
“Vrystaatse boere is uiters teleurgesteld met die prysverhoging wat NERSA vir ESKOM goedgekeur het”, sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). “Al is dit nie die totale verhoging wat ESKOM versoek het nie, is dit steeds vier keer meer as die huidige inflasiekoers!”
Vanaf 1 April 2025 sal ESKOM-kliënte, waarvan boere feitlik almal direkte klante is, 12,7% meer vir hul elektrisiteit moet betaal.
Die tariewe wat goedgekeur is, is:
• 2025-2026: 12.7% toename
• 2026-2027: 5.36% toename
• 2027- 2028: 6.19% toename
Dit kom neer op 'n 24.25% toename oor die volgende 3 jaar.
Wilken sê besproeiingsboere se huidige energiekoste is reeds baie hoog met die hittegolftoestande wat tans ervaar word. “Pompe moet dag in en dag uit loop om genoeg water te voorsien vir die mielies en soja wat nou in ’n hoë watergebruikfase is.”
Teen hierdie prysstygings verwag VL dat veral veeboere, wat nog ESKOM-lyne op hul plase het vir watervoorsiening aan vee en huishoudings, die ESKOM-netwerk heeltemal sal afskakel om na sonkragstelsels oor te skakel.
VL het sy teenkanting teen ESKOM se voorgestelde verhogings gemaak in 'n voorlegging aan NERSA op 25 November 2024, waar dit baie duidelik gestel is dat enige verhoging in ESKOM-pryse eintlik onbekostigbaar is vir boere in die huidige ekonomiese toestande.
(Sien VL se voorlegging en mediavrystelling van 25 November 2024 by https://vrystaatlandbou.co.za/af/free-state-agriculture-opposes-proposed-eskom-tariff-increases/ )
’n Groot struikelblok om alternatiewe energie meer bekostigbaar vir boere te maak, is die feit dat boere nie toegelaat word om hul krag in die netwerk in te voer nie. VL sal voortgaan om vir hierdie en ander maniere te onderhandel om bekostigbare krag aan boere te verskaf.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut