Nuus
deel hierdie plasing
Facebook
Linkedin
Twitter
WhatsApp
Telegram
Facebook
Vrystaat Landbou (VL) het op 22 Augustus 2024 met die Vrystaatse LUR van Gemeenskapsveiligheid, mnr Mbalula sowel as die LUR van Landbou, me Rockman, vergader oor die veiligheid en verhoogde misdaad wat alle grensgemeenskappe en grensboere op die RSA /Lesotho-grens ervaar. Ook by die vergadering was afvaardigings van die SAPD se topstruktuur, die SANW, Grensbestuursowerheid (BMA) en Huis van Tradisionele Leiers.
VL se aanbieding het gefokus op die hoë misdaadgebiede wat al etlike jare sulke gebiede is, met onwettige deurvoerroetes na Lesotho wat deur misdadigers uitgebuit word om 'n verskeidenheid misdade te pleeg. Volgens Francois Wilken, president van VL, sluit probleme wat ondervind word in veediefstal, oorgrensweiding, asook die voorkoms van Basotho’s en hul diere – wat nie gebrandmerk is nie – wat in baie grensdorpe se gemeenskaplike lande voorkom. LUR Mbalula beplan om binnekort die grensgebiede te besoek om samesprekings met boeregemeenskappe in al die grensdorpe te voer.
Wilken het bevestig dat praktiese veiligheidsaspekte uitgelig is wat ook oorgedra sal word na die SAPD se Nasionale Veiligheidsberaad wat op 28 en 29 Augustus 2024 in die Vrystaat sal plaasvind. Wilken hoop dat oplossings op die tafel geplaas sal word om grensveiligheid dringend aan te spreek.
Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, meen daar was eenstemmigheid van al die betrokke rolspelers dat groter en beter samewerking met verhoogde optrede moet plaasvind om grensveiligheid te verbeter. Aspekte wat verband hou met die vestiging van ponde, die afwesigheid van 'n grenspad, sowel as die gebrek aan doeltreffende selfoonnetwerke is ook bespreek met definitiewe ingrypings wat van stapel gestuur sou word.
Wilken glo dat die gesprek noodsaaklik was en dat daar 'n positiwiteit tussen rolspelers en departemente is om die veiligheidsaspekte wat gemeenskappe naby die grens nadelig raak, doeltreffend aan te spreek.
Onlangse Nuus
Veldtogte
8Plasings
Ekonomiese verslae - 2019
4Plasings
Mediavrystellings - 2020
11Plasings
Mediavrystellings – 2019
9Plasings
Mediavrystellings 2021
68Plasings
Mediavrystellings 2022
31Plasings
Mediavrystellings 2023
16Plasings
Mediavrystellings 2024
18Plasings
Nuus
154Plasings
Nuusbriewe
5Plasings
Ongekategoriseer
5Plasings
Bly op datum met Vrystaat Landbou
SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF
Ons borge
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut