Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Veiligheid & Veediefstal opleiding werkswinkels

deel hierdie plasing

Die Vrystaat Landbou Landelike Veiligheidskomitee het nege (9) veiligheids- en veediefstalopleidingswerksessies in verskeie distrikte in die Vrystaat aangebied vanaf 4 September tot 20 November 2024. Die werkswinkels is in samewerking met die Polisie se Landelike Veiligheidskoördineerders en Veediefstaleenhede aangebied.

Die werkswinkels fokus onder andere op:
– die 8 kernpilare en kriteria vir die effektiewe implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie;
– kernwetgewing met betrekking tot veediefstal;
– die bewyslas wat vereis word om veediefstalsake suksesvol deur die howe te vervolg en
– advies, leiding en inligting oor hoe om veediefstal aan te spreek.

Verskeie versoeke vir werksessies is reeds vir 2025 ontvang en dit bly vir Vrystaat Landbou 'n voorreg om ons landbougemeenskap te bemagtig.

Vir enige navrae rakende die werkswinkels kan dr Jane Buys gekontak word by jane@vslandbou.co.za