
“Dit is jammer dat daar wanopvattings is dat boere gemeenskappe van voldoende watervoorsiening ontneem.”
Dit is die mening van Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Natuurlike Hulpbronkomitee, in reaksie op Me Pemmy Majodina, Minister van Water en Sanitasie, se onlangse toespraak oor damveiligheid aan LP’s in die Nasionale Vergadering. Nel sê in reaksie dat die landbousektor, veral besproeiingsboere, aan streng regulasies en wetgewing moet voldoen en “as daar tekortkominge is, moet dit deur die departement van water en sanitasie aangespreek word.”
“Boere gebruik rou water vir besproeiing en nie gesuiwerde water wat vir menslike gebruik bedoel is nie.”
Vrystaat Landbou verwelkom optrede teen die verantwoordelike instansie wat die Jagersfontein-slykdamramp veroorsaak het, aangesien baie boere dit in hul eie sak voel weens groot gebiede hoë potensiaal landbougrond wat nou onbruikbaar is weens die mynslyk wat gevaarlike elemente bevat. VL doen 'n ernstige beroep op die departement om die saak te bespoedig. Alhoewel daar baie versoeke van die georganiseerde landbou was om die boere te vergoed, het daar nog niks noemenswaardigs van die versoeke gekom nie, terwyl inwoners van die dorp reeds hulp ontvang het.
“Vrystaat Landbou werk graag met die departement saam, maar daar moet gewaak word teen veralgemenings wat die verkeerde indruk oor landbou skep.”
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut