Nuus
deel hierdie plasing
Facebook
Linkedin
Twitter
WhatsApp
Telegram
Facebook
Die Provinsiale Veiligheidsberaad wat op 28 en 29 Augustus 2024 deur die SAPD in Bloemfontein aangebied is, behoort nie net ’n papieroefening te wees nie, versoek Vrystaat Landbou (VL).
VL het saam met alle staatsdepartemente wat ’n belang by landbou het asook alle georganiseerde landbou-organisasies die beraad bygewoon. Beide die LUR van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer sowel as die LUR van Landbou en Omgewingsake was ook betrokke.
Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, bevestig dat uitdagings wat deur die kernorganisasies en departemente geïdentifiseer is, in vyf kommissies bespreek is, waar konkrete voorstelle en aksiestappe gegee is oor hoe dit aangespreek moet word en deur watter departemente. Hy noem verder dat die volgende tekortkominge tydens die beraad geïdentifiseer is:
• Die effektiewe implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie;
• Duidelik toegewysde werkslading van Landelike Veiligheid koördineerders;
• Die vestiging van reserviste as 'n magsvermenigvuldiger en landelike veiligheidseenhede
• Tekorte by Veediefstaleenhede; misdaadprobleme by die RSA/Lesotho-grens;
• Die gebrek en verandering van relevante wetgewing wat ontbreek, byvoorbeeld die Skutwet;
• Die regulering en gebrek aan beheer by meentgronde onder munisipale beheer.
Le Roux bevestig dat die SAPD en SANW reeds versoek is om kritieke tekortkominge na nasionale vlak te eskaleer, terwyl die LUR ook sekere aspekte op ministeriële vlak sal uitlig.
Le Roux het sy hoop uitgespreek dat die beraad nie net 'n papieroefening sal wees nie, maar dat praktiese implementering en aksiestappe sal lei tot 'n verbetering in landelike veiligheid van boerderygemeenskappe.
Onlangse Nuus
Veldtogte
8Plasings
Ekonomiese verslae - 2019
4Plasings
Mediavrystellings - 2020
11Plasings
Mediavrystellings – 2019
9Plasings
Mediavrystellings 2021
68Plasings
Mediavrystellings 2022
31Plasings
Mediavrystellings 2023
16Plasings
Mediavrystellings 2024
15Plasings
Nuus
148Plasings
Nuusbriewe
1Plasings
Ongekategoriseer
4Plasings
Bly op datum met Vrystaat Landbou
SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF
Ons borge
Ⓒ 2024 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut