
Biometriese identifikasie van diere sal deur Vrystaat Landbou gebruik word om veediefstal aan te spreek, deur samewerking met ID-Scan.
Vrystaat Landbou het op 11 Februarie 2025 ’n memorandum van verstandhouding met die voorsitter van die ID-Scan-raad, Bian Jooste, in Pretoria onderteken. Jooste verduidelik dat ID-Scan ontwikkel is omdat “oorplaatjies verlore raak, verander of uitgesny word, maar ’n neusafdruk van ’n koei bly uniek aan die dier, net soos ’n menslike vingerafdruk.”
Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou, sê die organisasie is opgewonde om hande te vat met ID-Scan om die bewyslas van vee-eienaarskap te koppel met ’n unieke biometriese neusdruk-identifikasiesertifikaat van ID-Scan met VL se eie AIMS (Animal Identification, Movement and Safety)-stelsel.
Vrystaat Landbou se aanlyn AIMS-stelsel sal die unieke biometriese identiteit wat ID-SCAN uit 'n neusdruk genereer met 'n unieke oorplaatjienommer koppel. “Dit sal baie help met akkurate en vinnige visuele of elektroniese identifikasie van beeste vir kuddebestuur, identifikasie van veediefstal of naspeurbaarheid,” sê Wilken.
Elke keer wanneer ’n bees se QR-kode op die merker met die ID-Scan-toepassing op jou slimfoon geskandeer word, word die datum, tyd en ligging in die ID-Scan en AIMS databasisse aangeteken. Dit bied groot geleenthede vir finansiering en versekering van beeste, en pas natuurlik in by die nasionale RMIS-naspeurbaarheidstelsel sodra die dier die geofence van die boerdery-eenheid verlaat.
ID-Scan is reeds aan SA Stamboek gekoppel en daarom kan die programme outomaties die data met mekaar deel sodat geregistreerde gebruikers net een keer data hoef in te voer.
Om op AIMS te registreer en oorplaatjies te bestel, gaan na https://aims.vslandbou.co.za/
Elektroniese (EID) of visuele (VID) oorplaatjies kan bestel word. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van FSA, verduidelik dat EID-oorplaatjies elektroniese oorplaatjies is wat met 'n RFID-skandeerder of -sensor op 'n skaal gelees kan word. Met VID-oorplaatjies kan ’n QR-kode met jou selfoon gelees word om die unieke nommer van ’n koei op ’n bestuurstelsel te kry.
Om op ID-Scan te registreer en die toepassing af te laai, besoek https://idscan.co.za/ . “Ons uiteindelike doelwit”, sê Jooste, “is dat ons wil hê die neusafdruk moet vir die veebedryf doen wat die vingerafdruk vir mense gedoen het in terme van die bankbedryf (finansiering), die versekeringsbedryf, misdaadvoorkoming met die SAPD en handel (op veilings)”.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut