Nasionale minimum loon/National Minimum wage

Geskep op 05 Februarie 2015

Nasionale minimum loon/National minimum wage

VL stel VS landbouers se saak oor nasionale minimumloon

Sowat twee maande na die aanvanklike datum vir openbare verhore in die Vrystaat oor die nasionale minimumloon voorstel uitgestel is, het die verhoor op 4 Februarie 2015 in Bloemfontein plaasgevind. Vrystaat Landbou (VL) was die enigste kommersiële landbou organisasie wat landbouers se saak tydens die verhoor gestel het, en ’n voorlegging ingedien het. Die organisasie het die instelling van ’n nasionale minimum loon teengestaan. VL het ook die parlementêre komitee se aandag gefokus op die werksverliese wat kan volg op die instelling van so ’n loon asook die talle ander probleme wat daarop kan volg. VL se voorlegging fokus op die impak wat so ’n loon op landbouers se ondernemings en die aantal werksgeleenthede in die provinsie se landboubedryf sal hê. 

'n Algemene voorstel vir die loon was R8000 per maand.

Lees verder: Nasionale minimum loon/National Minimum wage
 

Absa Agri tendensverslag van 30 Januarie 2015/Absa Agri trends report of 30 January 2015

Geskep op 03 Februarie 2015

Absa Agri tendensverslag van 30 Januarie 2015/Absa Agri trends report of 30 January 2015

Die suikersituasie in die wêreld!

Groot suiker voorrade het gelei tot laer suikerpryse die afgelope tyd. Die styging in pryse vroeër dié dekade het gelei tot grootskaalse uitbreiding van produksie wat vinnig groot hoeveelhede voorraad veroorsaak het. Suikerproduksie gaan na verwagting egter daal in 2015, met laer pryse wat druk op die bedryf plaas en produksie ontmoedig. Die laer pryse het reeds daartoe bygedra dat meulens moes sluit omdat hulle nie meer winsgewend was nie, veral in Brasilië. Brasilië en Indië is van die grootste produsente, en beide lande se produksie is onder druk. Laer pryse het dié regerings ook genoodsaak om uitvoere te subsidieer en plaaslike voorraad te verminder.

Lees verder: Absa Agri tendensverslag van 30 Januarie 2015/Absa Agri trends report of 30 January 2015
 

Vrystaat RPO se Nuusbrief vir Januarie 2015

Geskep op 21 Januarie 2015

Vrystaat RPO se Nuusbrief vir Januarie 2015

                                                                 

 

                            JANUARIE 2015

Lees verder: Vrystaat RPO se Nuusbrief vir Januarie 2015
 

Geweld op plase: Goeie verhoudinge die oplossing/Violence on farms: Good relationships the answer

Geskep op 20 Januarie 2015

Geweld op plase: Goeie verhoudinge die oplossing/Violence on farms: Good relationships the answer

Die vier plaasaanvalle en drie moorde wat die afgelope 9 dae in die Vrystaat aangemeld is, is ’n bron van ernstige kommer. “Ons wil egter gemeenskappe maan tot beredeneerde kalmte, en hulle die versekering gee dat die kwessie ons aandag geniet,” sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se Wet en Orde komitee.

Lees verder: Geweld op plase: Goeie verhoudinge die oplossing/Violence on farms: Good relationships the answer
 

Boervrou van Theunissen vermoor/Female farmer murdered at Theunissen

Geskep op 12 Januarie 2015

Boervrou van Theunissen vermoor/Female farmer murdered at Theunissen

Vrystaat Landbou veroordeel die moord van ‘n boervrou van Theunissen Maandagoggend, 12 Januarie 2015, ten sterkste. Volgens inligting vanaf die Polisie het die voorval tussen 6:00 en 7:00 vanoggend plaasgevind. Die plaashuis is ook aan die brand gesteek.

Lees verder: Boervrou van Theunissen vermoor/Female farmer murdered at Theunissen
 

Bladsy 8 van 8