
Vrystaat Landbou (VL) het kommer uitgespreek oor die toename in saaddiefstal wat sedert September 2025 van plase in die Vrystaat plaasvind.
Volgens dr. Jane Buys, Veiligheidsrisiko-ontleder, sluit gebiede wat reeds geteiken is, Reitz, Ventersburg, Viljoenskroon en Wesselsbron in. Mielies en sonneblomsaad ter waarde van miljoene rande is van plase gesteel en per voertuig na sekere bemarkingsgebiede vervoer.
“Die diefstal van saad sal 'n enorme impak op boere se boerderypraktyke hê, veral wat hul opbrengste sowel as voedselsekerheid betref,” sê Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee. Boere word aangeraai om hul pak- en bergingsareas vir saad, kunsmis, plaagdoders, diesel en ander produkte toe te rus met sekuriteitstegnologie soos ligte, kameras en alarms om beweging, veral na-ure, vooraf op te spoor. Boere word verder aangeraai om geen grootskaalse landbouprodukte of -implemente gedurende die nag op hul lande te los nie, wat 'n geleentheid vir opportunistiese misdadigers sal bied om hulle te teiken en daarmee weg te kom.
“Die aanloop tot die feestyd het reeds begin en die feit dat boere besig is om hul lande te bewerk, verhoog die moontlikheid dat hierdie tipe misdaad kan toeneem. Boere word dus versoek om baie waaksaam te wees om hul eiendom te beskerm en enige verdagte beweging aan die SAPD te rapporteer,” sê le Roux.
VL sal ook die SAPD versoek om die voorvalle wat aandui dat dit op 'n georganiseerde wyse plaasvind, aktief te ondersoek, omdat daar 'n mark-/afsetgebied daarvoor is en omdat georganiseerde groepe en sindikate betrokke is, sê dr. Buys. Verdere versoeke aan Landelike Veiligheidskoördineerders om bewusmakingsveldtogte te hou, sal ook van stapel gestuur word.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings