Nuus
deel hierdie plasing
Facebook
Linkedin
Twitter
WhatsApp
Telegram
Facebook
In die aanloop tot die feestyd is dit noodsaaklik dat boere aandag gee aan hul veiligheidsplan, asook hul betrokkenheid by 'n veiligheidstruktuur in hul omgewing.
’n Opname deur VL wat in Januarie 2023 ná die feestyd onder plaasgemeenskappe gedoen is, het getoon dat die volgende misdade gedurende Desember 2022 problematies was. Dit kan dus ook in die komende feestyd geld:
- Diefstal van:
- Koper / kragkabels van Transnet / Eskom asook spilpunte;
- Selfoontoringbatterye;
- Sonpanele en sonkragpompe;
- sade, kunsmis; diesel, plante;
- Inbraak by koshuise en/of pakhuise;
- Veediefstal – daar is vasgestel dat hierdie tipe misdaad 66% van alle misdade uitmaak;
- Plaasaanvalle is ook geneig om gedurende die feestyd toe te neem.
Met inagneming van bogenoemde, word boere versoek om weer deur hul veiligheidskontrolelys te gaan, inligting rakende verdagte beweging van persone en voertuie aan die veiligheidsverteenwoordiger van die boerevereniging en die Landelike Veiligheidskoördineerder van die SAPD deur te gee, asook om te maak seker dat hul kommunikasienetwerke in plek is veral met betrekking tot radio's en selfone.
Onlangse Nuus
Veldtogte
8Plasings
Ekonomiese verslae - 2019
4Plasings
Mediavrystellings - 2020
11Plasings
Mediavrystellings – 2019
9Plasings
Mediavrystellings 2021
68Plasings
Mediavrystellings 2022
31Plasings
Mediavrystellings 2023
16Plasings
Mediavrystellings 2024
18Plasings
Nuus
154Plasings
Nuusbriewe
5Plasings
Ongekategoriseer
5Plasings
Bly op datum met Vrystaat Landbou
SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF
Ons borge
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut