Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Koalisiegesprekke: Skep 'n gunstige omgewing vir landbou om te groei

deel hierdie plasing

Die jongste nasionale verkiesing het heelwat verrassings sowel as teleurstellings opgelewer. Die uitkoms gee 'n duidelike stem aan Suid-Afrikaners se behoeftes.

Verskeie samesprekings is aan die gang oor moontlike koalisies. Daar is dus onsekerheid maar ook hoop en politici het ’n geleentheid om die belange van Suid-Afrikaners deur hierdie proses te eerbiedig. In die lig van hierdie gesprekke word politici versoek om die uitdagende realiteite van Suid-Afrika ten volle te besef en ideologie op die agtergrond te sit.

Die landbousektor het 'n noodsaaklike rol om te speel om Suid-Afrika op die wenpad te plaas. Deur te verseker dat ’n gunstige omgewing vir ekonomiese groei geskep word, kan die landbousektor die ekonomie help. In hierdie opsig en met die oog op samesprekings wil Vrystaat Landbou (VL) 'n beroep op politici doen om veral op die volgende te fokus:

1. Prioritiseer voedselsekerheid sodat die landbousektor kos op die tafel kan sit.

2. Daar word gehoop dat 'n regeringskoalisie saamgestel sal word om die ekonomiese uitdagings die hoof te bied.

3. Dit is in die landbou se belang dat 'n breë verteenwoordigende regering maatskaplike stabiliteit sal kan verseker.

4. Die landbousektor sal spesifiek wil sien dat 'n koalisie sekerheid skep oor eiendomsreg, uitdagings rakende landelike veiligheid en 'n dringende fokus op die herstel en instandhouding van openbare infrastruktuur sal hê.

“Hierdie veranderinge is nie die finale oplossing vir die land se probleme nie, maar is moontlik 'n stap in die regte rigting.” sê Francois Wilken, president van VL. “Landbou is die sektor wat baie vinnig ’n reusebydrae kan lewer tot die verligting van werkloosheid op die platteland, en is uniek in hierdie opsig. As die beleid en staatsvoorwaardes dit vir die landbousektor moontlik maak, sal veral arm en werklose mense relatief gou die positiewe impak van die verandering voel.”