
“Ons moet dringend die staatsmonopolie oor die bek-en-klouseerkrisis breek sodat entstowwe onmiddellik in die hande van boere geplaas kan word. Boere moet toegelaat word om so vinnig as moontlik in te ent om die onbeheerde verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). “As dit nie gebeur nie, sal die hele land se vleisbedryf op sy knieë gedwing word.”
Vrystaat Landbou beywer al sedert 1904 vir 'n veilige en volhoubare landbousektor. Ons moet dus die volgende realiteite aanvaar en dringend vorentoe beweeg:
“Ons kan nie meer boere se plase sluit nie – ons moet dadelik begin inent. Die veebedryf se ekonomiese volhoubaarheid en oorlewing is onder beleg,” sê Friedl von Maltitz, Vise-president van Vrystaat Landbou.
“Ons – dit wil sê alle veeboere in die land – kan nie wag vir 'n tienjaar-plan nie. Dit is nou ’n oorlog teen die virus, en ons kan nie net van die staat afhanklik wees nie. Die staat se huidige hantering van die saak weerspieël duidelik sy tekortkominge in terme van kapasiteit en stelsels wat heeltemal agteruitgegaan het. Realisties gesproke het die staat nie die vermoë om die siekte onder beheer te bring nie,” sê Wilken.
Dit word bevestig in die verslag gedateer 18 Mei 2022 deur die Dierebiosekuriteits-taakspan, aangestel deur die voormalige Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD), me Thoko Didiza. Die taakspan het drie sleutelkwessies ondersoek, naamlik:
a) veranderinge in die epidemiologiese evolusie van dieresiekte-uitdagings;
b) die land se vermoë om sulke siektes betyds te diagnoseer; en
c) die land se gereedheid om realistiese en wetenskaplik regverdigbare remediërende biosekuriteitsmaatreëls te implementeer.
Die hoofbevinding van die Taakspan was dat die land in al drie hierdie gebiede misluk het.
“Dit is dus duidelik dat die staat nie die kapasiteit het om 'n grootskaalse nasionale inentingstrategie effektief uit te rol of te bestuur nie. Die hantering van COVID-19 het verder gedemonstreer hoe miljarde rande verlore gegaan het weens korrupsie en ondoeltreffende staatsaankope-, verspreidings- en beheermeganismes,” sê Wilken.
Vrystaat Landbou dring dus aan op:
“Die tyd vir praatjies is lankal verby! Boere het nie meer weke of maande om te wag nie – slegs ure. Onmiddellike optrede is nodig.”
Vrystaat Landbou vra dringend dat daar nou in die belang van die boere opgetree word om die krisis tot ’n einde te bring. Samewerking en eenheid is nou, meer as ooit, noodsaaklik om die vernietigende virus te stuit.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
4Plasings
174Plasings
14Plasings
13Plasings