag, Orange River System: Annual Operation Analysis 2015 – 2016 - July 2015 Monthly Monitoring Report is dié water vir 10 dae lank gestort uit die Vanderkloofdam na te veel water vroeër uit die Gariepdam vrygelaat is.

Lees verder: 230 miljoen kubieke meter water vermors/230 million cubic meter water wasted
 

Landbouer, werkers en Polisie trek huisrowers vas/Farmer, workers and the Police catch burglars

Geskep op 19 Augustus 2015

Landbouer, werkers en Polisie trek huisrowers vas/Farmer, workers and the Police catch burglars

                         

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Landbouer, werkers en Polisie trek huisrowers vas

’n Plaaswerker in haar vroeë 60’s sterk tuis aan na sy Dinsdagoggend, 18 Augustus 2015, tydens ’n huisroof twee keer met ’n hamer oor die kop geslaan is. Die vrou werk as ’n huishulp by Nico Mienie, lid van Vrystaat Landbou (VL), se ouers se huis. Mienie, ’n landbouer van Steynsrus, het die jaar al meer as R120 000 se skape weens barbaarse veediefstal verloor.

Lees verder: Landbouer, werkers en Polisie trek huisrowers vas/Farmer, workers and the Police catch burglars
 

2015 Kongres opsomming/ 2015 Congress summary

Geskep op 12 Augustus 2015

2015 Kongres opsomming/ 2015 Congress summary

Die opsomming van ons 2015 Kongres is beskikbaar. 

Lees verder: 2015 Kongres opsomming/ 2015 Congress summary
 

Vrou op plaas aangeval/ Woman attacked on farm

Geskep op 30 Julie 2015

Vrou op plaas aangeval/Woman attacked on farm

                                                                                                                     

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Vrou op plaas aangeval

In die vierde voorval in weke in die Vrystaat is die dogter van wyle Jan van Niekerk van Ficksburg, ’n lid van Vrystaat Landbou (VL), gisternag op hulle plaas Mooiplaas naby Ficksburg aangeval. Inligting aan die VL en VKB Veiligheidslessenaar verskaf dui aan dat die verdagtes die huis waarin me. Van Niekerk bly se deur oopgebreek het, en kontant en wapens van haar geëis het. Die voorval het omstreeks 01:00 vanoggend plaasgevind.

Lees verder: Vrou op plaas aangeval/ Woman attacked on farm
 

Landbouers is keelvol vir barbaarse veediefstal/Farmers are fed-up with barbaric stock theft

Geskep op 28 Julie 2015

Landbouers is keelvol vir barbaarse veediefstal/Farmers are fed-up with barbaric stock theft

 

                                                                                                                                            

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Landbouers is keelvol vir barbaarse veediefstal

                                         

‘n Landbouer van Steynsrus was gisteraand vir die tweede keer in sowat ’n maand ’n slagoffer van wrede veediefstal. Nico Mienie het aan die einde van verlede maand 36 dragtige ooie ter waarde van R70 000 aan die hande van veediewe verloor. Maandagnag, 27 Julie 2015, is 23 ooie en 23 lammers geslag en/of doodgemaak. Die ooie is party net keelaf gesny en so gelaat, terwyl ander geslag is. Die 23 lammers is almal net doodgemaak deurdat hulle in die oog met ‘n vreemde voorwerp gesteek is, en hulle is net so op die toneel gelaat. Slegs 8 van die 23 ooie se karkasse is nie op die toneel gevind nie.

Lees verder: Landbouers is keelvol vir barbaarse veediefstal/Farmers are fed-up with barbaric stock theft
 

Altesaam 15 moorde op plase in die Vrystaat in 2015/A total of 15 murder on farms in the Free State in 2015

Geskep op 22 Julie 2015

 

Altesaam 15 moorde op plase in die Vrystaat in 2015/A total of 15 murder on farms in the Free State in 2015

                                                                                                                                

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Altesaam 15 moorde op plase in die Vrystaat in 2015

In die eerste ses maande van 2015 is 15 moorde reeds aangeteken in die Vrystaat. Volgens statistiek wat deur die Vrystaat Landbou (VL) en VKB Veiligheidslessenaar bygehou word, was plaaswerkers die slagoffers in 10 van hierdie 15 moorde. Die statistiek van die voorvalle wat by die lessenaar aangemeld word, dui op ’n styging in aanvalle en moorde van werkers, en kommer bestaan dat die Polisie se statistiek dit nie noodwendig uitwys nie, al is plaaswerkers en hulle veiligheid in die Landelike Beveiligingsplan ingeskryf.

Lees verder: Altesaam 15 moorde op plase in die Vrystaat in 2015/A total of 15 murder on farms in the Free...
 

Smith-moord barbaars en lafhartig/Smith-murder barbaric and cowardly

Geskep op 20 Julie 2015

Smith-moord barbaars en lafhartig/Smith-murder barbaric and cowardly

                                                                                                                                               

 

VL VKB Veiligheidslessenaar/FSA VKB Safety Desk
Verklaring/Press Release

Smith-moord barbaars en lafhartig

Die moord van dr. Hein Smith van Lindley word as barbaars en lafhartige optrede bestempel deur Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee. Die feit dat nog 'n weerlose bejaarde op 'n plaas so wreed aangerand en vermoor is, dui op die wetteloosheid ten opsigte van misdade op plase. Daar is geen respek vir landbouers en hulle werkers wat sagte teikens is nie.

Lees verder: Smith-moord barbaars en lafhartig/Smith-murder barbaric and cowardly
 

Landbou wys hul gee om/Agriculture shows it cares

Geskep op 16 Julie 2015

Landbou wys hul gee om/Agriculture shows it cares

                                                                                                                                          

                                                                                                                                                                                                VRYSTAAT

Verklaring/Press Release

Landbou wys hul gee om

Die viering van Mandela Dag op 18 Julie die afgelope paar jaar, is sinomiem met omgee. Voedselsekerheid en die welstand van landelike gemeenskappe is aspekte waarna landbouers en die totale bedryf op ’n daaglikse basis omsien. Hierdie taak sal op Vrydag, 17 Julie 2015, op Wepener voortgesit word wanneer OVK, die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat (VSRPO) en Vrystaat Landbou (VL) asook die plaaslike landbouvereniging na die kinders van die Feed a Child projek op dié dorp uitreik.

Lees verder: Landbou wys hul gee om/Agriculture shows it cares
 

Bladsy 3 van 8